Carlo & Tanita se unieke verlowings fotosessie

Die styl en tema van die verlowing fotosessie is definitief een vir die boeke!

Ons by Mooi Troues is absoluut gek na die maskers wat Carlo en Tanita op hul fotosessie gedra het.  In die kiekies kan ons sommer sien die paartjie is baie kreatief en geniet mekaar se geselskap gevul met pret en lag.

Definitief ‘n fotosessie om na te kyk vir inspirasie.

Vertel ons hoe het julle ontmoet?


Ons het ontmoet op ‘n blinde afspraak, ek was Carlo se metgesel vir ‘n troue in Johannesburg van een van sy vriende.

Ek, Tanita, was aangetrokke tot Carlo se humorsin en hoe ek net heeltemal myself kon wees rondom hom.

Ek, Carlo, was weer aangetrokke tot Tanita oor hoe sy gelyk het en hoe eerlik en opreg sy was op die dag.

Vertel ons meer van julle verlowing?


Ons het verloof geraak in Lesotho Afriski op 22 Julie 2016.  Carlo het die hele naweek wegbreek vir ons beplan in Februarie met die wete dat hy my sou vra om te trou die naweek in Lesotho.  Op die aand van die 22ste het Carlo my geneem na ‘n gevriesde meer en toe net daar op sy een knieg gegaan!  Die verlowing was alles ‘n baie groot verassing omdat ons “beplan” het om verloof te raak in 2017, duidelik het Carlo ander planne gehad!

Vertel ons die inspirasie vir die verlowing fotosessie?


Ons is ‘n baie prettige paartjie en hou nie daarvan om die cliché weergawe van goed te doen nie, daarom het ons gedink om iets te doen wat meer “ons” is.  Ons het eenkeer ‘n aanhaling gelees wat gesê het “kom ons wees saam vreemd” en dis toe dat ons die idee toe gekry het.

Vertel ons wat is jul droom troue?


Ons het net ‘n tydjie gelede ons droomtroue gehad by Snowflake venue in Potchefstroom op die 16de Septeember 2017.  Dit was alles waarvan ons gedroom het.  ‘n Dag vol kos, liefde, familie, vriende en dans.  Ons dekor was baie boheemse sjiek, dit was die perfekte kombinasie tussen industrieel en onaangeraak.

Diensverskaffers