Romantiese wegbreek na Thornybush Game Lodge

Almal kort ʼn wegbreek weg van die stad se gejaag en lawaai, beplan ʼn romantiese wegbreek na Thornybush Game Lodge.  Dié privaat natuur reservaat is 14,000 hektaar wat bestaan uit prentjie mooi landskappe, wilde diere, plantlewe en dan die verskeidenheid verblyf opsies in die reservaat.  Thornybush Game Lodge was gestig in 1961 enig in sy soort in die Thornybush Natuur Reservaat.

Suid-Afrika is só ʼn mooi land met soveel prentjie mooi natuurtonele en wêreldklas akkommodasie opsies.  Een van hulle is die populêre romantiese wegbreek bestemming, Thornybush Game Lodge.  Hulle bied luukse verblyf, restaurant opsies, fasiliteite en aktiwiteite.  Dit is die perfekte plek vir paartjies om kwaliteit tyd saam te spandeer.  Of jy nou jou wittebrood beplan, of dalk ʼn verrassing verlowing, of net ʼn algemene romantiese wegbreek, dan is Thornybush Game Lodge die perfekte keuse vir jou.

Rol af om meer te lees hoekom Thornybush Game Lodge die ideale romantiese wegbreek bestemming is.

Aktiwiteite en Fasiliteite:


By Thornybush Game Lodge is alles oor ontspanning en om jouself te geniet.  Dié hele doel van jou besoek is om herinneringe te maak wat jy vir altyd sal onthou.

‘n Heerlike spa behandeling:

Wat is dan nou lekkerder as ʼn heerlike spa sessie, veral in so ʼn mooi ligging.  Geniet een van hulle spa behandelings en voel sommer meer uitgerus.  Slegs beskikbaar op aanvraag.

Ontspan met ‘n Yoga sessie:

As jy iemand is wat hou van Yoga en net wil ontspan met ʼn lieflike Yoga sessie in die bosveld, dan moet jy ʼn bespreking maak vir jou Yoga sessie.  Slegs beskikbaar op aanvraag.

Ander fasiliteite by Thornybush Game Lodge sluit in:
  • Dek met ʼn vuur pit vir ʼn lieflike buitelig Boma-styl geselligheid en braai.
  • Dek en ingesakte sitplek buite met ʼn vuur pit.
  • Biblioteek
  • Konferensie fasiliteite vir tot-en-met 60 mense.
  • Wi-Fi
  • ʼn Vliegbaan
  • Kinders van alle ouderdomme welkom.
  • Kinders oppas dienste en ook aktiwiteite vir kinders beskikbaar.

Geniet heerlike etes en drankies:


Jy moet jou self gereed maak vir ʼn fees maaltyd!  Hulle staan bekend vir heerlike kosse en drankies.  Of jy net ʼn skemerkelkie langs die swembad wil geniet, of ʼn ligte middagete of luukse aandete, daar is iets vir almal.  Hul aandetes is ʼn eg Suid-Afrikaanse boma styl ervaring om ʼn buite vuur.  Omring deur lanterns, kerse en die klanke van die wilde diere in die agtergrond.  Geniet heerlike disse voorberei deur fynproewer sjefs wat ʼn liefde het vir heerlike kos.

Die omliggende gebied en prentjie mooi landskappe en natuur geluide maak die die perfekte romantiese ervaring.

Wildritte:


Thornybush Game Lodge is bekend vir hulle Groot-5 Wildritte, omdat beide Thornybush en Sabi Sand die Kruger Nasionale Park se bure is sonder ʼn heining tussen hul, het hulle ʼn toevoer van wilde diere wat vrylik rondbeweeg.  Met ʼn verskeidenheid wild rit opsies en ook ʼn “Bush Walks” opsie, waar jy saam met ʼn professionele toergids in die bos loop per voet.  Klik hier om meer te lees oor hul Wildritte.

Verblyf opsies by Thornybush Game Lodge:


Thornybush Game Lodge het 20 luukse suites wat uitspruit vanuit die hoof gebou, 18 van hulle luukse suites kyk uit op die rivier en 2 van die suites is  familie suites.

Hulle suites se fasiliteite sluit in:
  • Lugversorging
  • Waaier
  • Koffie maak fasiliteite
  • Ketel
  • Mini-Kroeg Yskas
  • Misskiet net
  • Telefoon
  • Stort
  • Bad
  • Badkamer bykomstighede
  • Gestremd vriendelik
  • Haardroër
  • Internasionale adapteer
  • Wasgoed dienste
  • Selfoon opvangs
  • Buite Stort
  • Kluis
  • Pantoffels
  • Wi-Fi
Meer oor hul Luukse Suites:

Die suites het groot skuifdeure wat uitloop op ʼn buite stoep met lieflike uitsigte van die rivier en diere wat daar langs loop.  Elke suite het ʼn en-suite badkamer met ʼn binne-en-buite stort en ontwerp met privaatheid in gedagte.

Meer oor hul Familie Suites:

Die twee familie suites is ruim met hul eie leef area en ʼn dag bed om kinders te akkommodeer.  Elke een van die 2 suites het hulle eie privaat stoep en hul eie plons poel.

Thornybush se ander Kampe en Lodges:


Thornybush Game Lodges van onder Thornybush sambreel, wat ander luukse verblyf opsies het.  Hul ander Lodges sluit in Jackalberry Lodge, Saseka Tented Camp, Simbambili Game Lodge, Nkelenga Tented Camp.  Só as jy opsoek is na ʼn luukse wegbreek na aan die Kruger Nasionale Park, dan het hulle baie opsies vir jou om van te kies.

Bespreek jou troudag:


Wil jy jou troue, wittebrood of luukse wegbreek bespreek by Thornybush Game Lodge?  Bespreek deur hul webtuiste te besoek.  Indien jy hul telefonies wil kontak, kan jy hulle bel by +27 11 253 6500.  Jy kan hulle ook ʼn e-pos vir meer inligting.

Artikel Krediet:

Foto’s:  Verskaf deur Thornybush