Jenine & Ernest se Troue

Die manier hoe Ernest vir Jenine gevra het om sy vrou te raak was beslis spontaan en kreatief. Hul het toe ook ‘n vreeslike mooi strand troue saam beplan. Lees bietjie meer oor die twee se verlowing en troudag hier onder.

Jenine & Ernest se troue soos op www.mooitroues.co.za_0024Jenine & Ernest se troue soos op www.mooitroues.co.za_0001

Beskryf jul troue in tien woorde:


Sag, Ware liefde met die teenwoordigheid van God’s se Genade!

Jenine & Ernest se troue soos op www.mooitroues.co.za_0002 Jenine & Ernest se troue soos op www.mooitroues.co.za_0003 Jenine & Ernest se troue soos op www.mooitroues.co.za_0004


Hoe het julle verloof geraak?

Ons het gaan kamp saam met vriende vir ‘n paar dae oor nuwejaar 2013-2014 by Silwerstrand Kampterrein in Robertson.

Oujaarsaand het die Kaapse Klopse die kampterrein kom vermaak met hul liefde vir musiek. Die hele kampterrein se mense het in ‘n sirkel rondom hulle gestaan. Ek het gesien my kêrel gons die hele tyd met sy vriend. Ek het gevra wat aangaan en hy het verduidelik dat hy vir hulle ‘n geldjie wil gee. Ek het by my vriendinne gaan staan en die volgende oomblik het Ernest in die middel, terwyl die Kaapse Klopse musiek maak, gaan staan en my geroep. Ek kon nie verstaan wat aangaan en gedink die man mal. Die volgende oomblik toe gaan hy op sy kniee en toe weet ek dit is nou so! Hy het die mooiste speech gese terwyl die Kaapse Klopse vir ons saggies speel Stand by me. Hy het my gevra om sy vrou te wees en ek het natuurlik gese JA!

Ek kon nie ophou na my ring kyk nie en die hele kampterrein het my toe geken:) Alles was so spesiaal!


Jenine & Ernest se troue soos op www.mooitroues.co.za_0005 Jenine & Ernest se troue soos op www.mooitroues.co.za_0006 Jenine & Ernest se troue soos op www.mooitroues.co.za_0007 Jenine & Ernest se troue soos op www.mooitroues.co.za_0008 Jenine & Ernest se troue soos op www.mooitroues.co.za_0009 Jenine & Ernest se troue soos op www.mooitroues.co.za_0010 Jenine & Ernest se troue soos op www.mooitroues.co.za_0011 Jenine & Ernest se troue soos op www.mooitroues.co.za_0012 Jenine & Ernest se troue soos op www.mooitroues.co.za_0013 Jenine & Ernest se troue soos op www.mooitroues.co.za_0014 Jenine & Ernest se troue soos op www.mooitroues.co.za_0015

Wat het jou troudag so spesiaal gemaak?


Ek wou baie graag ons troue self reël, van dekor uitkies tot saal opmaak en opruim. Dit was verseker nie altyd maklik nie maar dit was beslis die moeite werd. Ek het baie gestres, maar die oomblik toe ek my oe op my man rig het God ‘n soort kalmte oor my gebring. Van daai oomblik af kon ek nie ophou glimlag nie. Wat vir my die meeste beteken het van my hele troue was toe my man vir my natuurlik se hoe pragtig ek lyk maar die belangrikste toe hy se nou verstaan hy hoekom ek so gestres het, alles lyk so mooi, daar is soveel detail op alles! Hy waardeer alles so baie. Dit het die wêreld vir my beteken.

Jenine & Ernest se troue soos op www.mooitroues.co.za_0016 Jenine & Ernest se troue soos op www.mooitroues.co.za_0017 Jenine & Ernest se troue soos op www.mooitroues.co.za_0018 Jenine & Ernest se troue soos op www.mooitroues.co.za_0019 Jenine & Ernest se troue soos op www.mooitroues.co.za_0020 Jenine & Ernest se troue soos op www.mooitroues.co.za_0021 Jenine & Ernest se troue soos op www.mooitroues.co.za_0022 Jenine & Ernest se troue soos op www.mooitroues.co.za_0023 Jenine & Ernest se troue soos op www.mooitroues.co.za_0024 Jenine & Ernest se troue soos op www.mooitroues.co.za_0025 Jenine & Ernest se troue soos op www.mooitroues.co.za_0026

Advies wat julle kan gee aan paartjies is:


Neem saam besluite, julle word een!….ja julle mag dalk koppe stamp oor ‘n paar goedjies, maar die eindproduk gaan dit als die moeite werd maak. Ondersteun mekaar, waardeer mekaar! Plaas alles in God se hande…jy’t dalk klomp planne…maar God se planne is baie groter as wat jy ooit kon ding en alles gebeur volgens Sy wil vir ‘n rede! Geniet elke oomblik wat saam op julle pad geplaas word!

Jenine & Ernest se troue soos op www.mooitroues.co.za_0027 Jenine & Ernest se troue soos op www.mooitroues.co.za_0028 Jenine & Ernest se troue soos op www.mooitroues.co.za_0029 Jenine & Ernest se troue soos op www.mooitroues.co.za_0030 Jenine & Ernest se troue soos op www.mooitroues.co.za_0031 Jenine & Ernest se troue soos op www.mooitroues.co.za_0032 Jenine & Ernest se troue soos op www.mooitroues.co.za_0033 Jenine & Ernest se troue soos op www.mooitroues.co.za_0034 Jenine & Ernest se troue soos op www.mooitroues.co.za_0035 Jenine & Ernest se troue soos op www.mooitroues.co.za_0036 Jenine & Ernest se troue soos op www.mooitroues.co.za_0037 Jenine & Ernest se troue soos op www.mooitroues.co.za_0038 Jenine & Ernest se troue soos op www.mooitroues.co.za_0039 Jenine & Ernest se troue soos op www.mooitroues.co.za_0040 Jenine & Ernest se troue soos op www.mooitroues.co.za_0041 Jenine & Ernest se troue soos op www.mooitroues.co.za_0042 Jenine & Ernest se troue soos op www.mooitroues.co.za_0043 Jenine & Ernest se troue soos op www.mooitroues.co.za_0044 Jenine & Ernest se troue soos op www.mooitroues.co.za_0045

Diensverskaffers: