Bradley & Sanet se unieke kweekhuis verlowings fotosessie

In dié artikel van Mooi Troues deel ons met julle die unieke kweekhuis verlowings fotosessie.  Bradley het die groot gevra op ʼn vakansie saam.  Hy het die hele vakansie gereël en het vir Sanet die hele pad deur, hoog op sy hande gedra.

Van verlief tot verloof wees, die liefde van Bradley en Sanet is so spesiaal.  Die paartjie se liefde is so spesiaal vir mekaar, hul gunsteling eienskappe van mekaar kan dit ondersteun.  Bradley se gunsteling eienskappe van Sanet is natuurlik haar uitstekende glimlag en lag wat sy aan haar het, terwyl Sanet beskryf hoe haar gunsteling eienskap van Bradley is sy geduld en dat hy haar op sy hande elke liewe dag dra.

Bradley en Sanet geniet nou hul liefdevolle verlowings tydperk en wat beter manier om dié tydperk te vas te vang.  ʼn Unieke kweekhuis verlowings fotosessie.  Dié verlowings fotosessie venue het die perfekte atmosfeer geskep vir Bradley en Sanet om presies deur te bring wie hulle is.  Met die natuur wat hul omring het die fotograaf die paartjie uitstekend uitgebeeld en maak gemaklik voel.

Rol nou af en geniet Bradley en Sanet se unieke kweekhuis verlowings fotosessie.

Die paadjie wat gelei het tot die verlowing:


Ons eerste ontmoeting was by ʼn kerk- my oupa(Sanet) se kerk.  Bradley het saam my suster en sy broer daar opgedaag en hulle het ons aan mekaar voorgestel.  Dit het met die eerste oogkontak gevoel of ons harte al saam smelt.  Na die seremonie het ons ʼn melkskommel saam sy broer by die Wimpy gaan geniet en kon ons nie ophou praat nie.  Hy praat nou nog oor daardie dag in my “rooi rokkie” by die kerk.  Ons het mekaar ʼn jaar geken voor hy my gevra het of ek sy meisie sal wees en ons was 3 jaar en 8 maande saam voordat hy besluit het om my te vra om sy vrou te word.

Die groot vraag:


Die verlowing was so ʼn spesiale dag.  Bradley het ʼn hele vakansie gereël met die wete dat hy my gaan vra.  Hy het ʼn dag uit gereël uShaka toe.  Met die aankoms het hy my en my vriendin kar toe gestuur om “handdoeke” te gaan haal.  In daardie tyd het hy ʼn gepersonaliseerde sand beeldhouwerk laat maak met die woorde: “Sanet will you marry me?”

Toe ons terug kom, het hy gesê ons moet drankies by die “pier” gaan drink.  Op pad daarna toe het ek gehoor iemand roep my naam (die man wat die sandkastele bou).  Net daar het Bradley op sy knieë neer geval en my die groot vraag gevra.  Die verlowing was ʼn groot verassing , ek was geskok, in trane van blydskap.  Ek het my arms om sy nek geswaai en net vasgehou.  Ons was bevoorreg om hierdie spesiale oomblik saam ons vriende ten kon gedeel het. Hulle het die kosbare oomblik op ʼn video vasgevang. Na ek my antwoord gegee het, het mense van oral vir ons hande geklap.  Uit die restaurante, vanaf die strand, in die uShaka ry, oral.

Hoekom ons mekaar liefhet:


Sanet:

My gunsteling eienskap van Bradley is hoe baie geduld hy het.  Geduld met my, geduld met enige ander mens. Hy dra my op sy hande, hy het altyd tyd en geduld om my te help maak nie saak waarmee hy besig is nie.  Sy geduld raak nooit op nie, maak nie saak hoe mal ek hom maak nie. Hy is so hardwerkend.  Dag in en dag uit werk hy homself oor ʼn mik.  Sodra hy by die huis kom, werk hy verder.  Alles wat hy in die lewe het, het hy voor gewerk.  Hy hou nooit op tot hy tevrede is nie en hy doen dit alles vir ons.  Bradley het ook ʼn fantastiese sin vir humor, altyd grapperig en weet hoe om ʼn glimlag op iemand se gesig te sit.  Hy sit ʼn glimlag op my gesig sonder om te probeer.

Bradley:

My gunsteling eienskappe van Sanet moet haar persoonlikheid wees, sy is so liefdevol en ondersteun my deur dik en dun al werk ek laat ure en baie naweke.  Sy is altyd daar vir my en ek is so dankbaar vir haar in my lewe.  Sy is hardwerkend en mens kan dit deur haar studies sien, sy is verskriklik baie goed met kinders en sit ʼn glimlag op almal se gesigte om die braai, kampvuur of kuier. Haar glimlag is ongelooflik mooi en haar lag nog meer, kon nie vir ʼn beter persoon vra nie, sy is perfek verby en haar liefde wat sy aan my gee is ongelooflik spesiaal.

Tydperk voordat die knoop deurgehak word:


Ons het reeds ʼn datum vasgemaak en sal dus ʼn jaar en 8 maande verloof wees voordat ons trou beloof.

Die verloofring:


Wat die verloofring betref is eintlik so ongelooflik spesiaal.  Ons het nog voor ons ernstig gepraat het oor trou, ʼn lekker daggie uit beplan.  Terwyl ons deur die plekke geloop het, het ons besluit om vir pret ringe aan te pas.  Met die eerste ring wat ek aangepas het en verlief op geraak het, het hy al notas geneem.  Ons is deur baie verskillende en mooi ringe, maar sonder dat ons ooit weer oor die ring gepraat het, het hy presies daardie eerste ring gekoop wat my hart begeer het.

Rede vir die verlowing fotosessie:


Oorspronklik wou ons ʼn verlowing fotosessie gehad het om die fotos op ons “save the date” te gebruik, maar ons het die “save the date” vroeër uitgestuur as wat beplan was en kon ons dus nie die foto’s vir dit gebruik nie.  Ons het op ons fotograaf afgekom “Andries Combrink” en sy fantastiese foto’s gesien.  So het ons besluit om hom as ons trou fotograaf te gebruik.

Om die “trou-dag-stres” minder te maak, het ons dus besluit om die verlowing fotosessie te boek by hom om hom te ontmoet, om gemaklik te raak voor sy kamera en sy styl deur ons fotos te sien.  Gelukkig vir ons was ons die eerste sekonde wat ons Andries ontmoet het, gemaklik by hom.  Die verlowing fotosessie was soveel pret en kon ons onsself gerus stel vir die trou fotos wat geneem moet word.  Daarom het dit vir ons belangrik gevoel om die verlowing fotosessie te hê.

Inspirasie agter die verlowing fotosessie:


Andries is ʼn uitstekende fotograaf en het ons dus alles in sy hande gelos wat die sessie betref.  Ons is deur ʼn paar van sy fotos vir idees en plekke waar hy al geneem het en het ons sy raad gevolg deur watse plek en styl  ons sal pas.  Ons was so tevrede met die uitkoms.

Verwagtinge en vrese vir die verlowing tydperk :


Ons verwag om hierdie verlowings tydperk net saam te geniet as verliefdes en verloofdes.  Om te onthou om altyd mekaar te ondersteun deur die goeie en slegte tye en om God in te verhouding eerste te stel.  Ek dink meeste verloofde paartjies se vrese is dat KOVID-19 ʼn invloed op te troue gaan hê.

Ons probeer om hierdie vrese te minimaliseer deur die wete dat hierdie iets is wat buite ons beheer is.  Ons het ook ʼn vrees dat dinge nie gaan uitwerk soos beplan op die trou dag nie, maar weereens herinner ons, onsself daaraan dat niemand weet hoe dit moes wees nie, so niemand gaan weet as iets nie volgens plan verloop nie.

Visie vir droomtroue:


Ons droom troue is ʼn troue waar almal net hulle self kan geniet, dans en kuier tot laat ,met vriende en familie wat vir ons ongelooflik baie beteken.

KOVID 19 se uitwerking op jul trou reëlings:


Ons troue gaan steeds voort soos ons dit van die begin af beplan het.

Klik hier vir diensverskaffers

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ʼn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers: