Daar is ‘n goeie rede waarom dames altyd ‘n “swart nommertjie” in hul kas moet hê vir ‘n spesiale geleentheid. Die rede hiervoor is omdat swart altyd deftig lyk en gepaard gaan met verskeie kleure. Ons “swart nommertjie,” op Mooi Troues, vandag is nou wel nie ‘n rokkie nie, maar ‘n gestileerde fotosessie wat ons bymekaar gesit het met behulp van KRAAK. Ons wys vir jou hoe om ‘n stylvolle troue in swart te hê.
Dié fotosessie het by Tea Under the Treas in Paarl plaasgevind. Rochelle was ons model en KRAAK was verantwoordelik vir die stilering. ‘n Oor grootte swart fluweel tafeldoek was gebruik om deel te vorm van ons tema wat baie plat op die aarde, maar steeds luuks en elegant voorkom. Die foto’s is deur Günther Schubert geneem en Chantelle Landman het die grimering gedoen. Dié tema is perfek vir die doen-dit-self bruid of jy kan altyd van KRAAK se dienste gebruik om die stres van jou skouers af te haal. Rochelle se pragtige rok is van Victor K.
Diensverskaffers:
- Fotograaf: Günther Schubert
- Tafel Stilering: KRAAK
- Grimering: Chantelle Landman
- Venue: Tea under the Tree’s
- Meubels: Goeters
- Rok: Victor K