Liezel & Ruaan se piekniek verlowing

By Mooi Troues hoor ons baie van paartjies wat mekaar al op laerskool geken het maar eers nadat hulle uit die skool is mekaar weer ontmoet en ‘n verhouding begin. So was dit ook met Ruaan en Liezel.  Wat die paartjie na mekaar aangetrek het was  hul droë sin vir humor en lawwigheid.  Dis min ouens wat op ‘n bed op en af spring (amper soos Tom Cruize op Oprah se bank) om sy liefde te verklaar teenoor sy droom vrou. Hulle lyk sjarmant tog gemaklik tydens hulle verlowings fotosessie deur DGR Fotografie.  Tussen fynbos en proteas vang die fotograaf mooi en intieme oomblikke tussen die mooi paartjie vas.  Ten midde van die mooi natuurskoon om hulle, het hulle net oë vir mekaar.

Liezel & Ruaan_0003 Liezel & Ruaan_0004 Liezel & Ruaan_0005

Hoe het julle die eerste keer ontmoet?


Ek was in Gr1 en Ruaan was in Gr2 toe ons mekaar ontmoet het. Ek het op hoërskool die grootste ” crush” op hom gehad. September 2014 het ons paaie weer gekruis en ‘n week later was ons op ons eerste afspraak. Ons is albei bietjie mal koppies en met ons vreemde droë sin vir humor het dinge net gewerk. Elke pot het sy deksel, al is beide die pot en die deksel bietjie skeef.

Liezel & Ruaan_0006 Liezel & Ruaan_0007 Liezel & Ruaan_0008 Liezel & Ruaan_0009 Liezel & Ruaan_0010 Liezel & Ruaan_0011 Liezel & Ruaan_0012

Hoe het julle verloof geraak?


Ons het die aand na ‘n troue by ‘n gastehuis oorgebly.  Nadat  ons terug gekeer het na  ons kamer ( papnat gereën) het Ruaan soos ‘n stout kind op die bed gespring en verklaar: “Die storie werk nie meer vir my nie, ons verhouding moet “upgrade”. Ring in die hand staan hy toe daar en giggel.  Heng, ek dog hy is besig om my te “dump”. Ek het net besef, as ‘n man jou regtig so lief het dat hy jou nat gereën en deurmekaar sal vra om te trou, moet dit ware liefde wees!!!!

 

Liezel & Ruaan_0013 Liezel & Ruaan_0014 Liezel & Ruaan_0015 Liezel & Ruaan_0016

Wanneer beplan julle om te trou?


Ons trou 1 Oktober 2016.

Liezel & Ruaan_0017 Liezel & Ruaan_0018 Liezel & Ruaan_0019 Liezel & Ruaan_0020 Liezel & Ruaan_0021 Liezel & Ruaan_0022 Liezel & Ruaan_0023 Liezel & Ruaan_0024 Liezel & Ruaan_0025 Liezel & Ruaan_0026 Liezel & Ruaan_0027 Liezel & Ruaan_0028 Liezel & Ruaan_0029 Liezel & Ruaan_0030 Liezel & Ruaan_0031 Liezel & Ruaan_0032

Diensverskaffer:

  • Fotograaf: DGR Photography