Margaux & Shaun besondere troue

Op die eerste dag van lente vra Shaun die vrou van sy drome om sy meisie te word. Ses jaar later stap Margaux met haar droom rok van Bridal Manor vir altyd in sy lewe in. Sy lyk soos ‘n godin met haar donker hare wat krullerige oor haar smal skouers tuimel. Haar mooi groen bruin oë blink toe sy haar bruidegom sien wag.  By die Memoire is alles gereed gemaak vir die paartjie en hul gaste sodat die dag vir hul onvergeetlik moet wees. Die tuine lyk soos iets uit ‘n feeverhaal en die onthaal gedeeltes is keurig en smaakvol versier.  Die paartjie het voorwaar hul eerste dag as getroudes perfek begin en hulle besluit om saam te lag en mekaar te waardeer is die volmaakte resep vir ‘n lang en gelukkige huwelikslewe.

Margaux & Shaun_0001Margaux & Shaun_0002 Margaux & Shaun_0003Margaux & Shaun_0004 Margaux & Shaun_0005Margaux & Shaun_0006 Margaux & Shaun_0007


Hoe het julle die eerste keer ontmoet?

Ons het in Mei 2009 mekaar vir die eerste keer deur ons vriende ontmoet. Hy het my vriendin vir my nommer gevra en ons het mekaar oor tyd beter leer ken. Hy het my op 1 September 2009 gevra om sy meisie te wees.


Margaux & Shaun_0008 Margaux & Shaun_0009 Margaux & Shaun_0010 Margaux & Shaun_0011Margaux & Shaun_0012 Margaux & Shaun_0013 Margaux & Shaun_0014 Margaux & Shaun_0015 Margaux & Shaun_0016


Hoe het julle verloof geraak?

 Ons het op 6 September 2014 verloof geraak. Hy het my na ‘n restaurant in Waterkloof gevat vir aandete. Die kelner het vir ons elkeen ‘n glas sjampanje en nagereg gebring. Ek het op daardie stadium besef wat gebeur! Binne die nagereg sien ek my pragtige ring, waar hy my toe vra om met hom te trou en die res van ons lewens saam te spandeer. Hy het ook gereël dat beide ons families in die ander gedeelte van die restaurant wag en saam met ons die groot oomblik vier. Dit was baie spesiaal!


Margaux & Shaun_0017 Margaux & Shaun_0018 Margaux & Shaun_0019 Margaux & Shaun_0020 Margaux & Shaun_0021 Margaux & Shaun_0022Margaux & Shaun_0023 Margaux & Shaun_0024 Margaux & Shaun_0025 Margaux & Shaun_0026 Margaux & Shaun_0027 Margaux & Shaun_0028 Margaux & Shaun_0029 Margaux & Shaun_0030 Margaux & Shaun_0031 Margaux & Shaun_0032 Margaux & Shaun_0033


Hoe lank was julle saam voor jul getrou het?

Ons was vyf jaar saam toe ons verloof geraak het en een jaar verloof toe ons getrou het.


Margaux & Shaun_0034 Margaux & Shaun_0035 Margaux & Shaun_0036 Margaux & Shaun_0037 Margaux & Shaun_0038 Margaux & Shaun_0039 Margaux & Shaun_0040 Margaux & Shaun_0041 Margaux & Shaun_0042 Margaux & Shaun_0043


Advies wat julle aan ander paartjies kan gee?

Geniet elke oomblik van julle troudag, dit gaan so vining verby! Dit is werklik die beste dag van julle lewens so maak dit so spesiaal en onvergeetlik as moontlik. Dit is belangrik om met mekaar te kommunikeer en tyd saam te spandeer. Lag saam, gee vir mekaar komplimente, wees geduldig en bied altyd ondersteuning!


Margaux & Shaun_0044 Margaux & Shaun_0045 Margaux & Shaun_0046 Margaux & Shaun_0047 Margaux & Shaun_0048 Margaux & Shaun_0049 Margaux & Shaun_0050 Margaux & Shaun_0051 Margaux & Shaun_0052 Margaux & Shaun_0053

Diensverskaffers: