Mynhardt & Azél se verlowing

Vandag wys ons vir julle Mynhardt en Azél se verlowingsfoto’s. Hulle fotosessie het in verskeie dele van Die Tuine in Kaapstad plaasgevind en die fotograaf agter die kamera was Adele Kloppers.

Ons waardeer altyd fotosessies soos hierdié. Die paartjie kom baie gemaklik voor en geniet duidelik elke oomblik van hulle dag.

cp_0002 cp_0003 cp_0004

Hoe het julle ontmoet?

Mynhardt is ‘n ou vriend van my broer en ons het al byna 11 jaar gelede vir mekaar ogies gemaak, maar die tyd was nie reg vir ons nie. Ons lewens het hul aparte paadjies geloop, maar ons paadjies het weer so 3 jaar gelede gekruis. Ons het vir ‘n jaar en ‘n half die langafstand ding gedoen en genadiglik toe saam in die Kaap beland.

 Wanneer het julle verloof geraak en hoe?

Ons het Junie 2013 verloof geraak op n plaas buite Kenhardt in die Noord-Kaap. Mynhardt het vir my “boesmantekeninge” op ‘n klipkoppie op die plaas gaan wys met die vraag: “Sal jy met my trou?” op die rotse geskribbel. Ons het daarna die mooiste sonsondergang met ‘n bottel vonkelwyn beleef en die nuus oorgedra aan die res van die familie wat ‘n paar kilometer verder om die kampvuur gekuier het. Wat n spesiale, onvergeetlike tyd vir ons as ‘n paartjie en ons families.

cp_0005 cp_0006 cp_0007 cp_0008 cp_0009 cp_0010 cp_0011 cp_0012 cp_0013 cp_0014 cp_0015 cp_0016

Wanneer beplan julle om te trou?

 Ons het 12 April 2014 getrou by In the Vine op die R44 naby Somerset-Wes.

Wat is julle droom troue?

Ons droomtroue sou ‘n groot affêre wees met baie familie en vriende. Gemaklik, gelukkig en vol pret (dit was!) Ons seremonie was buite, met Helderberg as agtergrond. Ons het putt-putt en croquet gehad vir die gaste en daarna ‘n wonderlike bruilofsfees in die onthaalsaal.

cp_0017


Diensverskaffers:

Fotograaf: Adele Kloppers