Wayne & Alicia se oulike plaas verlowing

Wayne en Alicia se oulike plaas verlowing het oulike idee vir paartjies wat opsoek is na inspirasie vir hul verlowing fotosessie.  Hierdie paartjie het ‘n oulike verlowing fotosessie gehad met verskillende plaas landskappe.  Jy kan sien Alicia en Wayne het hulself gate uit geniet.  Die fotosessie was informeel en lekker pret.

Omdat verlowing fotosessies meer informeel is as troues, is dit ‘n goeie geleentheid vir paartjies om net hulself te wees voor die kamera.  Verlowing fotosessies is die perfekte geleentheid vir paartjies om gemaklik te raak voor die kamera.  Dit gee jou ook die die kans om jou fotograaf se advies te volg tydens die fotosessie.  Jy kan ook jou fotograaf vrae vra indien jy nie seker is oor iets tydens die fotosessie nie.

As jy jou troue beplan en opsoek is na fantastiese diensverskaffers, besoek Mooi Troues se Trougids.  Geniet die verlowing fotosessie van Wayne en Alicia.

farm engagement farm engagement farm engagement farm engagement farm engagement farm engagement

Die paadjie wat gelei het tot die verlowing:


Ons het die eerste keer op Hoërskool ontmoet toe ons 15 was.  Omdat ons in ‘n klein boere gemeenskap woon in Bronkhorstspruit was dit onvermydelik dat ons by mekaar sou uitkom.  Ons het uitgegaan tot ons klaar studeer het by Tuks.  Toe was Alicia skepe toe vir 2 jaar om die wêreld te sien as ʼn skoonheid-terapeut.

Ons besluit het om ʼn breek te vat tydens die tyd en het ander mense gesien, maar ons padjies was nooit ver uit mekaar nie.   Twee jaar terug toe Alicia besluit het om land lewe weer te doen het ons mekaar weer raak geloop en as vriende gekuier waar die gevoelens weer vlam gevat het.  Ons trek toe einde laas jaar saam in en dis waar Wayne besluit het om toe die vraag te vrae.

farm engagement farm engagement farm engagement farm engagement farm engagement

Die groot vraag:


Wayne het ʼn naweek weg beplan in warmbad begin van Desember 2019 maar het aangedring ons stop oor in Hartbeespoort.  Ons was toe na die Olifant ontmoeting om die diere beter te leer ken, Wayne het alles met die mense gereël en toe gaan hy daar op sy knieg voor so groot Olifant Bul.  Die perfekte moment, waar sy nie kon nee se nie.  Die verlowing was verseker ʼn verassing gewees.

farm engagement farm engagement farm engagement farm engagement farm engagement farm engagement

Tydperk voordat die knoop deurgehak word:


Ons het geen haas om te trou nie, en wanneer ons gaan sal ons seker ʼn klein intieme troue hê … of dalk “elope” ons weet nog nie.

farm engagement farm engagement farm engagement farm engagement farm engagement farm engagement farm engagement

Die verloofring:


Wayne het iets in gedagte gehad maar nadat Wayne ʼn foto op Alicia se foon per ongeluk gesien het van ʼn ring waarvan sy hou, het hy besluit om die ontwerp heeltemal te verander na hoe die ring nou lyk.  Dus die perfekte verassing vir toe hy die groot vraag gevra het.

farm engagement farm engagement farm engagement farm engagement farm engagement farm engagement farm engagement

Inspirasie agter die verlowing fotosessie:


Die Fotograaf ken ek (Alicia) al vir jare.  Ons het saam die eerste keer op skepe ontmoet en haar talent is onmisbaar.  Sy het opgekom met die idee om die fotos op my familie se plaas te doen waar ons altwee die gemaklikste voel, ons is plaas mense deur en deur.  Dit was ʼn fantastiese ondervinding aangesien ons altwee nie van fotos hou nie, het sy dit baie lekker en pret gemaak.

Dit weerspieël saam met haar kunssinnige oog duidelik in die foto’s.  Ons het besluit om die kleredrag ook gemaklik te hou aangesien ons nie mense is vir optof nie.  Ons sal Smoldering Photography weer en weer aan mense voorstel.

farm engagement farm engagement farm engagement farm engagement farm engagement farm engagement farm engagement

Klik hier vir diensverskaffers