Steven & Magitte se Elegante Troue in Limpopo

Ons deel in dié inskrywing Steven en Magitte se elegante troue in Limpopo met julle op Mooi Troues.  Die paartjie het by die luukse Palala Boutique Game Lodge & Spa in Limpopo getrou, ʼn wildreservaat troue met soveel styl en elegansie.  Omring deur die pragtige landskappe van die bosveld en die rivier skep onmiddellik ʼn oasis van rustigheid en ontspanning vir jou trou gaste.   Die kapel sal jou gaste laat smag na asem met ʼn dubbel volume spasie met ʼn uitsig op die natuurskoon.  Palala Boutique Game Lodge & Spa se trou venue is iets besonders en die teenoorgestelde van die bosveld tema.

Magitte het beeldskoon gelyk in haar ontwerpers trourok en so Steven ook in sy deftige swart pak.  Dit is modern en elegant.  Die paartjie se wit en swart trou dekor gee die troue ʼn tydlose gevoel en is baie statig.  Met die mooiste blom ontwerpe wat jou aandag trek en die tikseltjies groenigheid kan jy nie verkeerd gaan nie.

Die span van Salt ʼn Pepper Photography het elke oomblik van die paartjie se troudag so mooi vasgevang op foto’s en video.  Ons is veral gek oor die bosveld fotosessie tydens sonsak.  Om ʼn professionele fotograaf te gebruik vir jou troue maak ʼn groot verskil.  Foto’s en ʼn video is iets wat jy altyd na kan terug kyk en die dag weer herleef.

Lees meer oor Steven en Magitte se troudag en hul storie as paartjie deur af te rol.

Paartjie se Liefdesreis:


Albei ons vriende groepe was by ‘Cape Town Sevens’ gewees in 2019.  Ons het net voor Kovid-19 mekaar meer begin sien.  Dit was die dag na Kersfees op sy familie plaas in Limpopo.  Ek het nie baie voorwaardes gehad rakende ons verlowing nie, behalwe dat my hele gesin en familie teenwoordig moet wees.  Hy het gereël dat ons as familie vir ʼn fotosessie gaan bo-op die berg, waar almal wit bo en beige onder moes aantrek, so ek geensins vermoed dat hy my die groot vraag sal vra nie.  Naas ons troudag was dit die beste dag van my lewe, en toe ek die ja-woord gee toe het daar skielik duisende wit skoenlappers begin vlieg- ek kry nou nog hoendervleis.  Ons het as familie lekker makietie gehou en 26 Desember 2020 gevier.

Die Verlowing Tydperk:


Ons was 11 maande verloof.  Ons het die troue saam met ʼn trou beplanner beplan – Esther Boersma (Limpopo Wedding Planner).

Trou Begroting:


Ons het 140 gaste onthaal.  Advies wat ons aan ander paartjies kan gee is om so veel as moontlik kwotasies te kry.

Merkwaardigste Oomblikke:


Dat dit gereën het van die Vrydag tot die Sondag, maar toe ek by die kapel aankom het dit skielik ophou reën en dit het gevoel soos ʼn seëning.

Paartjie se styl:


Ons sal ons styl beskryf as elegant en stylvol.

My trourok was ʼn balrok spesiaal gemaak en ontwerp deur Diaan Daniëls.  My man se troupak was ʼn ontwerpers-pak met ons name en troudatum spesiaal geborduur in die binnekant van die kraag.

Ons albei het vir mekaar troupante gegee wat ons by dieselfde juwelier laat maak het.

Gunsteling Diensverskaffers:


Limpopo Wedding Planner

Die Besluitnemingsproses:


Ons het gesamentlik alle besluite geneem.  Ons het nie ons familie deel gemaak van die besluitnemingsproses nie want ons wou dit vir hulle ook as ʼn verassing hou.

Vermaak:


The Morning After Band het gesing en verskillende instrumente gespeel het.

Spesiale Tradisies:


Ons het ʼn egte doedelsak-speler gehad.  Ons besluit rakende die doedelsak-speler is omdat ons van (Mc Intyre) Skots is en dit is die tema wat ons wou deur trek.

Die ‘nie-so-perfek’ oomblikke:


Gelukkig het absoluut niks verkeerd geloop nie, as ons een ding is wat ons kan verander is om meer ure te gehad het om die groot dag te vier.

Eerste Dans:


Die liedjie waarop ek en my pa in die kerk ingestap het was deur Highland Cathedral- Andre Rieu en toe ons by die kerk uitstap het die doedelsak-speler Flower of Scotland gespeel.  Ons liedjie keuse vir die onthaal opening was Castles deur Freya Ridings en saam met die instap het daar baie vonkels afgegaan. Ons het vir ʼn paar danslesse gegaan en ons trou liedjie was Verstaan mekaar van Steve Hofmeyr.

Wittebrood:


Die wittebrood was totaal en al in my man se hande.  Hy het die oggend na ons getrou het aan my vertel waarheen ons gaan en met groot verbasing het hy aan my gesê dat ons Botswana toe gaan.
Ongelukkig as gevolg van Kovid was dit nie vir ons moontlik om te gaan met ons gekose datums nie, daarom moes ons dit uitstel na Maart 2022.


    Artikel Diensverskaffers:

    Klik hier vir meer diensverskaffers

      Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

      Is jy 'n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

      Artikel Diensverskaffers: