Lig & Rustigheid

Hierdie fotosessie is vir die bruid wat droom dat haar groot dag gevul gaan wees met kalmte en dekor wat klassiek skree.  Die kleurskema wat hoofsaaklik uit variasies van grys-tone bestaan, gee ‘n gevoel van rustigheid en bied diepte tot die gestileerde fotosessie.  Die skryfbehoeftes is elegant en kom vroulik voor met die skrif keuse asook die grys-kleur wat verder deurgevoer is.  Hierdie fotosessie is perfek afgerond met verskeie dekor items.  Die items sluit in wit kerse, silwer kershouers, linte om die vadoeke en stoele asook juwele van Marion Rehwinkel.

Aangesien die kleurskema neutraal is, sal die styl by enige venue pas. Die dekor opsies wat gebruik is vereis ook nie hope blomme of buitensporige duur items nie, wat hierdie styl perfek maak vir enige bruid se begroting.  Lees gerus onder die slim wenke wat gedeel word deur die diensverskaffers en verkyk jou aan die pragtige foto’s.

Wie het hierdie fotosessie gereël?


Stella Uys as deel van haar trou-fotografie werkswinkel.

Wat was die inspirasie vir die fotosessie?


Die venue waar ons die fotosessie gehou het, was Lace on Timber in Pretoria.  Ons was geïnspireer deur die natuurlike lig wat ingestroom het by die groot vensters.

Met die uitstap slag na die pragtige opelug kapel area, het ons ‘n gevoel van rustigheid gekry.  Die wind het liggies deur die blare gesuis het en jy die woud se geluide gehoor.  Vanuit hierdie gevoel het ons besluit om ‘n fotosessie te hou met die tema Lig en Rustigheid.

In die gees van hierdie, het ons ‘n pragtige kleurskema van grys, mos groen en seeskuim groen gekies.  Ons het ‘n baie sagte en romantiese gevoel geskep met die liggewig materiaal wat sagkens geval het, asook die hope kerslig.

Hoekom is die span diensverskaffers gekies?


Die wonderlike Stella Uys het al verskeie trou fotografie werkswinkels aangebied.  Dit was die eerste keer wat sy die Bells and Whistles span genooi het om die stilering te doen na ‘n verwysing vanaf Chrystallace;  Ons kon nie wag om te begin nie!  Stella het die hele span bymekaar gekry vir die fotosessie.  Die span bevat werklike industrie leiers in hul verskeie velde.  Almal het saamgekom en ‘n magiese eindproduk saamgestel, deur hul kollektiewe talente en passie om unieke en onvergeetlike troues te beplan.

Wat was die spesiaalste deel van die fotosessie?


Wat net begin het as ‘n paar idees en ‘n kleurskema, het gelei tot ‘n idees-bord!  Dit was wonderlik om te sien hoe die konsep ontwikkel en al die elemente bymekaar kom soos die werkswinkel dag aangebreek het.  Om te sien hoe die verskeie diensverskaffers elkeen hul bydra lewer en almal so goed saamwerk, was só mooi om te sien.  Dit was absoluut ongelooflik!

Advies wat aan paartjies gegee kan word wat die inspirasie wil volg?


Gebruik variasies van die onderskeie kleure soos grys en mos groen om diepte te verskaf.  Moenie  bang wees om die materiaal te leier, sodat dit sagkens drapeer nie.  Hope kerse is ook ‘n fokus element wat die dromerige en romantiese gevoel skep.  Dit gee die dekor ‘n persoonlike gevoel.  Onthou om ook ‘n paar elemente wat jou eie persoonlikheid uitbeeld by te voeg.

Diensverskaffers