Vir die fotohoek: Jakkals masker

Fotohoekie’s is deesdae die nuutste tendens vir troues en skep baie plesier vir beide die gaste en die trou paar op hul spesiale dag. Jy kry die oulikste ‘props’ vir foto hoekies.  Ons vriende by Nooi Kreatief het vir ons die mooiste jakkals gesigskerm gemaak wat jy gratis kan aflaai by Mooi Troues en druk by jou huis.  Hierdie ontwerp sal mees effektief wees as dit gedruk word op ‘n stewige karton.

Nadat jy dit gedruk het knip die jakkals se gesig en oë uit met ‘n mat-mes of skêr, gebruik nog ‘n stuk wit karton en gebruik ‘n potlood om die masker se buitelyne daarop te trek.

Knip dan die karton uit wat jy dan aan die agterkant van jou masker sal vasplak nadat jy jou stokkie in die middel van die gedrukte masker en die wit papier gesit het. Gebruik lekker sterk gom om dié twee aanmekaar te plak.

DIY Jakkals_0001

DIY Jakkals_0002

kliek

Meer oor Skryfbehoeftes op Mooi Troues


Trou skryfbehoeftes speel ‘n belangrike rol in jou troudag.  Daarom deel Mooi Troues weekliks trou skryfbehoefte inspirasie van ons bydraers.  Hulle is professionele grafiese ontwerpers met ondervinding in die trou bedryf.  Die bydraers verstaan waarna die moderne bruidspaar opsoek is en ken die nuutste tendense.  Mooi Troues het ‘n groot verskeidenheid skryfbehoeftes aanlyn, wat ontwerp is deur talentvolle grafiese ontwerpers.

Die trou uitnodiging is een van die eerste indrukke wat jou gaste van jou troue sal kry.  Wanneer gaste die venue binnekom, is die eerste dinge waarna hulle soek die sitplekkaartjie, asook die naamkaartjies op die tafels.  Wanneer jou gaste by hul sitplek sit, is almal gewoonlik nuuskierig om te weet wat hulle gaan eet.  Dus sal die spyskaart op die tafel ook deel wees van jou gaste se eerste indruk van die onthaal.

Is jy opsoek na trou skryfbehoeftes vir jou grootdag?  Mooi Troues bied gratis trou skryfbehoeftes inspirasie, beskikbaar aanlyn.  Elke  bruidspaar wat opsoek is na iets uniek vir hulle troue, sal by Mooi Troues iets vind.

Ons het ook ‘n groot verskeidenheid gratis aflaaibare trou skryfbehoeftes beskikbaar.  Jy kan gratis vanaf Mooi Troues aflaai, laat druk en vir jou troudag gebruik.  Klik hier om te kyk na ons gratis skryfbehoeftes.

Jy kan kies en keur tussen honderde verskillende trou uitnodigings, spyskaarte, naam kaartjies en vele ander items.  Indien jy opsoek is na skryfbehoefte ontwerpers wat Mooi Troues aanbeveel, klik hier om ons Trougids te besoek.

 

DIY Jakkals_0003

kliek