Ons gesels met Leeftijd Spyseniering

Ons gesels met Leeftijd Spyseniering se stigter, Belia King in dié onderhoud styl artikel.  Spyseniering by ʼn troue is seker een van dié mees belangrikste elemente wanneer dit kom by julle troue se onthaal.  Vra enige iemand wat onlangs ʼn troue bygewoon het wat hulle onthou.  Meeste gaste wat ʼn goeie ervaring met die kos gehad het, sal sê die kos was ʼn treffer.

Belia King, die stigter van Leeftijd Spyseniering het ʼn passie vir spyseniering en troues.  Met jare se ondervinding in trou spysenering sal julle in goeie hande wees.  Nie net sal julle troue se kos vanuit die boonste rakke wees nie, maar julle sal ook ʼn stresvrye ervaring hê.

Mooi Troues se span het self al Leeftijd Spyseniering se heerlike kosse geniet by ʼn funksie wat ons bygewoon het in die pragtige Montagu, wat ook die tuisdorp van Leeftijd Spyseniering is.  Alhoewel hulle geleë is in die mooi Klein-Karoo dorpie van Montagu, diens hul graag troues regoor die Wes-Kaap.

Spyseniering by ʼn troue is ʼn baie persoonlike ervaring en elke paartjie het ʼn ander visie van wat hul graag wil hê vir hul troue.  Leeftijd Spysenering gee ook oulike advies vir paartjies wat opsoek is na ʼn spyseniering maatskappy vir hul troue.

Geniet ʼn lekker gesellige troue saam met familie, vriende met heerlike kos en drankies.  Rol af om meer te lees oor ons onderhoud met Belia van Leeftijd Spyseniering.

Die begin van Leeftijd Spyseniering?


Leeftijd Spyseniering is die sielsroeping van Belia King, ʼn passievolle spysenier wat haar besigheid benoem het ter ere van die leeftyd van herinneringe wat sy langs die etenstafel opgebou het saam met familie en vriende.  Haar gesogte span was voorheen bekend was as Belia King Spyseniering.  Hulle het alreeds sedert 2018 die kulinêre agtergrond vir tallose troues, partytjies, korporatiewe funksies en privaat geleenthede in en om die Wes-Kaap.

 

Van waar kom die naam Leeftijd Spyseniering?


Belia se Pa is skielik in 2022 oorlede.  Dit haar laat dink oor die naam van haar besigheid, wat sy op daardie stadium wou heroorweeg; sy wou hom eer met ʼn gepaste naam.  Hulle het ʼn leeftyd van herinneringe as gesin en vandaar Leeftijd Spyseniering.

Wye verskeidenheid geregte:


Hulle doen ʼn wye verskeidenheid van geregte, vanaf informele street food, tot swierige aansit-etes.  Dit hang af wat die behoeftes van die paartjie is.

Elke troue se spyskaart is anders:


Elke spyskaart is doel-ontwerp.  Belia vind groot bevrediging daarin om haar kliënt se visie vir hul geleenthede in die lewe te roep en ʼn spyskaart saam te stel wat al hul mees geliefde kosse en geure weerspieël.

Wat maak Leeftijd Spyseniering anders as ander spyseniering maatskappye in die trou bedryf?


Belia bekend as ʼn selfversekerde, innemende, en kreatiewe spysenier wat groot en klein geleenthede met dieselfde onverpoosde toewyding hanteer.  Nooit uit die oog verloor dat elke bestanddeel vir homself moet praat nie.  Sy was nog altyd ʼn entoesiastiese lekkerbek met ʼn voorliefde en waardering vir vars, seisoenale bestanddele, en die vreugde wat gepaard gaan daarmee om mense om ʼn tafel saam te snoer oor ʼn mooi en geurige maaltyd.

Proe jou spyskaart voor die tyd as julle wil:


Dit is nie verpligtend nie, maar die diens is beskikbaar indien hulle sou wou.

Trou julle in ʼn ongerepte area?


Indien paartjies ʼn troue wil hou in ʼn ongerepte area waar daar nie ʼn reeds-bestaande kombuis is nie, is dit wel moontlik om een op te stel.  Belia sal die huur van die noodsaaklike toerusting en bykomende tegniese personeel behartig, maar die faktuur sal aan die paartjie gestuur word om te besoldig.

Advies:


Vind ʼn spysenier met wie julle as paartjie aanklank vind.  Julle moet dieselfde kostaal praat.  In terme van die spyskaart stel ek altyd voor om dit só eenvoudig as moontlik te hou, en soveel te spandeer as wat jy kan aan jou kos.  Dit verseker dat die spysenier lekker kan speel om eenvoudige geregte te laat skitter.

Beskikbaar regoor die Wes-Kaap:


Leeftijd Spyseniering is geleë in Montagu, maar ons span is beskikbaar om geleenthede dwarsoor die Wes-Kaap te diens.  Moet genoeg kennisgewing kan ons, binne perke enige geleentheid binne Suid-Afrikaanse grense laat werk.

Bespreek Leeftijd Spyseniering só:


Paartjies sal Belia gewoonlik kontak via telefoon oproep, WhatsApp, of (verkieslik) per e-pos. Leeftijd deel nie vaste pryslyste of spyskaarte nie, grootliks omdat elke paartjie se behoeftes verskil.

In stede sal Belia ʼn ontmoeting op die boeke kry en via Zoom met die paartjie ontmoet om te bespreek wat hulle in gedagte het.  Sy sal hulle ook deur die proses lei om uit te pluis watter formaat die beste vir hul beoogde geleentheid sal werk, hetsy buffet, aansit-ete, of familie-styl na die tafel.

Gebaseer op die inligting wat sy so inwin, sal Belia dan ʼn voorgenome spyskaart en kwotasie saamstel.  Sodra dit geskaaf en bevestig is, is ʼn 25% besprekings fooi betaalbaar om die datum vas te maak.

Artikel Krediet:
Fotograwe: Ty & Eri, Kusjka du Plessis, Melissa Botes, Mick Creative