Charl & Heleen se buitelug verlowings fotosessie

Charl en Heleen het ʼn buitelug verlowings fotosessie gehad in ʼn myn in Benoni.  Dit was die perfekte ligging wat ʼn mooi kontras geskep het tussen hul donker uitrustings se kleurskema en die natuur.

Heleen het verlowings foto’s gesoek wat die teenoorgestelde effek skep as troufoto’s.  Hulle het die verlowings fotosessie geleentheid gebruik om kreatief te raak en iets uniek te skep.  Heleen het donker grimering gedra in rooi skakerings wat mooi by haar smaraggroen rok gepas het.  Charl en Heleen se uitrustings het uitgestaan teen die neutrale kleure van die myn.

Die motor, die vonkelwyn en Heleen se lang rok het vir hulle meer speelveld gebied tydens die fotosessie.  Die myn in Benoni het ʼn baie simplistiese agtergrond gebied, maar die paartjie het werklik kreatief te werk gegaan met die spasie.

Rol gerus af en geniet meer van Charl en Heleen se buitelug verlowings fotosessie.

Die paadjie wat gelei het tot die verlowing:


Ons het mekaar aanlyn ontmoet, voel of ek die “kêrel boerpot” gewen het.  Dadelik het ons geweet hier is iets spesiaal.  Ons was ʼn jaar saam voor ons verloof geraak het.

Die groot vraag:


Ons het gepraat, gedroom, beplan en gehoop!  Ons het verloof geraak tydens KOVID-19 se vlak-5 grendeltydperk.  Charl is ʼn dokter en ek was op daardie stadium bekommerd oor hom en onseker oor die toekoms.  Skielik is als nie meer so maklik om vooruit te beplan nie.  Charl het net daar, voor die kaggel by sy huis in Melville op sy knieë gegaan en my gevra om te trou.  Hy het gesê “Al is alles daarbuite onseker, is hy seker van ons”

Hoekom ons mekaar liefhet:


Charl het die mooiste omgee hart.  Hy het lief met soveel oorgawe en wys dit elke dag.

Heleen maak my heel, sy sien net die mooi in my en ander.

Tydperk voordat die knoop deurgehak word:


Ons was amper ʼn jaar verloof.

Die verloofring:


Die ring was ʼn verassing.  Charl het dit self ontwerp en laat maak.

Rede vir die verlowing fotosessie:


Ek het van die begin af geweet dat wanneer ons trou ek In Abundance Photography wil gebruik, hulle is net ongelooflik!  Hulle pakket sluit ʼn verlowing fotosessie in.  Ek was so bly en opgewonde!

Inspirasie agter die verlowing fotosessie:


Ek hou van verlowingsfoto’s wat nie soos troufoto’s lyk nie.  Daarom die donker rok en “sexier” grimering.  Ek dink dis waneer jy meer kan eksperimenteer met hare, grimering en idees.

Verwagtinge en vrese vir die verlowing tydperk :


Met KOVID-19 is dit moeilik om vooruit te beplan en dinge kan enige tyd verander. Ons wou graag al die familie daar hê maar wou ook nie kanse vat met mense se gesondheid en risiko vir KOVID-19 nie.  Ons was heelpad versigtig en optimisties.

Visie vir droomtroue:


Ons troue moet feesviering wees saam met ons hartsmense.

Klik hier vir diensverskaffers

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ʼn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers: