Vandag deel ons Nicky en Chantelle se mooi troudag en liefdes verhaal met julle. Ons hoop jul kry sommer baie inspirasie in die fotos.
Hoe het julle ontmoet?
Ek en Nicky het ontmoet deur goeie vriende van ons. Op oogslag was ons verlief en Nicky het sommer geweet ons gaan trou.
Hoe het jul verloof geraak?
Nicky het my gevra om verloof te raak langs ‘n rivier met ‘n lekker piekniek mandjie. Behalwe die plaashond was dit net ons tweetjies.
Hoe lank was jul saam voordat jul getrou het?
Ons is al ‘n lange 3 jaar saam.
Advies wat jul aan ander paartjies kan gee?
Die beste raad vir paartjies is liefde. Liefde hou aan groei as dit versorg word en aandag gegee word. Leer wat mekaar se hart begeertes is en wat die ander een se hart loop klop. Gaan die ekstra myl om dit vir mekaar te gee.
Diensverskaffers:
- Fotograaf: Laura Leigh
- Blomme en Skryfbehoeftes: Petals and Pasgels
- Musiek: AJR Audio en Anders Orkes
- Hare en Grimering: Anna Pepper