ʼn Romantiese wegbreek na Sky Villa Boutique Hotel

ʼn Romantiese wegbreek na die vyfster Sky Villa Boutique Hotel in Plettenbergbaai is al wat jy nodig het om uitgerus en ontspanne te voel.  Sky Villa Boutique Hotel is geleë op ʼn heuwel met pragtige uitsigte oor Plettenbergbaai se dorp, die Keurboomsrivier en die see.  Plettenbergbaai is ʼn populêre bestemming vir vakansiegangers, wittebrood en troues.  Met sóveel om te doen in die die Tuinroete, sal jy definitief ʼn fees hê.  Sky Villa Boutique Hotel is bekend vir hul luuksheid en vriendelike gasvryheid.

By Sky Villa Boutique Hotel sal jy tuis voel terwyl jy jou energie herlaai en vergeet van die stad se gejaag.  Dit is die perfekte romantiese wegbreek plek vir paartjies wat opsoek is na ʼn plek waar hul kwaliteit tyd saam kan spandeer.  Of jy langs die swembad wil lê met ʼn skemerkelkie in die hand en die Afrika sonlig geniet of ʼn romantiese ete, Sky Villa Boutique Hotel sal al jou boksies op jou lys aftik.  Die Boetiekhotel is ook sentraal geleë en slegs ʼn paar minute se ry vanaf meeste toerisme bestemmings.

As jy nog nie getrou het nie en opsoek is na ʼn trou venue in die Tuinroete, dan moet Sky Villa bo aan jou  lys moet wees.  Dit is die perfekte trou bestemming.  Rol af om meer te lees oor Sky Villa Boutique Hotel en wat hierdie pragtige bestemming jou kan bied.

Sky Villa Boutique Hotel, Plettenberg Bay Sky Villa Boutique Hotel, Plettenberg Bay Sky Villa Boutique Hotel, Plettenberg Bay Sky Villa Boutique Hotel, Plettenberg Bay Sky Villa Boutique Hotel, Plettenberg Bay Sky Villa Boutique Hotel, Plettenberg Bay

Verblyf:


By Sky Villa Boutique Hotel sal jy ʼn luukse vyfster ervaring hê in hul suites en kamers.  Met in-kamer fasiliteite soos ʼn Televisie met DSTV, Netflix en Showmax, Wi-Fi, Nespresso masjien, koffie-en-tee maak geriewe en vele meer.   Onder vertel ons meer in detail oor die verblyf opsies by Sky Villa Boutique Hotel:

Berg- of See Uitsig Kamers en Deluxe Suites:

Sky Villa Boutique Hotel het ʼn opsie van ʼn Berg of See uitsig kamers, of hul Deluxe Suites.  Al hul kamers en suites het ʼn koninggrootte bed vir jou gemak.  ʼn Luukse en-suite badkamer met ʼn stort, verhitte handdoekreëlings en ondervloerse verhitting.  Die kamer het ʼn privaat balkon met lieflike uitsigte.

Presidensiële en Wittebrood Suite:

Die Presidensiële Suite, asook die Wittebrood Suite, is ʼn ruim luukse kamer met ʼn koninggrootte bed, oopplan leef area en ʼn kaggel.  ʼn Luukse en-suite badkamer met ʼn luukse bad, ʼn stort, verhitte handdoekreëlings en ondervloerse verhitting.  Die Presidensiële Suite het ook ʼn ruim privaat balkon met pragtige see uitsigte.

Sky Villa Boutique Hotel, Plettenberg BaySky Villa Boutique Hotel, Plettenberg Bay Sky Villa Boutique Hotel, Plettenberg Bay Sky Villa Boutique Hotel, Plettenberg Bay Sky Villa Boutique Hotel, Plettenberg Bay Sky Villa Boutique Hotel, Plettenberg BaySky Villa Boutique Hotel, Plettenberg Bay Sky Villa Boutique Hotel, Plettenberg Bay

Trou by Sky Villa Boutique Hotel:

ʼn Troue by die vyfster Sky Villa Boutique Hotel is ʼn wêreldklas ervaring wat jy nooit sal vergeet nie.  Die uitsigte oor die Indiese Oseaan, Tsitsikamma Berge en die Keurboomsrivier is asemrowend.

Daar is oorgenoeg verblyf vir jou trougaste.  Sky Villa se 14 suites en kamers kan altesaam 28 mense slaap.  Dan is daar hul suster eiendom, The Bungalow, wat nog 14 mense kan slaap.  Vervoer tussen die twee eiendomme is beskikbaar.

Hulle kan 120 gaste onthaal.  Groter troues kan gedoen word in hul versorgde tuin, maar ʼn markiestent of tent sal benodig word.

Trou Pakket aanbod:

Vanaf 1 April 2022 tot 30 September 2022 het Sky Villa ʼn eksklusiewe pakket beskikbaar teen slegs R 45,000.00.  Onder is ʼn beskrywing van wat ingesluit en uitgesluit is by dié pakket:

Ingesluit in die trou pakket aanbod:
Akkommodasie en ontbyt vir 26 gaste wat deel.
Een nag se verblyf vir die getroude paartjie in hul Presidensiële Suite.
Eksklusiewe gebruik van Sky Villa se trouvenue.
Glasware, breekware en eetgerei vir 80 gaste.
Kroeg spasie en kroeg personeel.

Terme en Bepalings Geld.  Kontak Sky Villa Boutique Hotel direk vir meer inligting hieroor.

Indien jy in Desember maand wil trou, onderhewig aan ʼn minimum verblyf van drie nagte/twee dae eksklusiewe gebruiksfooi.

Kontak hul direk oor meer inligting van hul troupakkette, stuur ʼn e-pos of besoek hul webtuiste.  Jy kan hul ook telefonies kontak by 087 550 2967.

Sky Villa Boutique Hotel, Plettenberg Bay Sky Villa Boutique Hotel, Plettenberg Bay Sky Villa Boutique Hotel, Plettenberg Bay Sky Villa Boutique Hotel, Plettenberg Bay

Restaurant en Kroeg:


Die Restaurant by Sky Villa Boutique Hotel:

Vir die kos liefhebbers is daar verskillende opsies om van te kies.  Die restaurant by Sky Villa Boutique Hotel is ontwerp om die beste van die omliggende uitsigte te maak.  Almal hou van heerlike kos wat voorberei is met passie en baie liefde.  Dit is presies wat jy by hierdie restaurant sal ervaar.  Disse wat passievol beplan is om ʼn smaak ontploffing in jou mond te hê.  ʼn Heerlike dis saam met ʼn groot verskeidenheid drankie opsies.

Al hul kosse word gemaak met die varsste bestanddele.  Van hul kruie en groente kom uit hul eie tuin.  Ander bestanddele word plaaslik verkry van betroubare bronne.  So kan hulle ʼn fantastiese kulinêre ervaring waarborg en definitief een van die beste kulinêre ervarings in die Tuinroete.

Hulle het ʼn redelike groot spyskaart en wynlys beskikbaar.  Daar is iets vir almal se kos smaak.

Die restaurant is ook oop vir die publiek, so as jy nie oorbly by Sky Villa nie, is jy meer as welkom om jou ete te bespreek.  Hulle is oop vir ontbyt, middag- en aandete.  Waarvoor wag jy?  Kontak hulle nou om jou plek te bespreek.

Twee kroeg opsies:

Jy kan van twee verskillende kroeg opsies kies.  Die grondvloer kroeg is naby die swembad area en het ook ʼn televisie om sport te kyk.  Sky Bar is geposisioneer om klem te lê op die mooi uitsigte.  Geniet ʼn skemerkelkie langs die swembad, terwyl jy die sonsak geniet.  Dit gaan alles oor die natuurskoon om jou en om die oomblik saam met jou geliefde te koester.

Sky Villa Boutique Hotel, Plettenberg Bay Sky Villa Boutique Hotel, Plettenberg Bay Sky Villa Boutique Hotel, Plettenberg Bay Sky Villa Boutique Hotel, Plettenberg BaySky Villa Boutique Hotel, Plettenberg Bay Sky Villa Boutique Hotel, Plettenberg Bay Sky Villa Boutique Hotel, Plettenberg Bay Sky Villa Boutique Hotel, Plettenberg Bay Sky Villa Boutique Hotel, Plettenberg Bay Sky Villa Boutique Hotel, Plettenberg Bay Sky Villa Boutique Hotel, Plettenberg Bay Sky Villa Boutique Hotel, Plettenberg Bay Sky Villa Boutique Hotel, Plettenberg Bay

Fasiliteite en Aktiwiteite:


Sky Villa se gaste kan gebruik maak van die volgende fasiliteite:
  • Volledig toegeruste gimnasium.
  • Sky/Zen-swembad.
  • Wynkelder.
  • Versorgde tuine vir ontspanning.
Aktiwiteite beskikbaar by Sky Villa sluit die volgende in:
  • Dagbreek of Sonsondergang groep Joga klasse.  Hierdie Joga klasse is toeganklik vir alle gaste met enige vlak Joga ondervinding.
  • Privaat Joga- en fiksheid sessies, as ook Joga op die strand en Joga vir kinders, is ook aan gaste beskikbaar.  Hierdie opsies is slegs beskikbaar op aanvraag.
  • Klik hier om meer te lees oor hul Joga opsies.
Aktiwiteite in die omliggende gebied sluit in:
  • Diere-besienswaardighede
  • Strand
  • Voëlkyk
  • Bootvaart
  • Fietsry
  • Visvang
  • Gholf
  • Kajak
  • Wandelpaaie
  • Restaurante
  • Inkopies
  • Sonbad
  • Watersport soos branderplankry en ander.
  • Walvis kyk.

Sky Villa Boutique Hotel, Plettenberg Bay Sky Villa Boutique Hotel, Plettenberg Bay Sky Villa Boutique Hotel, Plettenberg Bay Sky Villa Boutique Hotel, Plettenberg Bay Sky Villa Boutique Hotel, Plettenberg Bay Sky Villa Boutique Hotel, Plettenberg Bay

Meer oor Raw Africa Boutique Collection:


Raw Africa Boutique Collection is ʼn boetiek versameling van hotelle en villas in die Wes-Kaap.  Hul hotelle is geleë in Kaapstad, Kaapse Wynlande, Stellenbosch, die Tuinroete en ook in Plettenbergbaai.  Al hul bestemmings is naby populêre toerisme besienswaardighede geleë.  Klik hier om meer te lees oor Raw Africa Boutique Collection se hotel en villa versameling.

Sky Villa Boutique Hotel, Plettenberg Bay Sky Villa Boutique Hotel, Plettenberg BaySky Villa Boutique Hotel, Plettenberg Bay Sky Villa Boutique Hotel, Plettenberg Bay Sky Villa Boutique Hotel, Plettenberg Bay Sky Villa Boutique Hotel, Plettenberg Bay Sky Villa Boutique Hotel, Plettenberg Bay Sky Villa Boutique Hotel, Plettenberg Bay Sky Villa Boutique Hotel, Plettenberg Bay

Bespreek jou wegbreek na Sky Villa:


Boek jou wegbreek of troue by Sky Villa Boutique Hotel in Plettenbergbaai.  Kontak hul telefonies op 087 550 2967.  Jy kan hulle ook ʼn e-pos stuur of hul webtuiste besoek om jou wegbreek of troue te boek.   Vir troues kan jy hul profiel op Mooi Troues besoek deur hier te klik.

Wil jy meer sien?  Volg Sky Villa Boutique Hotel op Facebook en Instagram.

Sky Villa Boutique Hotel, Plettenberg Bay Sky Villa Boutique Hotel, Plettenberg Bay Sky Villa Boutique Hotel, Plettenberg Bay Sky Villa Boutique Hotel, Plettenberg Bay Sky Villa Boutique Hotel, Plettenberg Bay Sky Villa Boutique Hotel, Plettenberg Bay Sky Villa Boutique Hotel, Plettenberg Bay Sky Villa Boutique Hotel, Plettenberg Bay

Artikel Krediet: