Fred & Hanneke se verlowing

FredENHanneke_0001


Ons deel vandag Freddie en Hanneke se spesiale verlowing foto sessie wat in ‘n pragtige natuur reservaat gehou was.  Ons hoop jul geniet die publikasie.


 

FredENHanneke_0002 FredENHanneke_0003 FredENHanneke_0004


Hoe het julle die eerste keer ontmoet?

Ons het as twee eerstejaar ingenieurstudente ontmoet.  Dit was die laaste dag van ons eerste semester op Tukkies, en ons het ‘n uur afgehad voor ons volgende klas.  ‘n Gemeenskaplike vriend het ons aan mekaar voorgestel en ons het van die ontmoeting af sommer baie lekker gekuier.  Ons het nommers uitgeruil en sedertdien het daar nie ‘n dag verbygegaan wat ons nie met mekaar gepraat het nie.


FredENHanneke_0005 FredENHanneke_0006 FredENHanneke_0007


Hoe het julle verloof geraak?

Ons verlowing het plaasgevind op ‘n baie spesiale plek vir ons albei.  Freddie het my gevra op die presiese plek waar een van ons eerste afspraak was in ‘n natuurreservaat in Rustenburg met die mooiste uitsig.  Hy het my ouers twee weke voor die verlowing vir hul seënwense gevra, en dit was ‘n welkome verassing.  Dit is seker een van die mooiste oomblikke van ons lewens gewees en ‘n oomblik wat ons vir altyd sal koester.  Freddie en my ma het daarna ‘n verassing ete gereël saam met familie en vriende wat die dag perfek afgesluit het.


FredENHanneke_0008 FredENHanneke_0009 FredENHanneke_0010 FredENHanneke_0012


Wanneer beplan julle om te trou?

Ons troudatum is 16 Desember 2015 by Rosemary Hill trou venue, net buite Pretoria.


 

FredENHanneke_0013 FredENHanneke_0014 FredENHanneke_0015 FredENHanneke_0016 FredENHanneke_0017 FredENHanneke_0018 FredENHanneke_0019 FredENHanneke_0020 FredENHanneke_0021 FredENHanneke_0023 FredENHanneke_0024 FredENHanneke_0025


Diensverskaffer

  • Fotograaf: Verv Production