Enrico & Marni se troue

 

Ons wys vandag Enrico en Marni se spesiale dag vir ons lesers en dit was ’n absolute fees. Dié twee het verloof geraak in ‘n kamer op die heel boonste verdieping van die Radisson Hotel. Marni was verras met kersies, blomme, sjampanje en Enrico wat voor haar staan om die groot vraag te vra.

Die paartjie se klasieke troue het bestaan uit vrolikheid, geselligheid en oorgenoeg liefde. Hulle kon nie ophou glimlag nie en het die dag gate uit geniet en hul gaste bederf met lekker kos en goeie musiek.

Marni se spesiaalste oomblik was toe sy by die paadjie afstap en Enrico voor haar sien, haar raad vir ander bruide is om ‘n kleurskema te kies en daarby te hou.

Iets wat Marni ook moes aanvaar is dat alles nie altyd presies uitwerk soos wat mens dit sou wou hê nie, maar gelukkig weet niemand, behalwe jy, dit nie. Die belangrikste is om te sorg dat dit jou troue is, met jou idees en al die dinge waarvan julle as paartjie van hou. Baie dankie Michelle Photography vir die pragtige foto’s.

Enrico en Marni se Troue soos op www.mooitroues.co.za_0001

Enrico en Marni se Troue soos op www.mooitroues.co.za_0002 Enrico en Marni se Troue soos op www.mooitroues.co.za_0003 Enrico en Marni se Troue soos op www.mooitroues.co.za_0004 Enrico en Marni se Troue soos op www.mooitroues.co.za_0005 Enrico en Marni se Troue soos op www.mooitroues.co.za_0006 Enrico en Marni se Troue soos op www.mooitroues.co.za_0007 Enrico en Marni se Troue soos op www.mooitroues.co.za_0008 Enrico en Marni se Troue soos op www.mooitroues.co.za_0009 Enrico en Marni se Troue soos op www.mooitroues.co.za_0010 Enrico en Marni se Troue soos op www.mooitroues.co.za_0011 Enrico en Marni se Troue soos op www.mooitroues.co.za_0012 Enrico en Marni se Troue soos op www.mooitroues.co.za_0013 Enrico en Marni se Troue soos op www.mooitroues.co.za_0014 Enrico en Marni se Troue soos op www.mooitroues.co.za_0015


Hoe het julle verloof geraak?


Enrico het my vir ‘n ongelooflike lekker ete gevat en daarna het ons langs die strand af gery, hy stop toe voor die Radisson Hotel en sê hy dink ons moet bietjie gaan kyk hoe lyk dit binne. Ek wou eers nie uitklim nie want ek het gedink hy is sommer simpel. Maar hy hou toe so aan dat ek later saam in gegaan het. Die weer was baie sleg daardie dag (die wind het gewaai soos dit net in PE kan waai).  Regte storm weer. Enrico wat beplan het om my op die dak te vra, moes toe vining ‘n plan maak en reël toe vir ‘n kamer op die boonste vloer met die mooiste uitsig oor die see. Toe ek bo kom wag daar kersies oral, sjampanje en blomme.  Toe ek besef wat aangaan staan hy voor my op een knie en natuurlik was my antwoord “JA!”

Enrico en Marni se Troue soos op www.mooitroues.co.za_0016 Enrico en Marni se Troue soos op www.mooitroues.co.za_0017 Enrico en Marni se Troue soos op www.mooitroues.co.za_0018 Enrico en Marni se Troue soos op www.mooitroues.co.za_0019 Enrico en Marni se Troue soos op www.mooitroues.co.za_0020 Enrico en Marni se Troue soos op www.mooitroues.co.za_0021 Enrico en Marni se Troue soos op www.mooitroues.co.za_0022


Wat was vir julle die spesiaalste deel van julle troue?


Ek weet dat al “cliché” is, maar dit is rerig die ongelooflikste dag van mens se lewe, daar was net teveel gelag, teveel vriendelikheid, teveel vrolikheid en teveel lekker. Al wat ek onthou van die oggend tot die aand was hoe lekker dit alles was! Daardie oomblik toe ek in die paadjie af stap en Enrico voor my sien, was ongelooflik. Ons kon nie ophou glimlag nie. Omdat ons vriende so wyd verspreid bly reg oor die land was dit so groot voorreg om so baie van hulle by ons troue te kon hê. Dit was ‘n ongelooflike lekker partytjie van die begin tot die einde!

Enrico en Marni se Troue soos op www.mooitroues.co.za_0023 Enrico en Marni se Troue soos op www.mooitroues.co.za_0024 Enrico en Marni se Troue soos op www.mooitroues.co.za_0025 Enrico en Marni se Troue soos op www.mooitroues.co.za_0026 Enrico en Marni se Troue soos op www.mooitroues.co.za_0027 Enrico en Marni se Troue soos op www.mooitroues.co.za_0028 Enrico en Marni se Troue soos op www.mooitroues.co.za_0029 Enrico en Marni se Troue soos op www.mooitroues.co.za_0030 Enrico en Marni se Troue soos op www.mooitroues.co.za_0031 Enrico en Marni se Troue soos op www.mooitroues.co.za_0032 Enrico en Marni se Troue soos op www.mooitroues.co.za_0033 Enrico en Marni se Troue soos op www.mooitroues.co.za_0034


Raad vir paartjies wat gaan trou:


Besluit op ‘n tema en kleure en hou daarby. Sit weg die tydskrifte en los Pinterest, anders gaan jy nooit ophou om veranderinge te wil maak nie.  Iets wat ek ook moes aanvaar is dat alles nie altyd presies uitwerk soos wat mens dit wil hê nie, maar gelukkkig weet niemand, behalwe jy, dit nie. Die belangrikste is om te sorg dat dit jou troue is, met jou idees en al die dinge waarvan julle hou as paartjie.

Enrico en Marni se Troue soos op www.mooitroues.co.za_0035 Enrico en Marni se Troue soos op www.mooitroues.co.za_0036 Enrico en Marni se Troue soos op www.mooitroues.co.za_0037 Enrico en Marni se Troue soos op www.mooitroues.co.za_0038 Enrico en Marni se Troue soos op www.mooitroues.co.za_0039 Enrico en Marni se Troue soos op www.mooitroues.co.za_0040 Enrico en Marni se Troue soos op www.mooitroues.co.za_0041

Diensverskaffers: