Eggenoot 1: nika_.kruger
Conrad en Nika se vrolike en stylvolle troue was ʼn pragtige weerspieëling van hoe lewendige kleure en moderne minimalisme harmonieus kan saamvloei. Die paartjie het hul liefde by Venue Nouveau in Pretoria gevier. Hierdie troue venue was die perfekte agtergrond vir hul stylvolle en vrolike visie, waar minimalisme en ʼn vars energieke atmosfeer mekaar moeiteloos aangevul het.
Nika se trourok was besonder betekenisvol, aangesien dit met liefde deur ʼn spesiale vrou in haar lewe gemaak is. Die rok, gemaak uit luukse sagte satyn wat elegant om die lyf val, het ʼn tydlose en klassieke gevoel geskep. Die voorkant is doelbewus skoon en verfynd gehou, terwyl die agterkant met fyn pêrel detail versier is wat ʼn subtiele romantiese element bygevoeg het.
Om die druk van troubeplanning te verminder, het die paartjie ʼn venue-pakket gekies wat die meeste professionele dienste ingesluit het. Dit het hulle die vryheid gegee om hul energie op die persoonlike besonderhede te fokus. Met die hulp van hul ouers het Conrad en Nika al hul skryfbehoeftes, digitale uitnodigings en trou-webblad self ontwerp. As unieke gaste geskenke het hulle spesiale koppies uitgedeel wat hulle reeds sedert hul verlowing versamel het. Elke koppie is sorgvuldig gekies om by die betrokke gas te pas. Hulle het ook die etikette vir die waterbottels self ontwerp en laat druk.
Die dekor het doelbewus wegbeweeg van tradisionele neutrale skakerings en eerder ʼn dapper kleurpalet van helder oranje, pienk, geel en groen omarm. Hierdie lewendige kleure het pragtig teen die minimalistiese ruimte gekontrasteer en ʼn vars, feestelike atmosfeer geskep.
Ons nooi lesers uit om hierdie kleurvolle liefdesverhaal te beleef en inspirasie te vind in Nika en Conrad se besonderse dag, ʼn viering van liefde, persoonlikheid en styl.

Trourok:
My trourok was iets besonders en uniek, presies soos ek dit nog altyd wou hê. Dit is met liefde gemaak deur ’n spesiale vrou in my lewe, wat dit vir my nog meer betekenisvol maak. Die rok is van sagte satyn, wat elegant val en ’n tydlose, klassieke gevoel gee. Agter op die rok is daar fyn pêrels wat ’n delikate en romantiese detail byvoeg. Toe ek die rok vir die eerste keer sien het ek sommer dadelik verlief geraak daarop. Op die dag self het die rok my perfek laat voel as bruid: eenvoudig, stylvol en uniek. Dit was nie net ’n rok nie, maar ’n weerspieëling van wie ek is.

Verloof- en Trouringe:
My verloofring en trouring is van goud wat vanuit my ma se juweliersware kom, wat dit vir my nog meer spesiaal maak. Dit dra nie net ’n pragtige voorkoms nie, maar ook diep emosionele waarde en familie-herinneringe. Binne-in my trouring en my man se ring is ons troudatum gegraveer, ’n klein maar betekenisvolle detail wat ons altyd aan daardie besondere dag herinner. My trouring en my man se ring is dieselfde, wat ons eenheid en saamhorigheid simboliseer. Hierdie ringe is vir ons nie net mooi nie, maar ook ’n kosbare teken van liefde, geskiedenis en die lewe wat ons saam deel.

Paartjie se Verlowing:
Ons hou nogal van stap in die natuur en die Kingskloof stap gronde in Muldersdrift het mooi stap roetes wat ons verskeie kere gestap het terwyl ons uitgegaan het. Conrad het gereël met die bestuur van Kingskloof om vroeër oop te maak sodat hy vooruit op die roete kan gaan en ʼn piekniek kan gaan opstel en versier met roos blare, kerse en versnapperings. Direk daarna het hy vir my gaan haal en gevat op wat sy geglo het n doodnormale stap uitstappie was. In die middel van die roete het Conrad ons effens van die pad af laat weer om op die piekniek af te kom, waar hy toe op een knieg gegaan het en my die groot vraag gevra het.

Trou Dekor en Styl:
Dit was baie belangrik vir ons om n goeie balans te kry tussen minimalisties, kleurvol en stylvol. Dit was vir my baie belangrik dat die dag kleurvol moes wees, maar steeds stylvol en modern. Ons het helder, warm kleure gekies wat regtig uitstaan – soos oranje, pienk, geel en groen – en dit het ’n vrolike en vars atmosfeer geskep. Die dekor was modern en eenvoudig, maar met kleurvolle blomme wat alles lewendig gemaak het sonder om oorweldigend te wees. Ek voel die kombinasie van sagte satyn, natuurlike lig en die helder blomme het alles mooi saamgebind. Die kleure het perfek gepas by die geluk en liefde wat ’n troue verteenwoordig en dit het die dag vir my nog meer spesiaal en onvergeetlik gemaak.

Trou Begroting en Beplanning:
Conrad en Nika het hul troue vir 70 gaste oor ‘n tydperk van een en ‘n half jaar beplan, met die ondersteuning van ‘n professionele troukoördineerder.

- Fotograaf: Zané Photography | Kontak
- Venue: Venue Nouveau | Kontak
- Blomme: Lily Grace | Kontak
- Dekor: Lily Grace | Kontak
- Fotohokkie: Venue Nouveau | Kontak
- Grimering: Di’Artisrty | Kontak
- Hare: Di’Artisrty | Kontak
- Huweliksbevestiger: NG Weltevreden | Kontak
- Juweliersware: Bianca v Designs
- Koördineerder: Venue Nouveau | Kontak
- Kroegdiens: Venue Nouveau | Kontak
- Platejoggie: Venue Nouveau | Kontak
- Paartjie se verblyf: Venue Nouveau | Kontak
- Spyseniering: Venue Nouveau | Kontak
- Trourok: Corné Fourie
- Bruid se Trouring: JG Jewellers South Africa | Kontak
- Bruidegom se Trouring: JG Jewellers South Africa | Kontak
- Troukoek: Trendy Tables
- Wittebrood Bestemming: Italië – Venisië en Rome
