Jacques & Candice se stads liggies fotosessie

 

‘n Goeie fondasie is bitter belangrik vir enige verhouding en ‘n persoon moet nie verblind word der verliefdheid as dit kom om ‘n romantiese maat te kies nie.  Leer mekaar se morele waardes ken en maak seker jul het dieselfde belangstellings en uitkyk op die lewe.

Ons deel graag die fotosessie van Jacques en Candice met jul want hulle het pret gehad voor hul fotograaf se kamera.

Stads liggies publikasie_0028 Stads liggies publikasie_0002Stads liggies publikasie_0029 Stads liggies publikasie_0003

Hoe het hulle ontmoet?


Candice en Jacques se paadjies het gekruis op verskeie tye toe hulle grootgeword het, en snaaks genoeg was hulle in dieselfde laerskool en voorbereidings skool.  Dis eintlik eers na skool waar die belangstelling begin het, maar hulle het altyd gemeenskaplike vriende gehad.

Toe hulle op kollege was, het Jacques ‘n vriend gehad wat in dieselfde kollege was, waar Candice studeer het, en so het ‘n vriendskap begin van baie geselsies, en Steri Stumpie afsprake op die kollege kampus se kafeteria.

Dit was die begin van baie lang pad reise van Jacques se kant af Paarl toe waar Candice toe gebly het, ure lange geselsies en baie geduld van Jacques se kant af, want Candice was toe egter nog nie heeltemal oortuig nie.  Candice het begin hou van die aandag en Jacques het later begin belangstel in iemand anders, Candice het toe besef dit voel nie reg om hom potensieel saam met iemand anders te sien nie, en hulle het toe begin uitgaan.

Stads liggies publikasie_0033Stads liggies publikasie_0030 Stads liggies publikasie_0004Stads liggies publikasie_0034Stads liggies publikasie_0032Stads liggies publikasie_0031

Hoe het hulle verlief geraak?


Jacques – die morele waardes wat hy in Candice gesien het.  Hy het gebid vir die regte vrou en was in dieselfde kerk, haar liefde vir God en hulle morele waardes wat dieselfde was.

Candice – Jacques se sin van humor, sy geduld en die feit dat hy haar lief gehad het deur al haar onsekerhede.  Sy het besef Jacques het die kwaliteite wat sy in ‘n man wil hê  en hy het haar soos n prinses behandel.

Stads liggies publikasie_0005 Stads liggies publikasie_0006 Stads liggies publikasie_0007 Stads liggies publikasie_0008 Stads liggies publikasie_0009 Stads liggies publikasie_0010 Stads liggies publikasie_0011 Stads liggies publikasie_0012 Stads liggies publikasie_0013 Stads liggies publikasie_0014 Stads liggies publikasie_0015 Stads liggies publikasie_0016 Stads liggies publikasie_0017 Stads liggies publikasie_0018 Stads liggies publikasie_0019 Stads liggies publikasie_0020 Stads liggies publikasie_0021 Stads liggies publikasie_0022 Stads liggies publikasie_0023

Advies vir ander paartjies:


Om eers vriende te wees en ‘n vriendskap te ontwikkel tot albei partye heeltemal reg is vir die volgende stap.

Van Candice se perspektief af – Om toe te laat dat die man jou najaag en nie toe te laat dat romantiese gevoelens jou oordeel beïnvloed nie, maar eers ‘n goeie vriendskaplike verhouding te bou eers.

Stads liggies publikasie_0024 Stads liggies publikasie_0025 Stads liggies publikasie_0026 Stads liggies publikasie_0027 Stads liggies publikasie_0035 Stads liggies publikasie_0036 Stads liggies publikasie_0037

Inspirasie agter die fotosessie


Candice en die fotograaf Nelani is beste vriendinne en Nelani wou graag ‘n fotosessie gedoen het met hulle twee, wat pret is en die persoonlikhede van die paartjie uitbeeld.

Stads liggies publikasie_0038 Stads liggies publikasie_0039 Stads liggies publikasie_0040

Diensverskaffer: