Lyall & Samantha se reis verlowing fotosessie

Vandag deel ons ʼn verlowings fotosessie wat geïnspireer is deur die gees van toer.  Hierdie paartjie het ʼn gedeelde liefde daarvoor om die wêreld te sien en nuwe dinge te ontdek op die rit.  Die fotosessie is kreatief en stylvol en beeld die paartjie se lus vir lewe uit.  Lees onder die paartjie se interessante pad saam, hoe hulle ontmoet het asook die droomdag wat hulle besig is om te beplan.  Die paartjie sal inspirasie gee aan ander paartjies wat ook ʼn manier soek om hul liefde vir reis te kombineer in hul groot dag.

Hoe het julle ontmoet?


Ons het ontmoet by Walt Disney se Disney World na werk.  Alle werknemers het een bus gebruik om by die werk te kom.  Dit was my eerste dag van werk en die bus was heeltemal vol gewees teen die tyd wat ek daar aangekom het.  Behalwe vir een sitplek – toevallig die een wat reg langs Lyall se sitplek was!  Ek het onmiddellik vir sy sjarme geval!  Hy was aangenaam en al was dit ses uur die oggend het hy my uitgevra oor myself.  Ons het die hele 45minute lank gesels op pad werk toe.  Lyall het altyd gesê dat die eienskappe wat hom aangetrokke tot my gemaak het was my glimlag en my speelse en avontuurlustige persoonlikheid.

Hoe het julle verloof geraak?


Ons verlowing was ‘n totale verassing gewees.  My naaste familie het na Suid-Afrika getoer vir die eerste keer sedert Desember 2015.  Ek was baie opgewonde om vir hulle die ongelooflike land waarop ek verlief geraak het te wys.  Na ‘n paar dae in Suid-Afrika het ons ‘n nuwejaar partytjie bygewoon wat Lyall se ouers gehou het.  Daar was heelwat mense wat genooi is na die partytjie.  Lyall het gewoonlik wanneer familie en vriende oorkom ‘n paar woorde gesê en dus was dit nie vreemd toe hy opstaan om ‘n toespraak te lewer nie.  Ek het langs hom gestaan toe hy begin praat, die toespraak het van ‘n oujaar aand heildronk omswaai na ‘n verlowing!  Ek het onmiddellik tranerig gevoel.  Ek was so gelukkig en verras gewees dat ek amper nie eers die ja-woord kon uiter nie!

Daarna was hy boonop nog dieper in my goeie boekies toe hy vertel dat hy ook my oupa, wat my beste maatjie is, gebel het om permissie te vra.   Dit was absoluut die verlowing van my drome voor al ons geliefdes!

reis verlowing

Wat was die inspirasie vir die fotosessie?


Die inspirasie vir ons fotosessie is afkomstig van ons liefde vir toer en avontuur.  Ons wil nog so baie plekke sien en besoek rondom die wêreld en aanhou om avonture saam te ervaar.  Susan du Toit is uitmuntend in haar werk.  Sy het ons hele visie vasgevang in die agtergrond asook al die fotos. Ons wou graag ‘n toer-tema hê, maar in ‘n manier wat elegant oorkom.  Ons was onlangs Europa toe en het redelik baie daar getoer, ons sal baie graag 30 voor 30 jaar wil doen!   Dit het ons gunsteling aktiwiteit geword om as ‘n paartjie te doen.  Dis lekker dat ons saam kan wees en mekaar se drome kan ondersteun.

reis verlowing reis verlowing

Hoe lyk jul droom troue?


Ons droom troue is tans besig om te realiseer.   Ons gaan trou by Oxbrow  Desember 2017 en is ongelooflik opgewonde dat baie van die familie vanaf my kant reeds hul vliegtuig kaartjies geboek het!  Lyall het eintlik die venue gekies, maar het ‘n uitstekende plek vir ons gekry!  Ons wil beide ‘n troue hê wat meerendeels groenigheid gebruik in plaas van blomme.  Ons het daarna ook saam besluit op lig blou as die hoof kleur en die res is geskiedenis. Tegnies het ons ‘n bestemmings’troue vir my deel van die familie, vir hulle gaan dit ‘n ongelooflike lekker ervaring wees!  Ons droom troue was van die begin af vir ons ‘n dag gewees wat gevul sou word met ons familie wat saam met ons dans en die aand kan geniet.  Die belangrikste vir ons is om getroud te wees en om die aand te kan geniet!reis verlowing

Klik hier vir diensverskaffers

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers: