Wie sal nié graag hul gunsteling ontwerpte skryfbehoeftes vir hul spesiale dag wil hê nie? Vir baie bruide is die effek van ‘n reliëfdruk pragtig, maar weens die duur aard van hierdié skryfbehoeftes, word dit dikwels afgeskryf.
By White Kite Studio het hulle ‘n oplossing! Deur ‘n stempel te laat maak met ‘n pragtige monogram of illustrasie, kan elke deel van jou skryfbehoeftes ‘n pragtige reliëfmotief uitbeeld.
Hierdié pers is nie so duur om te laat maak nie, en dis ‘n pragtige stempel om te hou. Corine en Jaco het so ‘n stempel laat maak vir hul uitnodigings, maar dieselfde stempel gaan nou ook gebruik word vir die res van hul skryfbehoeftes.
Diensverskaffers:
Skryfbehoeftes: White Kite Studio