Ons kyk vandag na Nola en Christiaan se unieke, intieme strand troue. Omdat troues so groot uitgawe is, is een van die grootste tendense deesdae om kleiner troues te hou en jou groot dag te vier slegs saam met geliefdes en naaste vriende. Die paartjie se verlowings verhaal is net so romanties soos hulle troue. Hulle was weg vir ‘n naweek na ‘n wildplaas en Christiaan vra Nola toe om te trou in die bos, tussen kameelperde en sebras. Iets wat die paartjie se strand troue vir hulle baie spesiaal gemaak het is die feit dat hulle dit klein en intiem gehou het en ook dat niks op hulle troue op die tradisionele manier gedoen was nie. Die paartjie se raad aan ander is om nie haastig te wees nie en nie haastig besluite te neem nie.
Diensverskaffers:
- Fotograaf: Veronique Photography
- Rok: Janita Toerien
- Dekor: Fancy Functions and Weddings
- Blomme: Rhubarb flower company
- Venue: De Vette Mossel Seafood Restaurant
- Hare en Grimering: Wilna Allpass