Moderne Liefdesverhaal Trou Inspirasie

By Mooi Troues deel ons die Moderne liefdesverhaal trou inspirasie, perfek vir die paartjie wat is opsoek is na modern elemente vir hul troudag.  Hierdie pragtige gestileerde fotosessie bied tonne inspirasie vir ʼn moderne Boheemse troue.

Die gebruik van donker elemente in die fotosessie gee dit ʼn elegante gevoel.  Om dinge bietjie interessant te hou het hulle ʼn pragtige blom gedrukte servet gebruik.  Dit pas so mooi in by die blom ontwerpe se kleur-skakerings.  Ons is mal oor die swart elemente te same met die ligte hout tafel.  Die res van die kleurskakerings soos die sage pienk blomme, goue kerse en goue eetgerei pas so mooi bymekaar.

Hierdie trou inspirasie is ʼn voorbeeld van hoe mooi jy jou trou dekor kan laat lyk.  As jy jou prentjie-mooi troue beplan, besoek Mooi Troues se Trougids.   In ons trougids sal jy fantastiese diensverskaffers vind wat jou troue pragtig sal laat lyk.  Geniet die Moderne liefdesverhaal trou inspirasie hieronder.

Trou Inspirasie Trou Inspirasie Trou Inspirasie Trou Inspirasie Trou Inspirasie Trou Inspirasie

Wie het die fotosessie gereël?


Ek het vir Izelle van Mrs Marais Weddings genader om my te help om die fotosessie te reël.  Toe ek op haar profiel op Instagram afgekom en ek was beïndruk met haar werk gewees.

Ek het haar gekontak en sy was dadelik bereid om dit te reël en was van die eerste dag af net so opgewonde hieroor.  Nadat ek my idees vir haar gegee het, het sy nie gras onder haar voete laat groei nie en het dadelik begin reël en diensverskaffers genader om deel te wees van die fotosessie.

Trou Inspirasie Trou Inspirasie Trou Inspirasie Trou Inspirasie Trou Inspirasie Trou Inspirasie

Inspirasie agter die fotosessie:


Die inspirasie vir die fotosessie kom van die Boheemse tendens wat tans gewild in die trou industrie is.  Ek wou dit egter gekombineer het met ʼn meer klassieke en romantiese gevoel.  Alhoewel boheems modern is, is dit nie almal se smaak nie.

Met hierdie fotosessie bied ons inspirasie vir bruide deur vir hulle te wys hoe mens met verskillende style en dekor elemente kan speel om die styl te skep wat jy graag wil hê vir jou troudag.

Trou Inspirasie Trou Inspirasie Trou Inspirasie Trou Inspirasie Trou Inspirasie

Hoekom is die span diensverskaffers gekies om saam te werk?


Al die diensverskaffers is betroubaar, kreatief en uiters professioneel in hulle verskeie velde.  Almal handhaaf ʼn uitstekende standaard van werk en bring hulle eie persoonlikheid en kreatiwiteit na vore deur hulle werk.

Dit het ook bygedra tot die sukses van die fotosessie omdat almal dadelik geweet en verstaan het waarnatoe ons werk en wat die einddoel was.  Daar was deurlopende kommunikasie tussen die diensverskaffers en sodoende het almal ingelig gebly.

Trou Inspirasie Trou Inspirasie Trou Inspirasie Trou Inspirasie Trou Inspirasie Trou Inspirasie Trou Inspirasie

Agter die skerms van die fotosessie:


Afgesien van die feit dat goeie beplanning en ʼn deeglike span bydra tot die gladde verloop van so sessie, is daar altyd die moontlikheid dat onvoorsiene omstandighede kan opduik.  Ons was regtig geseënd dat daar geen drama of probleme was nie.  Daar was egter baie lawwe oomblikke agter die skerms wat gesorg het vir baie vermaak en lekker lag!

Trou Inspirasie Trou Inspirasie Trou Inspirasie Trou Inspirasie Trou Inspirasie Trou Inspirasie

Merkwaardigste deel van die fotosessie:


Die mees spesiale oomblik van die dag vir my was om te sien hoe die prentjie lewe gekry het.  Gedurende die beplanning stadium weet jy wat jy wil hê en hoe jy wil hê dit moet lyk, maar om die eindproduk te kon sien het my asem weggeslaan.

Trou Inspirasie Trou Inspirasie Trou Inspirasie Trou Inspirasie Trou Inspirasie Trou Inspirasie Trou Inspirasie

Dekor:


Om die Boheemse, maar klassieke styl deur te voer het ons gebruik gemaak van ʼn paar elemente.  Ons het gebruik gemaak van tekstuur en donker elemente om die Boheemse styl na vore te bring en dan het ons gebruik gemaak van die sagte en ligte elemente om die klassieke voorkoms na vore te bring.

Donker elemente, soos die swart, is deurlopend deur middel van kandelare, potte en ook die eetgerei op die tafel gebruik.  Die blom lap servet breek effens die swart en bring meer tekstuur na vore.  Dan is daar sagter elemente, soos die blomme en die tafeldoek wat ook deurlopend as dekor elemente op die tafel gebruik was en het sodoende die Boheemse styl goed gekomplimenteer.

Trou Inspirasie Trou Inspirasie Trou Inspirasie Trou Inspirasie Trou Inspirasie Trou Inspirasie

Kleurskema:


Die kleure is gekies op grond van die styl van die fotosessie.  Donkerder kleure is gebruik omdat dit by die Boheemse styl pas en die ligte kleure om die klassieke gevoel na vore te bring.  Die goud is ook gekies as aksent kleur en het beide die Boheemse- en klassieke styl goed gekomplimenteer.

Trou Inspirasie Trou Inspirasie Trou Inspirasie Trou Inspirasie Trou Inspirasie

Venue en Ligging:


Ground The Venue is modern met ʼn industriële gevoel wat eindelose opsies in terme van dekor en styl vir ʼn troue kan bied.  Dit is ʼn unieke venue met baie plek en daarom is jy nie beperk in terme van die hoeveelheid elemente wat jy wil gebruik nie.

Trou Inspirasie Trou Inspirasie Trou Inspirasie Trou Inspirasie

Trourok en bruidegom pak:


Die trourok het ʼn sterk Boheemse ontwerp en gevoel.  Hierdie rok is spesiaal vir bruide gemaak wat hou van iets anders en nie bang is om nie die gewone trourok te dra nie.  Die rok vang beslis almal se oog en bied verseker die “wow” faktor!

Trou Inspirasie Trou Inspirasie Trou Inspirasie Trou Inspirasie

Advies aan toekomstige paartjies wat troue beplan:


Moet nooit bang wees om te waag met kleur en dekor elemente nie.  Dit is die jaar 2020.  Wees kreatief en vind inspirasie uit alledaagse dinge om jou persoonlike styl ten toon te stel.

Trou Inspirasie Trou InspirasieTrou Inspirasie

Klik hier vir diensverskaffers