Retro Geïnspireerde Trou Inspirasie

In die inskrywing is ons baie opgewonde om hierdie Retro geïnspireerde trou inspirasie met ons lesers te deel op Mooi Troues.  Die 1970’s Retro-styl word al hoe meer geïnkorporeer by moderne troues,  dink aan helder blomme, interessante trourok ontwerpe, blink disko-balle en ʼn prettige kuier.  Dit is alles elemente wat deel maak van die hele Retro-styl.

Hierdie gestileerde fotosessie sal jou tonne inspirasie bied as jy opsoek is na ʼn moderne weergawe van die Retro-styl.  Die trou venue waar die fotosessie plaasgevind het, was die perfekte keuse.  Rou baksteen mure, maak die perfekte agtergrond vir die helder dekor elemente.  Prentjie mooi landskappe is perfek vir ʼn pragtige fotosessie.

Elke liewe element by die Retro geïnspireerde trou inspirasie fotosessie is goed na gedink en pas perfek in bymekaar.  Die mooi grimering en hare, stylvolle trourokke en die mooi dekor elemente en blomme.

Van die dekor elemente was gehuur by The Hire Haus, ʼn dekor huur maatskappy wat al jou dekor huur behoeftes aan sal voldoen.  As jy opsoek is na oulike dekor items vir jou troudag, besoek gerus The Hire Haus se profiel op Mooi Troues. Al die kleurvolle elemente op die rou hout tafel en baksteen mure skep die perfekte kontras.  Tikseltjies goue elemente wat saam met die skakerings van gebrande oranje en vuil pienk elemente gebruik word is so mooi.  Dit skep ʼn baie elegante gevoel aan die trou tema.  Om die fotosessie af te eindig is daar die donker troukoek met die helder kleurvolle blomme op.

Ons is absoluut gaande oor die pragtige blomme ontwerpe vir die gestileerde fotosessie.  Die blink disko balle tussen die mooi helder rooi en sagte pienk blom ontwerpe is so mooi.  Dit gee onmiddellik ʼn moderne en 1970’s Retro-gevoel aan die fotosessie.

Rol af om meer te lees oor die Retro geïnspireerde fotosessie.

Wie het die fotosessie gereël?


Ansu Makeup Artistry het die fotosessie gereël en die dag gekoördineer.

Inspirasie agter die fotosessie:


Die afgelope neigings na Retro elemente soos disko balle, film fotografie, kort trourokke, en “cat eye” sonbrille vir troues.  Ek wou graag hierdie elemente in ʼn meer gesofistikeerde trou rangskikking sien, so ons wou van daardie Retro elemente kombineer met meer tradisionele komponente om ʼn lighartige atmosfeer te skep.

Dekor:


Vir die tafel het Zaan knop vase gebruik, om die vol blomme en disko bal rangskikking te balanseer.  Rooi, pienk en oranje kerse was ook gebruik om die kleur skema te eggo – en om warm beligting in te bring.

Hoekom is die span diensverskaffers gekies om saam te werk?


Zaan Kultuur is net die beste bloemis om mee te werk.  Sy vat ʼn konsep en gee dit lewe.  Sy was die eerste persoon wie ek gereël het – en sonder haar sou die fotosessie net nie gewerk het nie.

Simply Sparkles het al troues en gebeure gedoen waar disko balle gebruik word as dekor – so sy was ook ʼn “no-brainer”.

Die ander diensverskaffers het die prentjie net so mooi voltooi.  Hulle almal se werk is warm, en hulle is besonders in hulle dienste!

Agter die skerms van die fotosessie:


Dit was eintlik die eerste fotosessie waar alles so mooi vlot verloop het.  Almal was betyds, die weer het mooi saam gespeel, daar was nie beurtkrag nie.  Almal het gewerk soos ʼn masjien wat goed geolie is.  Daar was net kreatiewe energie in die lug.

Die enigste onvoorsiene geval was dat ons soveel langer aangehou het met die fotosessie!  Ons het ʼn uur en ʼn half langer aangehou as beplan, want ons wou net nog, en nog, en NOG fotos neem!

Merkwaardigste deel van die fotosessie:


Die kreatiewe energie in die lug. Dit was wonderlik hoe almal vir ʼn gesamentlike doelwit werk en almal was in verwondering oor hoe die stel uitgedraai het.  Die eindproduk het 10,000 keer beter uitgekom as wat ons beplan het!

Kleurskema:


Ons het skakerings van oranjes, rooie, en pienke gebruik in reaksie op die huidige mode tot neutrale kleure by troues.  Ons wou wys hoe mooi KLEUR by ʼn troue kan wees en dat trou paartjies nie moet skrik vir ʼn bietjie persoonlikheid in hulle onthaal nie.

Venue en Ligging:


401 Rozendal Wedding Venue was perfekte vir die fotosessie, want hy het alles in een.  Daar is ʼn onthaal area, ʼn lapel, en ʼn kroeg area binne 20m van mekaar en elke area lyk anders maar skep ʼn samehangende omgewing.  Die baksteen muur in die onthaal area was die verkoopspunt vir my, want ek het gehou van die warmte en tekstuur wat dit skep as ʼn agtergrond vir die fotosessie.

Trourok en bruidegom pak:


Elbeth Gillis het die trourokke verskaf, en ek het op haar besluit omdat haar rokke Retro elemente in gehad het soos die strikke, die gestruktureerde rompies, en vere.

Mr Suit Hire het die bruidegom pakke verskaf, en ʼn groot rede hoekom ek hulle gevra het is oor hulle maroen troupak.  Daardie pak pas net so mooi in die konsep van die fotosessie, en die effe blink materiaal het vir my baie mooi gelyk.

Advies aan toekomstige paartjies wat troue beplan:


Jy het meer disko balle nodig as wat jy dink, en gebruik verkillende grotes.  Moet ook nie eers probeer om dit elf te doen nie.

Moenie jou te veel bekommer oor die perfekte skakering van oranje of pienk te kry om te pas by die ander elemente nie.  Verskillende variasies van die kleure gee die hele prentjie mooi tekstuur.

Klik hier vir meer diensverskaffers

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers: