Ben & Melissa se plaastroue

Ben was ‘n ware heer die aand toe hy vir Melissa ontmoet het deur sy baadjie vir haar aan te bied op ‘n baie koue winter aand, die gebaar het gelei dat ons die mooi plaas troue van hulle met ons lesers kan deel.

Ons hou baie van die identiese Chevron Materiaal japonne wat die 6 strooimeisies aangehad het terwyl al die dames se grimering en hare gedoen word voor die seremonie.

Ben kon ook nie sy oe glo toe  hy Melissa in die kansel gang sien afloop met ‘n asemrowende mooi rok aan nie.

Die paartjie se liefde is gevier in ‘n lokaal wat alles wit dekor ingehad het wat ‘n skoon, vars gevoel afgee.

Melissa en Ben_0002 Melissa en Ben_0003 Melissa en Ben_0004 Melissa en Ben_0005 Melissa en Ben_0006 Melissa en Ben_0007 Melissa en Ben_0008 Melissa en Ben_0009 Melissa en Ben_0010 Melissa en Ben_0011 Melissa en Ben_0012 Melissa en Ben_0013 Melissa en Ben_0014 Melissa en Ben_0015 Melissa en Ben_0016 Melissa en Ben_0017 Melissa en Ben_0018


Hoe het julle die eerste keer ontmoet?

Ons het in 2006 op ‘n koue winternag by ‘n vriend se partytjie ontmoet.  Dit was ‘n yslike koue wintersaand in Johannesburg en ek het gebibber van die koue.  ‘n Aantreklike jong man het na my toe gestap en sy baadjie vir my kom gee om te dra.  Daardie aand het ons liefdes wandel af geskop en ons avontuur saam begin.

Ons glo met opregte harte dat ons onvoorwaardelike liefde vir mekaar die rede is dat ons vandag is waar ons is.  Met groot opgewondenheid begin ons ons toekoms saam en sien uit vir wat die lewe vir ons inhou. Liefde wen altyd!


Melissa en Ben_0019 Melissa en Ben_0020 Melissa en Ben_0021 Melissa en Ben_0022 Melissa en Ben_0023 Melissa en Ben_0024 Melissa en Ben_0025 Melissa en Ben_0026 Melissa en Ben_0027 Melissa en Ben_0028


Hoe het julle verloof geraak?

Ons deel ‘n groot liefde vir Mosambiek. Dis waar ons siele kan rus en ons harte weer juig.  Bennie het die groot vraag op ‘n pragtige sonnige dag gevra terwyl ons kaalvoet langs die strand ‘n lopie geniet het.  Geen woorde kon daardie oomblik beskryf nie. Dit was ‘n oomblik in tyd wat stil gestaan het, dit was absoluut perfek.


Melissa en Ben_0029 Melissa en Ben_0030 Melissa en Ben_0031 Melissa en Ben_0032 Melissa en Ben_0033 Melissa en Ben_0034 Melissa en Ben_0035 Melissa en Ben_0036 Melissa en Ben_0037 Melissa en Ben_0038 Melissa en Ben_0039 Melissa en Ben_0040 Melissa en Ben_0041 Melissa en Ben_0042 Melissa en Ben_0043


Hoe lank was julle saam voor jul getrou het?

Ons het Desember 2014 verloof geraak en elf maande later het ons trou aan mekaar beloof. Dit was een ongelooflike ervaring om saam ons troue en toekoms te beplan. Ons het elke oomblik daarvan gekoester, baie van mekaar geleer en saam as ‘n paartjies gegroei in daardie tyd. Alles was in oorvloed geseënd en ons is opreg dankbaar vir almal wat in ons droom dag kon deel.


Melissa en Ben_0044 Melissa en Ben_0045 Melissa en Ben_0046 Melissa en Ben_0047 Melissa en Ben_0048 Melissa en Ben_0049 Melissa en Ben_0050 Melissa en Ben_0051 Melissa en Ben_0052 Melissa en Ben_0053 Melissa en Ben_0054 Melissa en Ben_0055 Melissa en Ben_0056 Melissa en Ben_0057 Melissa en Ben_0058


Advies wat julle aan ander paartjies kan gee?

Maak God die middelpunt van julle huwelik. Koester mekaar in elke oomblik wat julle tyd saam spandeer want elke dag is net genade van Bo. Wees opreg teenoor mekaar, gee mekaar spasie om te groei in die huwelik en die belangrikste is om mekaar elke dag onvoorwaardelik lief te hê. Die liefde is kosbaar, waardeer dit!


Melissa en Ben_0059 Melissa en Ben_0060 Melissa en Ben_0061 Melissa en Ben_0062 Melissa en Ben_0063 Melissa en Ben_0064 Melissa en Ben_0065 Melissa en Ben_0066 Melissa en Ben_0067 Melissa en Ben_0068 Melissa en Ben_0069 Melissa en Ben_0070 Melissa en Ben_0071 Melissa en Ben_0072 Melissa en Ben_0073 Melissa en Ben_0074 Melissa en Ben_0075 Melissa en Ben_0076

Diensverskaffers: