Matthys & Margarete se avontuurlustige strand fotosessie

Matthys en Margarete is ʼn avontuurlustige paartjie wat gretig was om ʼn strand fotosessie te doen.  Hierdie pragtige fotosessie is op die mooi strand van Jongensfontein in die Wes-Kaap vasgevang.

Inspirasie was getrek uit die ongelooflike natuurskoon van Jongensfontein se strand.  Die omgewing het perfek gepas by die persoonlikhede van die paartjie wat so groot lewenslus het.  Dit is ook duidelik sigbaar dat hulle so gemaklik is voor die kamera, wat die foto’s net nóg mooier maak.  Die ligte skakerings van hulle uitrustings het mooi ingeskakel met die gevoel van die fotosessie en hulle het net baie gemaklik gelyk.

Indien jy ʼn paartjie is wat op die oomblik foto-inspirasie soek vir jou verlowings fotosessie, klik hier om na Mooi Troues se verlowings fotosessies te gaan kyk vir tonne inspirasie.  Rol nou af en geniet die foto’s van Matthys & Margarete se avontuurlustige strand paartjie fotosessie.

Die eerste ontmoeting:


Ons het saam met klomp vriende Tafelberg gaan klim!  Deur gemeenskaplike vriende het ons ontmoet.  Ek het amper dood gegaan van onfiks wees, en Matthys het homself vreeslik baie oor my ontferm.  ʼn Jaar en ʼn half later is ons steeds ʼn paartjie!

Gunsteling eienskappe van mekaar:


Matthys:

Margarete se hart, haar passie vir die lewe en vir kinders!

Margarete:

Sy respek vir enige iemand rondom hom, sy liefde vir die Here en sy passie vir enige iets wat hy aanpak.

Drome as paartjie:


TOER.  Margarete wil die wêreld plat toer!  Matthys wil Afrika plat toer!  Saam wil ons nog alles sien!

Dinge wat die paartjie hou van om saam te doen:


Ons hou van buite wees, stap in die berge, boot ry, ski ens!

Inspirasie agter die fotosessie:


Jongensfontein se asemrowende kuslyn was ons inspirasie!  Ek (Karoelien, die fotograaf) brand al vir ʼn geruime tyd om die oulike grasvlakte langs die lang strand te gebruik vir ʼn fotosessie.  Gelukkig het ʼn oulike buurvrou wat meer as bereid was om haar kêrel in te sleep vir ʼn paar foto’s.  Die twee het sommer na die tyd in die branders baljaar.  Dit het die sessie sommer net meer uniek aan hulle en hulle buitelug persoonlikhede gemaak.

Visie vir ʼn romantiese afspraak:


Agter op die bakkie op die plaas met n mooi uitsig! Lekker wyn en lekker sushi of sommer net braai in die bosse!

Klik hier vir diensverskaffers