Jaco & Elzandri se elegante plaas troue

 Wat ‘n belewenis was dit nie vir Linda van Linda Vos fotografie om hierdie energieke paartjie op hul troue af te neem nie.  ‘n Helikopter is die trou kar en sy kry die geleentheid om ook lugfoto’s van die groot plaas troue te neem terwyl braaivleis vure brand en renosters onder hulle deur die veld verby hardloop. Lees gerus haar ervaring as fotograaf en ervaar die unieke troue deur die lens van Linda se kamera want woorde kan dit nie beter beskryf nie.

Jaco & Elzandri_0001 Jaco & Elzandri_0002


Linda van Linda Vos Fotografie vertel: Wat ‘n voorreg was dit nie om deel te wees van hierdie ongelooflike troue nie! Die album vertel ‘n storie. Die dag het begin by Elzandri wat in Klerksdorp aantrek, waarna ons uitgery het na Thaba Tshwene naby Hartbeesfontein waar die seremonie in die amfiteater was. Die paartjie wou baie graag lugfoto’s hê van die konfetti masjien na die tyd, so die seremonie was ‘n volle 8 minute – die tyd wat dit geneem het vir die helicopter wat ook die “trou kar” was om gereed te maak en bo die seremonie te sirkel. Indien dit enigsins langer sou wees sou die helikopter te veel raas as hy naby kom, so dit was ongelooflike beplanning om als te laat saamwerk.

Die weer was bewolk en deur die oggend het druppeltjies geval so dit het gesorg vir ‘n bietjie senuwees, aan ons kant! Dit het opgehou met die seremonie en ons die mees ongelooflike lig gegee toe ons van daar uitvlieg vir die paartjie se sessie na die mielielande wat so 15min se ry van daar was. Terwyl die gaste dus plaas toe gery het het ons vooruit gevlieg. Wat ‘n ervaring was dit nie om die strale deur die wolke te sien kom, en die renosters onder jou te sien hardloop soos ons oor hulle vlieg nie! Dit is ‘n prentjie wat my altyd sal bybly en ‘n voorreg wat min fotograwe op ‘n troue ervaar.

Na die bruidspaar sessie het ons teruggevlieg en ‘n paar keer om die stoor gevlieg waar die braaivleisvure hoog gebrand het en die nagenoeg 250 gaste peuselhappies geniet het. Ons het toe langs die plaashuis op die grasperk geland – Elzandri is ‘n bol energie en een van haar versoeke was om ‘n rukkie saam met haar honde te speel voor sy haar tweede rok aangetrek het en die plaaswerkers die paartjie vergesel het deur saam met hulle in die onthaal in te dans.

Hierdie troue was die toonbeeld van ‘n egte plaas troue met ‘n kleurvolle “twist” wat die paartjie se lewenslustige persoonlikhede uitgebeeld het. Die blommemeisies met hul Audrey Hepburn styl was ook regte dames!


Jaco & Elzandri_0003Jaco & Elzandri_0004 Jaco & Elzandri_0005


Hoe het julle die eerste keer ontmoet?

Ek wou meer uitvind oor die “brand” John Deere- waar kom dit vandaan, sien hoe lyk implemente, trekkers ens. Ek het saam met vriende ( Lol en Elizabeth) gaan kuier by ‘n vriend van hulle (Jaco) wat daagliks met dit werk. Ons het by hom gaan braai en die res is geskiedenis.


Jaco & Elzandri_0006Jaco & Elzandri_0007 Jaco & Elzandri_0008 Jaco & Elzandri_0009 Jaco & Elzandri_0010Jaco & Elzandri_0011


Hoe het julle verloof geraak?

Ons het afgevlieg Durban toe om Jaco se nuwe bakkie te gaan haal. Besluit om ‘n naweek daarvan te maak. Ons het verloof geraak by Zimbali.


Jaco & Elzandri_0012 Jaco & Elzandri_0013 Jaco & Elzandri_0014Jaco & Elzandri_0015


Hoe lank was julle saam voor jul getrou het?

Om en by 8 jaar, ‘n jaar verloof  mei 2014 en in April 2015 getroud.


Jaco & Elzandri_0016 Jaco & Elzandri_0017 Jaco & Elzandri_0018 Jaco & Elzandri_0019 Jaco & Elzandri_0020 Jaco & Elzandri_0021 Jaco & Elzandri_0022 Jaco & Elzandri_0023 Jaco & Elzandri_0024 Jaco & Elzandri_0025 Jaco & Elzandri_0026 Jaco & Elzandri_0027 Jaco & Elzandri_0028 Jaco & Elzandri_0029


 Iets oor die troue, dekor ensovoorts hoekom jul besluit het op wat jul gedoen het en bietjie meer daaroor.

Ons wou ‘n baie groot troue van ongeveer 250 mense hê. Jaco kom uit ‘n groot familie en my werk mense is hordes. Meeste van sy mense boer vir ‘n lewe en aan my kant doen ons konstruksie vir ongeveer 25 jaar. Ons het besluit om die diens in die amfiteater te hou op Thaba Tshwene maar die onthaal op die plaas in die stoor. Die stoor was groot genoeg om almal te akkomodeer.

Die dekor is geïnspireer deur die Antropologie. Dit is ‘n ketting winkel oorsee. Hulle maak alle dekor uit bestaande items uit bv blomme van bokse en gebruikte papier. Hierdie versierings word gebruik as venster dekor in hulle winkels. Ek kweek Fuchsias as stokperdjie – daarom is ‘n groot gedeelte papier blomme Fuchsias. Die res van die papier blomme is gemaak om te dien as “space fillers” omdat die stoor baie groot is.

‘n Blad is gegooi in die stoor om te dien as ‘n dansbaan- wit en swart blokke geverf. Die werkswinkel is omskep as ‘n kroeg. Die ketelmaker van die werk het vir ons ‘n kandelaar gemaak as fokuspunt vir die onthaal. Dit hang nou in ons huis.


Jaco & Elzandri_0030 Jaco & Elzandri_0031 Jaco & Elzandri_0032 Jaco & Elzandri_0033 Jaco & Elzandri_0034 Jaco & Elzandri_0035 Jaco & Elzandri_0036 Jaco & Elzandri_0037 Jaco & Elzandri_0038 Jaco & Elzandri_0039 Jaco & Elzandri_0040 Jaco & Elzandri_0041 Jaco & Elzandri_0042 Jaco & Elzandri_0043 Jaco & Elzandri_0044 Jaco & Elzandri_0045Jaco & Elzandri_0046 Jaco & Elzandri_0047 Jaco & Elzandri_0048 Jaco & Elzandri_0049 Jaco & Elzandri_0050


Advies wat julle aan ander paartjies kan gee?

“Find joy in the journey”. Geniet die beplannings en implimentering fase. Die troudag  vlieg verby.


Jaco & Elzandri_0051 Jaco & Elzandri_0052 Jaco & Elzandri_0053 Jaco & Elzandri_0054 Jaco & Elzandri_0055 Jaco & Elzandri_0056 Jaco & Elzandri_0057 Jaco & Elzandri_0058 Jaco & Elzandri_0059 Jaco & Elzandri_0060 Jaco & Elzandri_0061 Jaco & Elzandri_0062 Jaco & Elzandri_0063 Jaco & Elzandri_0064 Jaco & Elzandri_0065 Jaco & Elzandri_0066 Jaco & Elzandri_0067 Jaco & Elzandri_0068 Jaco & Elzandri_0069 Jaco & Elzandri_0070 Jaco & Elzandri_0071 Jaco & Elzandri_0072 Jaco & Elzandri_0073 Jaco & Elzandri_0074

Diensverskaffers: