Delano & Vidette se oulike verlowing fotosessie

“Die Windpomp gaan soek nie die wind nie.  Alles gebeur op sy tyd.” is die woorde op ‘n plakkaat wat Delano en Vidette vas hou terwyl die dinamiese span van Emet Fotografie die paartjie se oulike verlowing fotosessie vasvang op fotos vir hul vir ewige herinneringe.

“Hiermee graag deel ons ‘n stukkie van ons hemel met julle,van die ontmoeting tot by ons heerlike en sprokiesagtige troudag.” sê Vidette


delano-vidette_0002 delano-vidette_0003 delano-vidette_0004 delano-vidette_0005


Hoe het julle ontmoet?

Ons het op skool ontmoet,terwyl ek in Menlopark was en hy in Overkruin.  Tog is dit ver uitmekaar maar met die gesels platform Mxit het ons gou gou goeie vriende geraak,en was so vir 8 jaar.  Ons is tydens universiteit een aand saam in ‘n groep uit en het gedans tot die son opgekom het,en net daar met ons harte op ons moue geloop.Gevoelens teenoor mekaar herken en van daar af was ons gekys en onafskeidbaar.

Ons het 4 jaar uitgegaan en toe is die groot vraag gevra…


delano-vidette_0006 delano-vidette_0007 delano-vidette_0008 delano-vidette_0009 delano-vidette_0010


Hoe het ons verloof geraak?

Ons was op vakansie saam met ‘n groep van stuks 24 mense in Namibië, meer spesifiek Swakopmund.  Delano het baie vreemd opgetree en was baie stiller as gewoonlik en ek kon nie verstaan waarom nie.  Min wetende van die boksie wat hy oral saamdra.

Na vele probeerslae hetsy van vierwiel ry in die duine tot ‘n diepsee bootrit met dolfyne en ‘n seeleeu is die groot vraag toe gevra.  Ons het die aand gaan uiteet by die “Jetty”, ‘n luukse restaurant wat op ‘n stellasie in die see gebou is.  Ek het sonsteek gehad en goor gevoel en glad niks verwag nie.

Na ete het ons terug gestap strand se kant toe,toe ‘n golf met eens breek en ons sopnat spat.  Met die omdraai om te kyk waar Delano is, het hy gestaan met die mooiste ring wat ek nog ooit gesien het in sy hand en voor hy behoorlik kon vra,het ek geroep “Ja ek sal met jou trou?”.


delano-vidette_0011 delano-vidette_0012 delano-vidette_0013 delano-vidette_0014 delano-vidette_0015 delano-vidette_0016 delano-vidette_0017 delano-vidette_0018 delano-vidette_0019 delano-vidette_0020 delano-vidette_0021 delano-vidette_0022 delano-vidette_0023


Wanneer het julle getrou?

So was ons 2 jaar verloof en is op die warm dag 22 Augustus 2015 getroud en wat ‘n ongelooflike dag was dit nie.  Die dag het perfek uitgedraai,net soos ons daarvan gedroom het en dit te danke aan uitstekende verskaffers.


delano-vidette_0024 delano-vidette_0025 delano-vidette_0026 delano-vidette_0027 delano-vidette_0028 delano-vidette_0029


Diensverskaffers:

Fotograaf: Emet fotografie