Jaco & Beané se intieme sonsondergang troue

Eers ʼn pragtige sonsondergang verlowing op ʼn vriend se plaas en toe ʼn intieme sonsondergang troue minder as ʼn jaar later.  Jaco en Beané se liefdesverhaal het al op die vroeë ouderdomme van 16 en 17 jaar oud begin.  Die pragtige paartjie het een dag in die kerk ontmoet, nadat Beané van Swellendam af Bloemfontein toe getrek het.

Spring so paar jaar voorentoe, na die jaar wat almal sal onthou as gevolg van die grendeltydperk.  Hierdie paartjie sal wel 2020 as gevolg van ʼn meer spesiale rede onthou.  Dit was die jaar waarin Jaco besluit het om vir Beané te vra of sy met hom sal trou.  Sy tydsbeperking was ook net-net perfek, hy het die groot vraag gevra een dag voordat Suid Afrika in “lockdown” in gegaan het a.g.v. die KOVID-19 pandemie.

Jaco en Beané was vir 11 maande verloof voordat hulle hul hulself aan mekaar beloof het voor hul naaste geliefdes in ʼn intieme troue.  Hierdie paartjie het die aantal gaste heftig verminder en alles self gereël.  Hulle glo sterk dat die bogenoemde die grootste wenke is, vir wanneer ʼn paartjie kostes wil spaar en in ʼn begroting wil bly maar steeds ʼn pragtige troue wil hê.

Mooi Troues se lesers sal baie baat deur om hierdie wenke in ag te neem en indien jul nog hulp benodig vir die beplanning van jul troudag, gaan gerus na ons trougids toe. Daar sal ons lesers ook hope hulpbronne vind om te help met die troureëlings!

Rol af om meer te sien oor Jaco en Beané se intieme sonsondergang troue.

Paartjie se Liefdesreis:


Ek en Jaco het mekaar ontmoet in 2015, nadat ek in my gr 10 jaar Bloemfontein toe getrek het vanaf Swellendam.  Ek was 16 jaar oud en Jaco 17 jaar oud.  Ons het by die kerk ontmoet.  Hy was vreeslik Engels en ek vreeslik Afrikaans.

“Fast Forward” 4 jaar en 3 maande later, het Jaco my gevra om te trou EEN dag voor die grendeltydperk begin het, op 23 Maart 2020.  Dit was ‘n pragtige, intieme verlowing op sonsondergang, in Barkly Oos op ‘n vriend se plaas.

Die Verlowing Tydperk:


Ons was ongeveer 11 maande verloof.  Ons het self ons intieme troue beplan – met BAIE hulp van ons ouers en Tannie Dienie van Dorpstal, in Barkly Oos, af.

Finansiële Aspekte:


Ons begroting was ongeveer R65 000 gewees, wat oor genoeg was omdat ons ʼn plaas troue beplan het.  Ons het oorspronklik ongeveer 100 gaste genooi, maar moes die gastelys sny na 52 as gevolg van KOVID-19.  So het ons vinnig ons idee van ʼn taamlike groot troue, na ʼn intieme troue verander.

My advies sal wees om BAIE te ‘DIY’.  Doen wat jy kan, soveel jy kan om kostes te spaar!  As beide jy en jou man gemaklik is daarmee, doen ʼn intieme plaas troue – dit spaar heelwat kostes en dit is pragtig in die natuur!

Merkwaardigste Oomblikke:


Die merkwaardigste oomblik vir ons altwee was wat ons genoem het die “no look first look”.  Ek en Jaco het ʼn paar minute voor die seremonie by mekaar gekom om saam te bid.  Dit was ook die oomblik wat my pa my vir die eerste keer gesien het. Dit was ook ongelooflik spesiaal.

Jaco was geblinddoek – so hy kon my nie sien nie, maar my pa kon wel.  Ek en Jaco het toe by mekaar gekom en saam gebid.

Klik hier vir diensverskaffers

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers: