Wandile & Thandeka se pragtige strand verlowing fotosessie

In dié artikel van Mooi Troues is ons opgewonde om vir al ons lesers die pragtige strand verlowing fotosessie te wys.  Wandile en Thandeka se liefdes verhaal was maklik en vinnig, dit was liefde op eerste oogopslag.

Die pragtige verlowings paartjie spog met die helder, lewendige kleure wat hulle dra en die asemrowende Tafelberg uitsig in die agtergrond.  Hulle kleur skema vir die verlowing fotosessie gaan hand-in-hand met die warm oranje van die pragtige son, en die fotograaf het uitsonderlike tegniek gebruik van om met die lig en refleksie te speel.

Wie is Wandile en Thandeka, well dié pragtige strand verlowing fotosessie weerspieël presies wie hulle is.  Hulle liefde is geduldig en sterk en waar sy nie van tamaties hou nie, is hy nou weer mal daaroor.  Wandile en Thandeka se verlowing fotosessie is geneem om na terug te kyk en al hul herinneringe en liefde vir mekaar te onthou.

Rol nou af en geniet gerus meer van Wandile en Thandeka se pragtige strand verlowing fotosessie.

Die paadjie wat gelei het tot die verlowing:


Liefde met die eerste oogopslag :-).  Ons het mekaar in die verbygaan gesien, maar was dadelik heeltemal aangetrokke tot mekaar.  10 Jaar later is ons getroud en het ‘n pragtige seun.

Die groot vraag:


Die verlowing (op sigself) was ‘n formaliteit.  In ons harte het ons geweet ons is getroud en het voortgegaan om dit formeel te maak, beide tradisioneel en wettig.

Hoekom ons mekaar liefhet:


Ons is volledige teenoorgesteldes en lag dikwels daaroor.  Sy is mal oor hawer, ek haat hawer.  Ek is mal oor tamaties, sy kan dit nie verdra nie.  In tye van moeilikheid staan ons deur dit alles by mekaar.

Tydperk voordat die knoop deurgehak word:


Ons was skaars ‘n jaar verloof.  Die huwelik op sigself was ‘n formaliteit, met die wete dat ons bedoel was om by mekaar te wees.

Die verloofring:


‘n Verrassing – nie die duurste van almal nie, maar het baie vir ons albei beteken.

Rede vir die verlowing fotosessie:


Om herinneringe te skep deur ons reis in die lewe.  Baie jare van nou af, wanneer ons almal gerimpel is en rugprobleme het, kan ons terugkyk en glimlag na hierdie onvergeetlike oomblikke.

Inspirasie agter die verlowing fotosessie:


Sê baie met ons leefstyl; op die strand stap en die uitsig bewonder.

Verwagtinge en vrese vir die verlowing tydperk :


Glad nie.   Net die gevreesde uitgawes wat kom wanneer jy vir die troue beplan.

Visie vir droomtroue:


Gesellig, romanties en intiem.

Klik hier vir meer diensverskaffers

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers: