Jeremy & Anné se klassieke troudag in Plettenbergbaai

Die mees klassieke bruidspaar, Jeremy en Anné, het vanjaar die knoop by ʼn trouvenue in Plettenbergbaai deurgehak.  Alhoewel hul troudag ʼn klassieke tema gehad het, het Jeremy en Anné se dag werklik rondom liefde en liefde alleen gedraai.  Jeremy en Anné het hul bes gedoen om die dag so stresvry en ontspanne as moontlik te maak.  Anné was van die begin af seker oor wat sy wil hê en was nie tevrede met tweede beste nie.  Hulle het ook klein goedjies gedoen om hulle gaste te vermaak.  Dit het alles bygedra tot ʼn klassieke, prettige en pragtige troudag.

Rol af en geniet die trou-inspirasie.

wedding in plettenberg wedding in plettenberg wedding in plettenberg wedding in plettenberg wedding in plettenberg wedding in plettenberg

Julle troudatum en Ouderdom van paartjie op troudag?


Ons klassieke troudag in Plettenbergbaai het op 16 Februarie 2019 plaasgevind.  Jeremy was 30 en ek (Anné) was 29.

wedding in plettenberg wedding in plettenberg wedding in plettenberg wedding in plettenberg wedding in plettenberg wedding in plettenberg wedding in plettenberg wedding in plettenberg

Vertel ons meer oor hoekom die bruid haar spesifieke trourok gekies het?


Ek was opsoek na iets uniek, maar steeds elegant.  Ek het die perfekte rok by “The Wedding Boutique” in Woodstock, Kaapstad gekry.  Die ontwerper, Vagabond Bridal, se reeks was buitengewoon en presies wat ek ingedagte gehad het.  My ouers was albei saam toe ek die rook aangepas het en hulle was mal daaroor.  Ons het dadelik geweet dit is dié rok!

wedding in plettenberg wedding in plettenberg wedding in plettenberg wedding in plettenberg wedding in plettenberg wedding in plettenberg wedding in plettenberg wedding in plettenberg

Hoe het julle mekaar ontmoet en wie het wie gevra om te trou?


Ons het in Julie 2014 deur ‘n gemeenskaplike vriend ontmoet.  Ons was vir ses maande slegs vriende voordat ons besluit het om in ‘n ernstige verhouding te gaan.

Op 21 Maart 2018 het Jeremy op een knie gegaan en gevra of ek die res van my lewe met hom sal spandeer.  Dit was op my 29ste verjaarsdag by Arabella in Kleinmond.  Dit was vir my ‘n groot verassing!  Ek het eers ‘n paar minute gekort om oor die skok te kom voordat ek kon ja sê.  Van daar af het ons nooit weer terug gekyk nie.  Ons is baie gelukkig!

wedding in plettenberg wedding in plettenberg wedding in plettenberg wedding in plettenberg wedding in plettenberg wedding in plettenberg wedding in plettenberg

Wat was die merkwaardigste oomblik van dié dag en wat sou julle verander indien moontlik?


Daar is so baie oomblikke wat vir ons uitstaan.  Die buitenste gedeelte van die venue was verlig met fairy lights en ons van, “Die Osbornes” het op die water geskyn.  Daar was malvalekkers en koekies wat ons gaste elfuur die aand kon geniet terwyl almal lekker rustig kuier.  Ons het ook ‘n vonkel afskeid gehad waaraan al die gaste deelgeneem het.  Dit was ‘n betowerende oomblik om onderdeur al die vonkels te loop!  Al hierdie oomblikke was vir ons baie spesiaal.

Die enigste ding wat ek wel sou verander is die dekor.  Die dame wat die venue besit, het ook die dekor gedoen.  Sy het nooit geluister na wat ek wil hê nie en die dekor het nie gelyk soos wat ek dit wou gehad het nie.

wedding in plettenberg wedding in plettenbergwedding in plettenberg wedding in plettenberg wedding in plettenberg wedding in plettenberg wedding in plettenberg wedding in plettenberg wedding in plettenberg wedding in plettenberg wedding in plettenberg wedding in plettenberg wedding in plettenberg wedding in plettenberg

Vertel ons meer van jul ringe.


Jeremy het ‘n eenvoudige goue ring wat hy by sy pa geërf het.  Ek het “love you always” daarin laat ingraveer.  My ring is witgoud met ‘n ovaalvorm diamant met vier kloutjies.  Ek wou weereens iets buitengewoon gehad het en ek was nog altyd mal oor ‘n ovaalvorm.  Jeremy het my ring gekies en ontwerp.  Die pand is gevul met klomp klein diamantjies om die enkele ovaal diamant te beklemtoon.

wedding in plettenberg wedding in plettenberg wedding in plettenberg wedding in plettenberg wedding in plettenberg wedding in plettenberg wedding in plettenberg

Vertel ons meer oor die fotograaf en videograaf


My ma het ons fotograaf, Michelle, en haar man, Jaco, voorgestel.  Hulle het ‘n baie sagte, natuurlike en elegante styl wat ons baie beïndruk het.

wedding in plettenberg wedding in plettenberg wedding in plettenberg wedding in plettenberg wedding in plettenberg wedding in plettenberg wedding in plettenberg

Vertel ons meer van jul Wittebrood


Jeremy het die hele wittebrood beplan en besluit dat ons Viëtnam toe moet gaan.  Dit was wonderlik!  In plaas van ʼn tipiese rustige vakansie, was ons skedule propvol avonture.  Ons het herinneringe gemaak wat ons verewig sal koester.

wedding in plettenberg wedding in plettenberg wedding in plettenberg wedding in plettenberg wedding in plettenberg

Hoe het julle die venue gekies en wat was die inspirasie vir jul dekor?


Ek het in Plettenbergbaai grootgeword en wou nog altyd daar trou.  Jeremy hou ook baie van Plettenbergbaai, so ons het saam besluit om vir ‘n venue in die area te soek.  Ons het na die Bosky Dell Rose Pavilion gaan kyk.  Toe ons instap het ons albei geweet dís waar ons klassieke troudag in Plettenbergbaai moet plaasvind.

Vir die dekor wou ons ‘n skoon, klassieke styl met effens swart hê.  Ons is ook mal oor wit rose en lelies en wou dit graag in die dekor inkorporeer.

Bosky Dell Farm & Rose Garden Bosky Dell Farm & Rose Garden Bosky Dell Farm & Rose Garden Bosky Dell Farm & Rose Garden Bosky Dell Farm & Rose Garden

Wat was jul begroting en hoe het julle daarby gehou? Hoeveel gaste het julle onthaal?


Ons het in totaal 172 gaste onthaal.  Ons het alle moontlike kontakte gebruik om kostes te sny en te spaar waar ons kan.  Dit het meer gehelp as wat ons op daardie tyd besef het!  Ons het min of meer R250 000 spandeer.

Bosky Dell Farm & Rose Garden Bosky Dell Farm & Rose Garden Bosky Dell Farm & Rose Garden wedding in plettenberg wedding in plettenberg wedding in plettenberg wedding in plettenberg wedding in plettenberg wedding in plettenberg wedding in plettenberg

Vertel ons meer oor jul eerste dans


Ons wou iets buitengewoon en prettig doen vir ons eerste dans.  Ons het vir dans klasse in Kaapstad gegaan. Frank Sinatra se L.O.V.E. het eerste begin speel.  Daarna het dit oorgeskakel na Mango Groove se Special Star, wat oorgevloei het in Duck Sauce se It’s You.  Uiteindelik het ons geïndig met Galantis se Peanut Butter Jelly.  Ons gaste was mal daaroor omdat hulle dit glad nie verwag het nie.

wedding in plettenberg wedding in plettenberg wedding in plettenberg

Wat is jul advies aan ander paartjies wat besig is om hul troue te beplan?


Vir die dames: Geniet die hele proses en probeer om alles in te neem; Dit gaan só vinnig verby.  Dit help nie om onnodig te stres nie.

Vir die mans: Ondersteun jou vrou soveel as wat jy kan en probeer om te help haar waar jy kan.  Dit sal die wêreld vir haar beteken en dit sal beslis julle verhouding versterk.

wedding in plettenberg wedding in plettenberg wedding in plettenberg

Klik hier vir meer diensverskaffers

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers: