Pragtige Dekor vir jou Spesiale Okkasie deur The Souk

In die artikel kyk ons na pragtige dekor vir jou spesiale okkasie deur The Souk.  Of dit nou ʼn verrassing verlowing fotosessie op ʼn strand is, of ʼn kombuistee partytjie in die woud, of selfs ʼn troue, The Souk is gereed om jou visie ʼn realiteit te maak.

The Souk is geïnspireer deur die ou-wêreld, ryk kulture en die gees van avontuur.  Hulle voorraad is opgebou uit jare se reise om ʼn eklektiese en wêreldwye vintage-styl na jou troue of spesiale okkasie te bring.

Gebaseer in Woodstock, Kaapstad diens hulle graag kliënte regoor Kaapstad en die omliggende areas.  Met verskeie pakkette is daar iets vir almal om van te kies.

The Souk is bied ʼn dekor huurdiens waar hulle self die opstel werk doen, of as jy net ʼn paar items by hul wil huur is dit ook moontlik.  Ons is totaal en al gek oor The Souk se dekor styl en die manier hoe hulle dekor items net so perfek inpas by mekaar.  Elke liewe dekor item is só mooi nagedink en dit werk net perfek saam.

Rol af om meer te lees oor The Souk en wat hulle bied.

Meer oor The Souk:


Deur plaaslik vervaardigde en wêreldwyd-geïnspireerde dekor bymekaar te bring, verander The Souk geleenthede en byeenkomste in bekoorlike atmosfeer met siel.  Beïnvloed deur Moeder Natuur, reis en diverse kulture, voeg hul saamgestelde opstellings en individuele stukke magie en intrige by jou gebeurtenis.  Van troues en lewens mylpale, tot vieringe in die woud of op die strand, The Souk voeg ʼn gevoel van verwondering by jou spesiale geleenthede.

The Souk doen meer as net troues:


By The Souk doen hulle alle byeenkomste, korporatiewe funksies, pieknieks en mylpaal-lewens vieringe.

Pakkette:


The Souk bied verskillende pakkette vir troues, asook kleiner pakkette vir ander geleenthede.  Klik hier om na hulle pakkette te kyk.

Watteer grootte troues doen The Souk?


The Souk doen troues met tussen 15 en 200 trou gaste.

Artikel Krediet: