Lanel & Dominique se verrassing Verlowing

In die inskrywing deel ons met opgewondenheid Lanel en Dominique se verrassing verlowing met ons lesers.  Wat net ʼn paartjie fotosessie sou wees, was eintlik ʼn verrassing verlowing wat Lanel gereël het. Etienne Botha Photography het dié spesiale oomblik van die pragtige paartjie vasgevang.  Dit is altyd só spesiaal as daar ʼn professionele fotograaf is om alles af te neem, want dit is sulke spesiale herinneringe wat mens vir altyd sal terug kyk na.

ʼn Verlowing is iets baie spesiaal.  Dominique en Lanel se verlowing was op ʼn pragtige wynplaas in Stellenbosch met die sagte sonlig en prentjie mooi uitsigte in die agtergrond.  Indien jy dink daaraan om die groot vraag te vra het ons so ʼn paar idees vir jou.  Dink aan die plek waar jy die vraag wil vra.  Probeer dit by ʼn plek doen wat ʼn spesiale betekenis vir julle albei het, of wat net mooi is en jy weet jou geliefde van sal hou.

Julle kan besluit of julle alleen wil wees en of julle familie en vriende naby wil hê.  Party paartjies vra die groot vraag alleen en vier dan die goeie nuus direk na die verlowing met almal.  Ander paartjies nooi vriende en familie vir ʼn normale informele ete en vra dan die groot vraag voor almal.  Daar is nie ʼn reg of verkeerd nie.  Dit gaan oor julle as paartjie en wat vir julle meer spesiaal sal wees.  Onthou om ʼn fotograaf, naby te hê sodat julle die spesiale oomblik mooi kan vasvang vir daai album van herinneringe.

Rol af om meer te lees oor Lanel en Dominique se verrassing verlowing en geniet hul foto’s geneem deur Etienne Botha Photography.

Die paadjie wat gelei het tot die verlowing:


Ons het ontmoet by ʼn gesamentlike vriendin se verjaarsdag braai in Polokwane.  Dominique het na die braai my kontak besonderhede gekry by hierdie vriendin waarna ons begin gesels het en nie lank daarna het ek vir Dominique amptelik gevra of sy my meisie sal wees.

Vyf jaar later, presies ʼn dag voor ons vyf jaar herdenking as ʼn paartjie, het die verassings verlowing plaas gevind.

Die groot vraag:


Ek het al in Januarie begin beplan aan die verassings verlowing wat ek gereël het vir 27 Mei 2023.

Ek’t aan Dominique vertel dat ek vir ons ʼn fotosessie gereël het vir ons vyf jaar herdenking.  In werklikheid het ek agteraf gereël met beide die wynplaas en ons fotograaf Etienne dat ek Dominique gaan verras en haar vra om met my te trou, soos duidelik blyk uit die foto’s en die uitdrukking op haar gesig was dit beslis ʼn verassing!

Hoekom ons mekaar lief het:


My gunsteling eienskappe van Dominique is haar eerbiedigheid, goedhartigheid en sin van humor.

Dominique se gunsteling eienskappe van my is my doelgerigtheid, integriteit, passie vir diere en goedhartigheid.

Tydperk voordat die knoop deurgehak word:


Ons sal ideaal begin November 2024 wil trou, so 18 maande.

Die verloofring:


Ek het Dominique se verloofring ontwerp en laat maak, dit was totaal ʼn verassing en sy is mal daaroor.

Rede vir die verlowing fotosessie:


Om die werklike oomblik vas te kon vang vir herinneringe.

Inspirasie agter die verlowing fotosessie:


Ons woon in Stellenbosch met asemrowende wynplase, en daarom het ons fotosessie op ʼn wynplaas geskied.  Ten opsigte van die fotos self het ek dit in ons fotograaf se hande oorgelaat omrede ek mal was oor die fotos wat hy beskikbaar gestel het op sy webtuiste.

Verwagtinge en vrese vir die verlowing tydperk:


Ten opsigte van verwagtinge wil ons graag die fase in ons lewens geniet.  Ons sien uit na die volgende hoofstuk wat voorlê en so ook die reël van ons troue.

Visie vir droomtroue:


Ons is mal oor die natuur en sal daarom graag wil trou waar die aspek sterk na vore kom.

Op die stadium oorweeg ons dit om op ʼn wynplaas te trou, maar het nog nie ʼn spesifieke een in gedagte nie.

Meer oor Etienne Botha Fotografie:


Etienne Botha is ‘n troufotograaf gebaseer  in Villiersdorp wat graaf reis vir troues. Hy maak gebruik van natuurlike lig met natuurlike kleure en verkies ʼn joernalistieke styl om ʼn troudag te fotografeer.  Tydlose oomblikke word vasgevang deur sy lens, terwyl kosbare herinneringe gemaak word.

    Artikel Diensverskaffers:

    Klik hier vir meer diensverskaffers

      Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

      Is jy 'n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

      Artikel Diensverskaffers: