{Gestileerde Fotosessie} Doen dit jouself troue

Wedding in Cape Town - mooitroues.co.za_0001


Vandag se gestileerde fotosessie was geïnspireer vir die bruids paartjies wat verkies om hul eie troue te beplan en miskien iets anders wil doen. Wees gewaarsku dat daar baie werk in so ‘n projek ingaan, maar ter selfde tyd ook pret kan wees en die bond tussen julle sterker kan maak. Jul voorkeure en smake as pasgetroude paartjie sal jul gaste iets van jul gee.


Wedding in Cape Town - mooitroues.co.za_0002 Wedding in Cape Town - mooitroues.co.za_0025Wedding in Cape Town - mooitroues.co.za_0003


Ons het besluit om dit by die ikoniese Winchester Mansions Hotel in Seepunt te doen. Die Hotel was opgerig in 1922 en kan 50 – 120 gaste akkomodeer en bied verskeie opsies aan wat wissel vanaf R2500.00 tot R9,500.00 vir die lokaal huur. Hul behulpsame Funksie Bestuurder sal die beste opsie vir jul voorstel en ook help met spyskaart keuses asook vele ander diensverskaffers.


Wedding in Cape Town - mooitroues.co.za_0004 Wedding in Cape Town - mooitroues.co.za_0005Wedding in Cape Town - mooitroues.co.za_0016


Ons het baie van die Hotel se ouwêreldse binnehof gehou wat 4 verdiepings hoog is met pragtige rankplante teen die mure wat ‘n baie mooi element in ons fotosessie was. Angelique Smith se oog vir romanse het ons visie baie goed op kiekies vasgevang.


Wedding in Cape Town - mooitroues.co.za_0014Wedding in Cape Town - mooitroues.co.za_0015


Die Tafel Dekor was baie kleurvol om die Groenheid van die rankplante te komplimenteer. Ons het vir ‘n  Middagtee tema tafel opset gegaan. Al die tafel dekor het ons gekry van ons Poetry Stores om rede hul produkte perfek by ons visie gepas het en die kreatiewe Melissa van Pretty in Stains het gehelp met die skryfbehoeftes.


Wedding in Cape Town - mooitroues.co.za_0020Wedding in Cape Town - mooitroues.co.za_0012Wedding in Cape Town - mooitroues.co.za_0011


Die tafel se blomme rangskikking en hand ruiker het ons self gemaak en die lieflike blomme het ons gaan self kies en koop by die blomme mark by Kaapstad stasie. By die blomme mark is die blomme verkopers vreeslik behulpsaam en dit is lekker om self jou eie blomme te kies en jou verbeelding vrye teuels te gee.


 

Wedding in Cape Town - mooitroues.co.za_0027 Wedding in Cape Town - mooitroues.co.za_0030


By Mooi Troues wil ons lesers deel maak van ons projekte en Jeanre het ingeskryf om ons model vir die dag te wees. Die baie gewilde grimering en haar stilis Chantelle Landman het Jeanre se grimering en hare gestileer. Jeanre het ook 2 verskillende rokke van die bekende Janita Toerien gedra.


Wedding in Cape Town - mooitroues.co.za_0017Wedding in Cape Town - mooitroues.co.za_0028


Ons het die element van ‘n VW Minibus 1967 van Vintage Van ook ingebring in die gestileerde fotosessie wat Gunther Schubert met sy besonderse oog vir kuns afgeneem het voor die Hotel waar die weer lieflik was. Gunther se tweede deel van sy fotosessie was gehou by Pebble Beach met die 12 Apostels Berg reeks in die agtergrond. Hier was almal, veral Jeanre, se talente beproef want die wind het gewaai nes dit kan waai in die Kaap en dit was bitter koud.


Wedding in Cape Town - mooitroues.co.za_0007 Wedding in Cape Town - mooitroues.co.za_0008 Wedding in Cape Town - mooitroues.co.za_0010Wedding in Cape Town - mooitroues.co.za_0030Wedding in Cape Town - mooitroues.co.za_0026Wedding in Cape Town - mooitroues.co.za_0024Wedding in Cape Town - mooitroues.co.za_0006 Wedding in Cape Town - mooitroues.co.za_0009Wedding in Cape Town - mooitroues.co.za_0029Wedding in Cape Town - mooitroues.co.za_0011 Wedding in Cape Town - mooitroues.co.za_0013


Diensverskaffers:

Fotograaf: Angelique Smith | Hotel: Winchester Mansion Hotel | Model: Jeanre du Preez
Blomme: Mooi Troues | Dekor: Poetry V&A Waterfront | Skryfbehoeftes: Pretty in Stains
Grimering en Hare: Chantelle Landman | Rokke: Janita Toerien
VW Minibus: Vintage Van | Minibus Fotos: Gunther Schubert