Garreth & Elke se strand troue by Blue Bay Lodge

Vir paartjies wat ‘n strandtroue wil hou beveel ons Blue Bay Lodge in Saldanha aan, soos Garreth en Elke sê: “Minimalistiese, eenvoudige, strand atmosfeer en bring die natuur soos dit buite is na die binnekant gee vir jou eenvoudig Blue Bay Lodge; is ook een van die enigste plekke wat jy letterlik amper op die strand kan trou met ‘n absoluut wonderlike uitsig.  Vriendelike personeel en ongelooflike sjef.”

Ons by Mooi Troues hoop ons lesers geniet die paartjie se trou fotos onder en dat dit jul sal oorreed om jul trou venue te kies.

   

Vertel ons hoe het julle ontmoet?


Ek was saam met my vriendin Carin uit en hy saam met sy vriend Willie.  Willie en Carin is uit skool vriende en toe loop ons mekaar toevallig raak by ‘n dans plek in Groenpunt

Op ontmoeting was dit sy mooi glimlag en sin vir humor  wat my aangetrek het. Hy sê my lag en sprankelende oë.

Vertel ons hoekom het julle die venue gekies?


Minimalistiese, eenvoudige, strand atmosfeer en bring die natuur soos dit buite is na die binnekant gee vir jou eenvoudig Blue Bay Lodge

Dit is ons huis en baie spesiale plek vir beide van ons.  Elke het grootgeword op die plaas.  Dit is ook een van die enigste plekke wat jy letterlik amper op die strand kan trou met ‘n absoluut wonderlike uitsig.  Vriendelike personeel en ongelooflike sjef.

Was julle met wittebrood?


Ons was Durban vir 2 weke.  Dit was absoluut heerlik het in Oysterbox gebly in Umhlanga- heerlik spa sessies gehad en geëet en net gerus en toe na Zimbali Lodge vir paar dae en Lake Eland Game Reserve vir paar dae waar ons safari roetes gedoen het en vandaar paar dae Suncity in Johannesburg waar ons met vriende net al die lekker dinge daar geniet het.

Wat sou jul verander het as jul kon?


Absoluut niks! As ons iets moes verander sou ons fotosessies beperk het en meer tyd met gaste wou spandeer.  Dag het verby gevlieg en ons het gevoel ons het skaars by enige gaste uit gekom.

Advies vir paartjies wat besig is om hul troue te beplan?


Alles was baie maklik omdat ons Blue bay Lodge se troue koördineerder gebruik het.  Sy het aan alles gedink en alles gereël.  Dit was absoluut wonderlik aangesien ons in Seepunt in Kaapstad woon en haar nie gereeld kon ontmoet.  Sy het alles so maklik gemaak om te reël en alles het op die dag vlot verloop sonder enige stres vir ons.  Ons moes net opdaag.

Diensverskaffers: