Patrick & Berne-Lee se stedelike verlowing fotosessie

Ons deel in hierdie inskrywing met ons Mooi Troues lesers die stedelike verlowing fotosessie van Patrick en Berne-Lee in Kimberley.  Hierdie paartjie se pragtige elegante styl het perfek gewerk vir hulle fotosessie in die stad.

Patrick en Berne-Lee het inspirasie gevind op Pinterest om hul stedelike verlowing fotosessie hul eie te maak en hul styl te weerspieël.  Indien jy self meer foto inspirasie soek vir jou verlowing fotos, klik hier en gaan loer na ons ander gepubliseerde verlowing fotosessies op Mooi Troues.

Hierdie paartjie se paadjie na hul verlowing was geaffekteer deur KOVID-19.  Hulle liefdesverhaal dien as pragtige inspirasie.  Dit wys dat mens nie enige iets in jou pad moet laat staan as jy werklik saam wil wees nie.  Patrick het steeds ʼn pragtige verlowing vir Berne-Lee beplan en hulle foto’s wys werklik hoe hulle liefde vir mekaar blom.

Rol af om meer foto’s te sien van dié stedelike verlowing fotosessie en om Patrick en Berne-Lee se liefdesverhaal te lees.

Die paadjie wat gelei het tot die verlowing:


Ons ken mekaar eintlik al jare!  Ons was in Graad R in dieselfde klas en het selfs ʼn klasfoto van ons saam!  Byna 6 jaar gelede het ons by ʼn partytjie gesels en ons het albei besef ons het chemie, die res is geskiedenis.  Ek het hom eintlik eerste genader toe ek hom by die partytjie sien.  So dames moet nooit bang wees om die eerste skuif te maak nie!

Die groot vraag:


Hy het my gevra om te trou op my verjaarsdag!  Op die dag van my verjaarsdag het hy gesê ek moet mooi aantrek vir ʼn romantiese middagete.  Op pad na die plek vir middagete begin hy vreemd optree en sy woorde maak nie sin nie, hy het ʼn grap gemaak en gesê dit is omdat ek so mooi lyk.  Toe ons aankom was ek stomgeslaan met ʼn ongelooflike verjaarsdag piekniek by Oude Kraal in Bloemfontein … Ek het baie verdag geword toe ʼn fotograaf opgedaag het.  Dit is toe Patrick op sy een knie sak en sê: “Ek wil nie langer wag nie, wil jy asseblief met my trou”.  Ek het natuurlik ja gesê en die gelukkigste seisoen van ons lewens het begin.

Hoekom ons mekaar liefhet:


My gunsteling eienskappe van Patrick is te veel om op te noem, maar as ek ʼn paar moet kies, is dit sy geduld, die feit dat hy so betroubaar is – ek kan altyd op hom reken en die manier waarop hy my hardop liefhet, ek hoef nooit te twyfel in sy liefde vir my.

My gunsteling eienskappe van Berne-Lee is beslis haar sin vir humor, haar empatiese aard en dat sy my altyd ondersteun.

Tydperk voordat die knoop deurgehak word:


Op die oomblik wat ons hier skryf, is ons 10 maande verloof.  Ons beplan om in September 2021 te trou, so daar is nog twee maande, opwindende tye!

Die verloofring:


Berne-Lee se beskrywing van haar verloofring was baie eenvoudig; ʼn paar jaar gelede het sy my ʼn prentjie gewys van wat sy graag wil hê.  ʼn Fyn solitaire diamant.  Ek het die prentjie gestoor, tot ek haar ring begin 2020 laat maak het.  Die plan was om haar te vra om te trou op ʼn oorsese reis wat ons vir Junie 2020 beplan het, maar weens Kovid moes ons kanselleer.  Ek het besluit om eerder haar te vra om te trou op haar verjaardag in September.  Dit was stresvol om so lank die ring te hou, want ek het gedink sy sal dit op een of ander manier vind.

Rede vir die verlowing fotosessie:


Afgesien van die feit dat ʼn verlowing fotosessie by ons troufoto’s pakket ingesluit is en Patrick nie ʼn aanhanger van die neem van foto’s is nie, het ons gedink dat dit ʼn goeie idee sou wees om die verlowings foto’s te neem sodat hy gewoond kon raak aan die fotograaf.  Ons het ook die foto’s gebruik vir ons trou uitnodigings.

Inspirasie agter die verlowing fotosessie:


Beide van ons wou iets anders doen en ek (Berne-Lee) wou regtig ʼn pak dra!  Ons het die inspirasie op Pinterest gevind en daarmee saamgegaan.  Ons is tevrede met hoe stylvol die foto’s uitgekom het.

Verwagtinge en vrese vir die verlowing tydperk :


Ons grootste vrees is dat die pandemie in ons troue se pad sal staan, maar ons verkies om die lewe sy gang te laat gaan en op die positiewe te fokus.  Hopelik verloop alles volgens plan.

Visie vir droomtroue:


Iets elegant maar tog eenvoudig.  Ons het geen idee gehad waar om te begin nie, maar ons is gelukkig genoeg om ʼn wonderlike troubeplanner te hê wat alles vir ons al die reëlings tref.  Ek sal graag wil glo ek is nie ʼn “bridezilla” nie, want ek was nie te betrokke nie.  Ons laat ons troue basies in die bekwame hande van ons troubeplanner.  Die onthaal sal ʼn verrassing wees vir beide die bruid en bruidegom, aangesien ons nie ʼn voorbeeld van die tafel of enige iets aangevra het nie.

Klik hier vir diensverskaffers

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ʼn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers: