JP & Johaneske se Clifton Strand Verlowing Fotosessie

Ons deel JP en Johaneske se Clifton Strand verlowing fotosessie met ons lesers. Dit was ʼn bewolkte dag, maar dit het die fotosessie ekstra spesiaal gemaak.  Jy kan die skitterende liggies van die straatligte en huise in die agtergrond sien.  Dit is in kontras met die lee strand, waar Johaneske en JP hulself geniet tydens hul verlowing fotosessie.

Paartjies wonder altyd wat om aan te trek vir hul verlowing fotosessie.  Die antwoord het ʼn hele paar verskillende punte tot dit.  Besluit op die ligging en of die tema van die fotosessie.  So sal dit bietjie makliker wees om uitrustings te kies vir jou fotosessie.  Probeer om te gaan vir neutrale kleure sonder te veel geskryf op.  Jy wil die aandag op julle as paartjie hê, eerder as op die klere.  Kyk net hoe mooi is die paartjie se ligte kleurskema klere.

As jy onlangs verloof geraak het en besig is om jou troue te beplan, klik hier om professionele trou diensverskaffers vir jou troue te vind in ons trougids.  Johaneske vertel dat JP goed weet dat sy baie van foto’s hou en altyd gereed is vir ʼn foto.  Die foto’s gaan eendag in hul mooi nuwe rame hang wanneer hul intrek in hul eerste huis.

Rol af om meer te lees oor JP en Johaneske se liefdesreis en vir meer foto’s van die paartjie se Clifton Strand verlowing fotosessie.

Die paadjie wat gelei het tot die verlowing:


Ek (Johaneske) was eerstejaar toe een van JP se vriende my gevra het om een van hulle vriende se “blind date” te wees vir hulle koshuis-dinee.  Alhoewel ek nie so opgewonde was om saam met vreemde mense heelaand te kuier nie, het ek nie gedink my “blind date” se vriend sal opeindig as my verloofde nie.

Ons het by die koshuis-dinee ontmoet en baie beter oor die weggekom as met ons eie metgeselle.  Drie maande van daardie dinee af het ons weer ontmoet, ’n melkskommel gedrink en was ons van daar af soos boude, onafskeidelik.  Ek moet sê ek en JP weet presies wat ons wil hê in die lewe en het JP na ’n jaar en 7 maande my die vraag gevra.

Die groot vraag:


Die verlowing was een groot verrassing.  My 21ste verjaardag het opgekom en my ouers het ’n verrassing-vakansie vir ons bespreek. Twee aande in Hermanus en twee aande in Kaapstad.  Ek het wel eers dit gehoor toe ons op pad was lughawe toe.

Ons het op ons aankoms dag het my ouers voorgestel dat ons gaan stap langs die strand, maar eintlik wou JP net sy plek gaan kies het om my die volgende oggend op die dag van my verjaardag te vra.

JP wou blykbaar my eerste ding vra die dag van my verjaardag, maar het ons bespreking om walvisse te gaan kyk die volgende oggend sy planne om ver gegooi en moes hy my al half 6 op ’n ‘piekniek’ vat.

My sussie se kêrel het alles vasgevang op sy Go-Pro, terwyl my hele gesin van ons balkon die sonsopkoms en verlowing gekyk het.  Op een van die uitkykpunte van Hermanus het hy vir my gesê dat my geskenk terug in Potch is, want hy het vir my fotorame gekoop en dit was te groot vir sy tas.

Hy het toe vir my gesê dat die rame is spesiaal gekoop vir ’n fotosessie wat ons môre het op Clifton se strand, maar dat die fotosessie nie net enige fotosessie is nie, en toe gaan hy op sy knie en vra my dié vraag.

Hoekom ons mekaar liefhet:


My gunsteling eienskappe van JP is sy omgee natuur, geduld en die manier hoe hy my op sy hande dra.  Al is ek ’n handvol en gee ek hom al sy dae, is hy die enigste persoon wat my só goed kan hanteer.  Hy is baie ondersteunend teenoor al my mal idees en staan hy altyd bankvas agter my.

My gunsteling eienskap van Johaneske is die besondere liefde was sy vir het vir die mense na aan haar.  Sy sal enige iets doen vir die mense in haar goeie boekie.  As sy iets doen, doen sy die voluit en kan ek dit so mooi sien in ons verhouding.  Sy is avontuurlustig en is sal altyd reg vir ’n uitdaging.  As ek kosmaak wil sy help.  Es ek van ’n rots af wil spring wil sy my aansluit.  Dis hoekom ek haar kies, want sy sal my altyd kies.

Tydperk voordat die knoop deurgehak word:


Ek is baie opgewonde om met julle te deel dat ons die jaar op Braaidag (24ste September) die knoop gaan deurhak.  Ons sal dan 11 maande verloof wees.

Die verloofring:


My hele Pinterest en Instagram was net vol ringe vanaf Mei 2021.  Ek het seker gemaak dat JP presies weet wat ek sal van hou.  Hy en sy ma Miinella Jewelry besoek om die ontwerp uit te kies begin September 2021.

Toevallig het die vrou wat ook ’n familievriend is ’n ovaal diamant gehad.  Hulle het saam besluit om die drie-dubbele-knoop in die ontwerp te herhaal.

Daar is ook Klaagliedere 4:12 binne die ring gegraveer, wat die simbool van die drie-dubbele-knoop verduidelik.  Ek kry ook ’n troupant by wat JP self ontwerp.

Rede vir die verlowing fotosessie:


JP weet dat ek altyd reg is vir ’n foto en sou die verlowingsfotos ons baie lekker tyd en die feesviering van ons verlowing goed saamvat.

Die foto’s gaan baie mooi in hulle nuwe rame hang wanneer ons saam in ons eerste huisie intrek.

Klik hier vir diensverskaffers

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers: