Jutami & Ockert se troue

Ockert het vir Jutami gevat na‘n romantiese Italiaanse restaurant in Kaapstad, oppad terug huistoe moes hulle gou ‘n draai gaan maak het by Jutami se huis. Toe Jutami instap, was daar ‘n vertrek vol kerse, Blomme en ‘n brandende kaggel en natuurlik die paartjie se gunsteling liedjies wat saggies speel in die agtergrond. Na ‘n heerlike aand het Ockert vir Jutami gevra om te trou. Die paartjie het op oujaarsaand getrou. Dit was vir almal so lekker vir om die jaar af te sluit en ook die nuwe hoofstuk van getroud wees te vier. Jutami se advies vir bruide is om te gesels oor wat vir julle as ‘n paartjie ‘n prioriteit is en fokus dan om daardie dinge in plek te kry. As julle op dieselfde bladsy is met wat vir julle belangrik is, is dit makliker om by die begroting te hou en nie vasgevang te raak in al die detail nie. Vra vir hulp – mense is regtig bereid om te help en betrokke te raak.

131231 Ockert_Jutami131231 Ockert_Jutami 131231 Ockert_Jutami 131231 Ockert_Jutami 131231 Ockert_Jutami 131231 Ockert_Jutami 131231 Ockert_Jutami 131231 Ockert_Jutami 131231 Ockert_Jutami 131231 Ockert_Jutami 131231 Ockert_Jutami 131231 Ockert_Jutami 131231 Ockert_Jutami 131231 Ockert_Jutami 131231 Ockert_Jutami


Wat het julle troudag so spesiaal gemaak?

Ons het op oujaarsaand getrou, so dit was was so lekker vir ons om die jaar af te sluit en ook die nuwe hoofstuk van getroud wees te vier met ons vriende en familie saam met ons in die teenwoordigheid van die Here. Dit was ‘n dag eie aan ons en so baie mense het ‘n hand gehad om die dag spesiaal te maak . Maar meeste van alles onthou ons die gelag, gedans en gesels van mense wat die aand so ‘.festive’ gemaak het.


131231 Ockert_Jutami 131231 Ockert_Jutami 131231 Ockert_Jutami 131231 Ockert_Jutami 131231 Ockert_Jutami 131231 Ockert_Jutami 131231 Ockert_Jutami 131231 Ockert_Jutami 131231 Ockert_Jutami 131231 Ockert_Jutami 131231 Ockert_Jutami 131231 Ockert_Jutami 131231 Ockert_Jutami 131231 Ockert_Jutami 131231 Ockert_Jutami


Advies vir ander paartjies:

Gesels oor wat vir julle ‘n prioriteit is en fokus dan om daardie dinge in plek te kry. As julle op dieselfde bladsy is met wat vir julle belangrik is, is dit makliker om by die begroting te hou en nie vasgevang te raak in al die detail nie. Julle troudag is ‘n opwindende dag en behoort nie vir jou slapelose nagte te gee nie. Die wittebrood behoort ook deel van die beplanning te vorm (of deel van jou man se beplanning as dit ‘n verrassing gaan bly). En vra vir help – mense is regtig bereid om te help en betrokke te raak.


131231 Ockert_Jutami 131231 Ockert_Jutami 131231 Ockert_Jutami 131231 Ockert_Jutami 131231 Ockert_Jutami 131231 Ockert_Jutami 131231 Ockert_Jutami 131231 Ockert_Jutami 131231 Ockert_Jutami 131231 Ockert_Jutami 131231 Ockert_Jutami 131231 Ockert_Jutami 131231 Ockert_Jutami

Diensverskaffers:

  • Fotograaf: Wil Punt
  • Rok: Ancomene
  • Hare en Grimering: Tittewyt
  • Venue: Kilcairn
  • Kos: Two Food Fundies
  • Skyfbehoeftes en kaartjies: Lizanne Smit
  • Dekor: Ma Joan, Ma Julie, Tannie Susan, die drie sussies en die beeldskone strooimeisies
  • Juweliersware: Zanry Jewellery Design and Manufacturing