Willem & Marna se mooi verlowing

Willem & Marna_0001


Ons deel vandag Marna en Willem se baie mooi verlowing fotosessie met jou. Ons kan sien Marna en Willem het hulle verlowing fotosessie geniet en was net hulle self voor die kamera geniet. Die fotosessie het verskeie elemente gehad van bome, tot landerye en berge. Die belangrikste punt van advies wat ons aan paartjies kan gee wat ‘n verlowing fotosessie beplan is om net jouself te wees voor die kamera. Vergeet van die fotograaf en probeer kalm bly en julle self net geniet. Dit is ook ‘n goeie oefen lopie voor julle troue om meer gemaklik te voel met jou fotograaf. Geniet die paartjie se oulike fotosessie.


Willem & Marna_0002 Willem & Marna_0003 Willem & Marna_0004 Willem & Marna_0005


Hoe het jule die eerste keer ontmoet?

Marna is al lank vriendin met Willem se ouer broer. Ons het een jaar by ‘n ‘Halloween’ partytjie lekker aan die gesels geraak en daarna net meer en meer saam uitgegaan. Daardie oujaar het ons begin uitgaan.


Willem & Marna_0006 Willem & Marna_0007 Willem & Marna_0008 Willem & Marna_0010 Willem & Marna_0011 Willem & Marna_0012 Willem & Marna_0013 Willem & Marna_0014


Hoe het julle verloof geraak?

Willem het my verras met ‘n piekniekmandjie en ‘n bottel sjampanje nadat ons deur die pas van Franschoek na Grabouw gery het. Ons het by die Theewaterskloof dam gestop. Na so bietjie gesels het hy afgegaan op sy knie in die stof en my gevra.


Willem & Marna_0015 Willem & Marna_0016 Willem & Marna_0017 Willem & Marna_0018 Willem & Marna_0019 Willem & Marna_0020 Willem & Marna_0021 Willem & Marna_0022 Willem & Marna_0023 Willem & Marna_0024 Willem & Marna_0025 Willem & Marna_0026 Willem & Marna_0027 Willem & Marna_0028 Willem & Marna_0029 Willem & Marna_0030 Willem & Marna_0031 Willem & Marna_0032


Diensverskaffers:

Fotograaf: Ilse de Klerk