Groen & Geel Tafel Inspirasie

Ons wys vir jou ‘n vinnige selfdoen tafel met groen en geel as die hoof kleure.  Skakerings van ligte bruine en aardse kleure word saam met die geel en groen gekombineer.  As jy opsoek is na tafel inspirasie vir jou groot dag, loer gerus na die trou inspirasie.

Ons het by die pragtige plaas, Hawksmoor die fotosessie gedoen en Samantha du Toit het, met behulp van Angelique Smith, die foto’s geneem.  Die blomme was gedoen deur Zormay Swiegers en Jana & Sarah wat die Mooi Troues span verteenwoordig het die tafel binne ‘n paar minute aanmekaar gesit.

Paartjies dink gewoonlik dit is vreeslik moeilik om hulle eie trou dekor te doen, maar ons wys jou vandag ‘n maklike, maar mooi manier.  Lang groen struike, vetplante, takkies en suurlemoene is die hoof elemente van vandag se tafel.  Ons het die takkies, vetplante en suurlemoene met vislyn aanmekaar gesit en bo die tafel rangskik om dit voller te laat lyk.  Die middelstuk van die tafel bestaan uit struike wat aanmekaar gesit is om ‘n natuur-vriendelike middelstuk te maak.  Ons het ook suurlemoene op die tafel geplaas om die groen effens te breek.

Geniet die inspirasie-idees!

Groen en Geel Trou Inspirasie soos gesien op www.mooitroues.co.za_0013Groen en Geel Trou Inspirasie soos gesien op www.mooitroues.co.za_0001 Groen en Geel Trou Inspirasie soos gesien op www.mooitroues.co.za_0002 Groen en Geel Trou Inspirasie soos gesien op www.mooitroues.co.za_0003 Groen en Geel Trou Inspirasie soos gesien op www.mooitroues.co.za_0004 Groen en Geel Trou Inspirasie soos gesien op www.mooitroues.co.za_0005 Groen en Geel Trou Inspirasie soos gesien op www.mooitroues.co.za_0006 Groen en Geel Trou Inspirasie soos gesien op www.mooitroues.co.za_0008 Groen en Geel Trou Inspirasie soos gesien op www.mooitroues.co.za_0009 Groen en Geel Trou Inspirasie soos gesien op www.mooitroues.co.za_0010 Groen en Geel Trou Inspirasie soos gesien op www.mooitroues.co.za_0011 Groen en Geel Trou Inspirasie soos gesien op www.mooitroues.co.za_0012 Groen en Geel Trou Inspirasie soos gesien op www.mooitroues.co.za_0013 Groen en Geel Trou Inspirasie soos gesien op www.mooitroues.co.za_0014 Groen en Geel Trou Inspirasie soos gesien op www.mooitroues.co.za_0015 Groen en Geel Trou Inspirasie soos gesien op www.mooitroues.co.za_0016 Groen en Geel Trou Inspirasie soos gesien op www.mooitroues.co.za_0017 Groen en Geel Trou Inspirasie soos gesien op www.mooitroues.co.za_0018 Groen en Geel Trou Inspirasie soos gesien op www.mooitroues.co.za_0019 Groen en Geel Trou Inspirasie soos gesien op www.mooitroues.co.za_0020 Groen en Geel Trou Inspirasie soos gesien op www.mooitroues.co.za_0021 Groen en Geel Trou Inspirasie soos gesien op www.mooitroues.co.za_0022 Groen en Geel Trou Inspirasie soos gesien op www.mooitroues.co.za_0023 Groen en Geel Trou Inspirasie soos gesien op www.mooitroues.co.za_0024 Groen en Geel Trou Inspirasie soos gesien op www.mooitroues.co.za_0025 Groen en Geel Trou Inspirasie soos gesien op www.mooitroues.co.za_0026

Klik hier vir diensverskaffers

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers: