Regardt & Deidré se troue

Ons kyk vandag na Regardt en Deidré se troue wat by Groenrivier in Riebeeck-Wes plaasgevind het. Deesdae maak tegnologie dit maklik om kontak te hou, selfs al woon geliefdes nie eers op dieselfde kontinent nie.

Die weer het ook glad nie in Regardt se pad gestaan toe hy vir Deidré gevra het om hom die gelukkigste man in die wêreld te maak nie.

Lees meer oor Regardt en Deidré se liefdesverhaal.

Regardt & Deidre se troue soos gesien op Mooi Troues_0001 Regardt & Deidre se troue soos gesien op Mooi Troues_0002 Regardt & Deidre se troue soos gesien op Mooi Troues_0004 Regardt & Deidre se troue soos gesien op Mooi Troues_0005

Hoe het julle die eerste keer ontmoet?


My broer het ‘n braai gehou en ons was albei genooi.  Ons was voorgestel en het begin praat en toe ons weer ons self kon kry was die aand om en ons was nogsteeds besig om te gesels.  Ons het mekaar eers weer ‘n maand daarna by my broer se troue gesien. Regardt het vir ‘n maand Europa deur getoer en terwyl hy daar was het hy kontak met my begin maak.  Hy het my met sy terugkeer gevra om hom te ontmoet vir ‘n koffie.

Regardt & Deidre se troue soos gesien op Mooi Troues_0006 Regardt & Deidre se troue soos gesien op Mooi Troues_0007

Hoe het julle verloof geraak?


Regardt het my vir ontbyt gevat na ‘n baie oulike restaurantjie op ‘n plaas in Franschhoek.  Hy het vir my gesê hy het nog twee verrassings vir die dag beplan.  Na ontbyt het ons die Franschhoek pas uitgery en hy het skielik afgetrek by ‘n uitkyk punt.  Dit het begin reën en hy het gesê ek moet in die motor wag en toe verdwyn hy.  Hy het my deur kom oopmaak en my ‘n bos blomme gegee en weer verdwyn. Dié keer het hy met ‘n bottel sjampanje en glase terug gekom en vir my gesê ons gaan dit vir later nodig hê.  Die laaste keer toe hy terugkom het hy ‘n swart boksie voor my oopgemaak en die mooiste ring het na my gekyk.  Dit is toe wat hy my vra of ek hom die gelukkigste man sal maak en die res van my lewe saam met hom sal spandeer.  Die trane het net so hart soos die reën geval en ek het ‘ja’ gese.

Regardt & Deidre se troue soos gesien op Mooi Troues_0008 Regardt & Deidre se troue soos gesien op Mooi Troues_0009 Regardt & Deidre se troue soos gesien op Mooi Troues_0010 Regardt & Deidre se troue soos gesien op Mooi Troues_0011

Hoe lank was julle saam voor jul getrou het?


Ons was twee jaar en drie maande saam voor ons getrou het.

Regardt & Deidre se troue soos gesien op Mooi Troues_0012 Regardt & Deidre se troue soos gesien op Mooi Troues_0013 Regardt & Deidre se troue soos gesien op Mooi Troues_0014 Regardt & Deidre se troue soos gesien op Mooi Troues_0015 Regardt & Deidre se troue soos gesien op Mooi Troues_0016 Regardt & Deidre se troue soos gesien op Mooi Troues_0017 Regardt & Deidre se troue soos gesien op Mooi Troues_0018 Regardt & Deidre se troue soos gesien op Mooi Troues_0019 Regardt & Deidre se troue soos gesien op Mooi Troues_0020 Regardt & Deidre se troue soos gesien op Mooi Troues_0021 Regardt & Deidre se troue soos gesien op Mooi Troues_0022 Regardt & Deidre se troue soos gesien op Mooi Troues_0023 Regardt & Deidre se troue soos gesien op Mooi Troues_0024

Advies wat julle aan ander paartjies kan gee?


Geniet elke oomblik van die beplanning en die saam werk aan die troue.  Maak gebruik van familie en vriende wat bereid is om te help en verlig so die druk van julle self.  Gee genoegtyd vir al die beplanning.  By die troue – maak tyd om oomblike van julle troue saam te ervaar en in te neem.  Geniet hierdie spesiale dag en die begin van julle nuwe lewe saam.

Regardt & Deidre se troue soos gesien op Mooi Troues_0025 Regardt & Deidre se troue soos gesien op Mooi Troues_0026 Regardt & Deidre se troue soos gesien op Mooi Troues_0027 Regardt & Deidre se troue soos gesien op Mooi Troues_0028 Regardt & Deidre se troue soos gesien op Mooi Troues_0029 Regardt & Deidre se troue soos gesien op Mooi Troues_0030 Regardt & Deidre se troue soos gesien op Mooi Troues_0031 Regardt & Deidre se troue soos gesien op Mooi Troues_0032 Regardt & Deidre se troue soos gesien op Mooi Troues_0033 Regardt & Deidre se troue soos gesien op Mooi Troues_0034 Regardt & Deidre se troue soos gesien op Mooi Troues_0035 Regardt & Deidre se troue soos gesien op Mooi Troues_0036 Regardt & Deidre se troue soos gesien op Mooi Troues_0037 Regardt & Deidre se troue soos gesien op Mooi Troues_0038 Regardt & Deidre se troue soos gesien op Mooi Troues_0039 Regardt & Deidre se troue soos gesien op Mooi Troues_0040 Regardt & Deidre se troue soos gesien op Mooi Troues_0041 Regardt & Deidre se troue soos gesien op Mooi Troues_0042 Regardt & Deidre se troue soos gesien op Mooi Troues_0043

Lys van al julle diensverskaffers:


Fotograaf: Herman Agenbag Photography | Blomme en tafeldekor: Lindie du Plessis van Fynbosch Flora
Dekor – my suster Madeleine | Venue: GroenrivierRiebeekWes | Spyseniering: Malita Joubert Spyseniering
Troukoek: Lente Ballard | Trourok: Elizabeth Stockenstrom | Grimering: Brenjin Bester
Hare: Elzé Pengilly | Platejoggie: Sound Synergy | Musikante: Acoustic Element
Strooimeisie se rokke: Jacoba clothing | Bruidegom en strooijonkers se pakke: Top Hat Suit Hire