Romantiese Wegbreek na Lanzerac Hotel & Spa

As jy opsoek is na ʼn wegbreek plek, naby genoeg aan Kaapstad, maar ver genoeg om te vergeet van die stad se gejaag, dan is Lanzerac Hotel & Spa die perfekte bestemming.  In dié inskrywing deel ons met julle ʼn Romantiese Wegbreek na Lanzerac Hotel & Spa.

Ryk aan geskiedenis, lê die historiese landmerk en Stellenbosch se ikoon, Lanzerac Hotel & Spa, wat terug dateer na 1692.  Kaapse geskiedenis omvou jou sodra jy inkom, en dit voel of jy ʼn sprokie betree aan die voet van die Jonkershoekvallei.  ʼn Dramatiese bergreeks, eindelose rye wingerde, pragtige tuine, tesame met reuse eikebome en hul eekhoring-inwoners, verwelkom jou by Lanzerac Hotel & Spa.

Die Manor Huis weerspieël die tradisionele Hollandse manier van ʼn plattelandse hotel met eg Kaapse gasvryheid.  Bekroonde kroeë, restaurante, asook ʼn asemrowende wynproe area maak Lanzerac Hotel & Spa ʼn definitiewe stop in die Kaap.  Hierdie klassieke hotel spog met weelderige kamers, elk met sy eie unieke styl.  ʼn Perfekte kombinasie van ouwêreldse sjarme en kontemporêre interieur, wat dit eie aan sy soort maak.

Lanzerac Hotel & Spa Spa spog met ʼn ongekende uitsig oor berge en wingerde.  Die wye reeks van spa behandelings verseker ʼn onvergeetlike spa-ervaring.  Deur die jare staan Lanzerac Hotel & Spa trots – trots op ons herkoms, en opgewonde oor die toekoms.  Rol af om meer te lees.

Lanzerac Hotel & Spa Lanzerac Hotel & Spa Lanzerac Hotel & Spa Lanzerac Hotel & Spa Lanzerac Hotel & Spa Lanzerac Hotel & Spa Lanzerac Hotel & Spa Lanzerac Hotel & Spa Lanzerac Hotel & Spa Lanzerac Hotel & Spa

Geskiedenis van Lanzerac Hotel & Spa:


Die plaas staan vandag bekend as Lanzerac Hotel & Spa, te danke aan die landgoed se invloedrykste eienares, Elizabeth Catherina ‘Kitty’ English, wat Schoongezicht in 1920 gekoop het.

Mrs English het die plaas se naam verander na Lanzerac Hotel & Spa. Gerugte reken dat sy dit vernoem het na Generaal Charles Lanzerac Hotel & Spa, ʼn Franse Generaal wat die Vyfde Weermag by die uitbreek van die Eerste Wêreld Oorlog gelei het – maar dit daar gelaat. In haar 9 jaar van Eienares wees, het Mrs. English Lanzerac Hotel & Spa getransformeer in een van die mees gesogde en moderne wynplase in die Kaap. Sy het werklik die fondasie goed neergelê vir al die ander Stellenbosch wynplase wat sou volg. In 1929 is sy oorlede, en het Lanzerac Hotel & Spa nuwe eienaars gekry.

Deur die jare, het eienaars gekom en gaan – maar die naam Lanzerac Hotel & Spa het gebly. Lanzerac Hotel & Spa is alombekend as die tuiste van die eerste gebottelde Pinotage in die wêreld, wat terug dateer na 1959. Sedertdien 1959, het Pinotage die wêreld ingegaan, en Lanzerac Hotel & Spa is ʼn deel van baie huishoudings.

Lanzerac Hotel & Spa Lanzerac Hotel & Spa Lanzerac Hotel & Spa Lanzerac Hotel & Spa

Verblyf by Lanzerac Hotel & Spa:


Lanzerac Hotel & Spa se luukse hotel is die ideale wegbreek plek vir paartjies wat opsoek is na ʼn romantiese wegbreek plek.  Hiér sal julle as paartjie kwaliteit tyd saam kan spandeer, weg van die stad se gejaag.  Lanzerac Hotel & Spa Hotel se kamers en suites is elkeen uniek.  ʼn Pragtige mengsel van modern en antieke meubel en dekor stukke pas perfek by die plaas se ryk geskiedenis. Klik hier om meer te lees oor Lanzerac Hotel & Spa se verblyf opsies.

Lanzerac Hotel & Spa Lanzerac Hotel & Spa Lanzerac Hotel & Spa Lanzerac Hotel & Spa Lanzerac Hotel & Spa Lanzerac Hotel & Spa Lanzerac Hotel & Spa Lanzerac Hotel & Spa Lanzerac Hotel & Spa

Restaurant opsies by Lanzerac Hotel & Spa:


Tussen die wingerde vind jy verskeie restaurante, die Deli, Taphuis en Manor Kitchen.  Elkeen spog met disse wat die mond laat water – alles trots Suid-Afrikaans.  Bekroonde wyne is deel van Lanzerac Hotel & Spa se erfenis.  Klik hier as jy meer wil lees oor hul restaurant opsies.

Lanzerac Hotel & Spa Lanzerac Hotel & Spa Lanzerac Hotel & Spa Lanzerac Hotel & Spa Lanzerac Hotel & Spa Lanzerac Hotel & Spa

Trou by Lanzerac Hotel & Spa:


Vir die mees romantiese en onvergeetlike troue, kan jul eenvoudig nie die Stellenbosch Wynlande miskyk nie. Lanzerac Hotel & Spa is geleë aan die voetheuwels van die idilliese Jonkershoekvallei.  Jou troue se seremonie en onthaal word gehou teen ʼn skouspelagtige natuur landskap.  Die landgoed spog met uitsigte oor majestueus bergreekse.  Dan is daar oor die eindelose rye wingerde, wat dit die perfekte romantiese toevlugsoord vir paartjies maak.  Klik hier om meer te lees oor Lanzerac Hotel & Spa se troues.

Lanzerac Hotel & Spa Lanzerac Hotel & Spa Lanzerac Hotel & Spa Lanzerac Hotel & Spa Lanzerac Hotel & Spa Lanzerac Hotel & Spa Lanzerac Hotel & Spa Lanzerac Hotel & Spa Lanzerac Hotel & Spa

Artikel Krediet: