Dudley & Karisie se verlowing foto’s in ʼn laventel-veld

lavender field engagement shoot

Karisie het haar hart verloor op die laventel velde in Frankryk en droom om dit eendag saam met haar toekomstige man, Dudley, te gaan besoek.  Maar, soos wat al menigmaal aan ons bewys is, kan Suid-Afrika met al sy diversiteit nie mis gekyk word nie!  Die laventel-veld in Pretoria het Karisie en Dudley in die sewende hemel gehad!  ‘Lavender SA’ het tereg gesê: “Laventel verteenwoordig skoonheid, liefde en toewyding.  Dit onderhou ons, genees ons en kalmeer die liggaam en siel.  Elke bloesem wat ontsluit verskaf genade, romanse en passie wat elke aspek van ons bestaan raak.”

Indien jy rondom Pretoria gebaseer is en opsoek is na ʼn unieke idee vir jou verlowing fotosessie, kan jy Karisie en Dudley se verlowing foto’s as inspirasie gebruik om jou eie fotosessie in hierdie prentjie mooi omgewing te reël.

lavender field engagement shoot lavender field engagement shoot lavender field engagement shoot

Die paadjie wat gelei het tot die verlowing:


Ons eerste ontmoeting was so spesiaal!  Nadat ons mekaar jare laas gesien het, het ons mekaar een Woensdagaand weer raakgeloop.  Van daar af het ons liefde onophoudelik geblom!  Ons was drie jaar saam voor hy die groot vraag gevra het.

lavender field engagement shoot lavender field engagement shootlavender field engagement shoot lavender field engagement shoot lavender field engagement shoot

Die groot vraag:


Die verlowing was ‘n groot verassing vir my.  Ons was Mosambiek toe en Dudley het gewag tot op die einde van die vakansie om my te vra om te trou.  Dit was op Nuwejaarsdag –  1 Januarie 2020.  Ons was op ‘n privaat strand met geen persoon in sig!  Hy het my ongeveer 30 meter in die see in op ‘n koraal tafel gevra om sy vrou te wees.  Dit was so spontaan en ek sou dit op geen ander manier wou gehad het nie.

lavender field engagement shoot lavender field engagement shootlavender field engagement shoot lavender field engagement shoot lavender

Hoekom ons mekaar liefhet:


Dudley hou daarvan dat ek avontuurlustig is saam met hom.  Hy dink ek is baie snaaks en oulik.

Ek hou baie van Dudley se spontaniteit en sy lus vir die lewe.  Hy is ‘n man wat baie lief is vir God.

lavender field engagement shoot lavender field engagement shoot lavender field engagement shootlavender field engagement shoot

Tydperk voordat die knoop deurgehak word:


Ons trou dag is op 11 Oktober 2020.  Ons sal dus 9 maande verloof wees voor ons die knoop deurhak.

lavender field engagement shoot lavender field engagement shoot lavender field engagement shoot lavender field engagement shoot

Die verloofring:


Ek het lank terug my verloofring vir Dudley geteken, sodat hy weet waarvan ek eendag sal hou.  Hy het presies daardie ring laat maak by Louie Danielle.  Dis ‘n 0.70 karaat ovaal diamant met ‘n platinum pand.

lavender field engagement shoot lavender field engagement shoot lavender field engagement shoot lavender field engagement shoot lavender field engagement shoot

Rede vir die verlowing fotosessie:


Ons wou verlowing foto’s neem om meer gemaklik voor die kamera te raak voor ons groot dag aanbreek.  Ons wou ook die fotograaf beter leer ken.  Dis ‘n baie spesiale dag en ons het gevoel ons wil die persoon ontmoet en weet wat hulle kan bied voor ons troudag.

lavender field engagement shoot lavender field engagement shoot lavender field engagement shoot lavender field engagement shoot lavender field engagement shoot

Inspirasie agter die verlowing fotosessie:


Ek het ‘n droom om na Frankryk se laventel velde toe te gaan en dié omgewing was die naaste wat ons vir nou in Suid-Afrika kon kry.  Ons verlowings foto’s was by Lavender SA geneem.

lavender field engagement shoot lavender field engagement shoot lavender field engagement shoot lavender field engagement shoot lavender field engagement shoot

Verwagtinge en vrese vir die verlowing tydperk :


Die verwagting was dat trou beplanning net maanskyn en rose sal wees, maar ons het vinnig agtergekom dat troue beplan een van die eerste beproewings is wat ‘n paartjie sal deurgaan voor hulle huwelik.  Ons geniet egter steeds elke oomblik daarvan!

lavender field engagement shoot lavender field engagement shoot lavender field engagement shoot lavender field engagement shoot lavender field engagement shoot lavender field engagement shoot lavender field engagement shoot

Visie vir droomtroue:


Ons gaan by Eco Karoo Lodge in Luckhof trou.  Ons wil ‘n klein intieme troue hê, onder miljoene sterre in die Karoo.

Klik hier vir diensverskaffers