Pelser & Cheney se buitelug troue

Pelser en Cheney se prentjie mooi buitelug troue is die perfekte voorbeeld van hoe baie moontlik is gedurende ʼn wêreld pandemie.  Die paartjie vertel dat hul letterlik al hul trou reëlings moes verander as gevolg van KOVID-19.  Dit het hulle nie gestop om nogsteeds ʼn pragtige makietie te hou saam met plaaslike vriende en familie nie.  Alhoewel buitelandse gaste nie die troue kon bywoon nie, het hulle wel ʼn regstreekse aanlyn uitsending gedoen, sodat gaste dit van reg oor die wêreld saam kon feesvier.

Ons hou baie van Cheney se pragtige trourok wat so mooi gepas het by Pelser se deftige troupak.  Die swart en wit tema vir die strooimeisies en strooijonkers gee die troue onmiddellik ʼn statige gevoel.  Dan is daar die oulike sagte vloeiende rokkies van die blomme-meisies wat so oulik gelyk het.  Al die verskillende moderne elemente van die troudag het so mooi bymekaar gekom.

Die paartjie sou ʼn groter binne troue hou, maar het toe besluit om eerder vir ʼn meer buitelug troue te gaan.  Ons is gek oor die gevoel van die paartjie se buitelug troue.  Van die seremonie onder die bome tot die baie oulike donut-koek toring – alles wat baie stylvol gedoen vir ʼn buitelug troue.

Beplan jy jou troudag?  Besoek Mooi Troues se Trougids vir professionele diensverskaffers.

buitelug troue buitelug troue buitelug troue

Paartjie se Liefdesreis:


Ons storie het in Januarie 2015 begin waar ons mekaar by die skool (ons is albei onderwysers) ontmoet het.  Ons is by dieselfde bus, bus 6, ingedeel om elke middag busdiens te doen.  Dit was daar in die warm son, reën en koue waar ons mekaar beter leer ken het.

Die vriendskap het vinnig tot meer gegroei, of nee nie so vinnig nie, ek moes 10 baie lang maande wag voordat Pelser my die kys gevra het op 2 April 2016.

In Junie 2019 het Pelser my vertel van ʼn spesiale aanbieding wat Melissa Meyer Photography het.  Ek het kontak met Melissa gemaak en besluit op ʼn datum minwetend dat Pelser en Melissa agter my rug gesels en die hele dag beplan.  Op 17 Augustus 2019 besluit Pelser om die “groot stap” te neem en hy vra my om met hom te trou.

buitelug troue buitelug troue buitelug troue buitelug troue buitelug troue buitelug troue buitelug troue buitelug troue buitelug troue buitelug troue buitelug troue buitelug troue buitelug troue buitelug troue buitelug troue

Die Verlowing Tydperk:


Ek het dadelik begin beplan aan ons troue.  Ons het sommer 10 dae na ons verloof geraak het ons venue bespreek.  Ons het meeste van die beplanning self gedoen maar ek het baie raad gevra van vriendinne en familie en ek dink soms ons venue koördineerder mal gemaak met al my stem-notas.  Teen Desember 2019 was ons hele troue klaar beplan, maar toe gebeur Kovid-19.

buitelug troue buitelug troue buitelug troue buitelug troue buitelug troue

Finansiële Aspekte:


Ons ouers het vir ons ʼn bedrag geld gegee. E k en Pelser het ons bes probeer om in ons begroting te hou deur die beplanning.  Ons het oorspronklik 95 gaste genooi , maar as gevolg van Kovid-19 regulasies net 39 gaste by die troue gehad.  Dit het ons baie geld gespaar.

Cheney:

Dit is julle spesiale dag.  Wees getrou aan julle eie styl vra vir raad, maar moenie verplig voel om alles te doen wat jy al by ander troues gesien het nie.

Pelser:

Moenie ander probeer beïndruk met tierlantyntjies nie.

buitelug troue buitelug troue buitelug troue buitelug troue buitelug troue buitelug troue buitelug troue buitelug troue buitelug troue buitelug troue buitelug troue buitelug troue

Merkwaardigste Oomblikke:


Cheney:

Die dag was gevul met baie spesiale oomblikke saam met my hartsmense, maar as ek twee oomblikke kon kies wat uitgestaan het sou dit wees die “first look” saam met my blommemeisies en dan Pelser se reaksie toe hy my by die paadjie sien afloop.

Pelser:

Toe ek vir Cheney vir die eerste keer sien.  Die trane het behoorlik gevloei.

Kovid-19 het ons trouplanne onderstebo en agterstevoor gegooi.  Ons kon ongelukkig nie al ons familie en vriende daar gehad het nie, maar ons fotograaf het voorgestel om ʼn Facebook groep te stig waar sy en haar man ʼn regstreekse uitsending sou behartig.  Familie en vriende in Malawi, Australië, Namibië en hier in Pretoria saam met ons die groot oomblikke gedeel.

buitelug troue buitelug troue buitelug troue buitelug troue buitelug troue buitelug troue buitelug troue

Die ‘nie-so-perfek’ oomblikke:


Ons sou graag die dag saam met al ons familie en vriende wou deel.  Dit was vir ons baie emosioneel om nie almal te kon akkommodeer nie.  Ons beplan om in 2021 op ons 1ste huweliksherdenking ʼn onthaal te hou saam met almal wat nie die troue kon bywoon nie.

buitelug troue buitelug troue buitelug troue buitelug troue

KOVID 19 se uitwerking op jul troudag:


Ons oorspronklike troudatum was 26 Junie 2020, maar as gevolg van Kovid-19 het ons ʼn in April die baie moeilike besluit geneem om die troue uit te stel.  Die span by De la Mas was so wonderlik deur die hele proses.  Ons het ʼn nuwe datum bespreek vir November 2020, maar met die jaar en alles wat om ons gebeur het wou ons vroeër ons lewe saam begin.

Ek het ʼn maand voor ons derde troudatum vir Simoné gekontak om te vra hoe lank sy nodig het om my rok te maak, sy was so opgewonde dat sy gesê het 3 weke is al wat sy nodig het.  Daarna het ons begin beplan.

Gastelys moes drastiese verminder word:

Ons moes ongelukkig ons gastelys met meer as die helfte gaste sny.  En ons prentjie oor ʼn “perfekte troue” het vinnig verander. Ons het besluit om ʼn buite troue te hê sonder ʼn aansit ete. Die seremonie was vroeg middag en al die gaste is teen 20:00 huis toe.

As ons nou terug kyk na hierdie warrelwind van ʼn jaar en ʼn troue sonder enige van die normale tradisies sou ons dit alles weer presies dieselfde gedoen het net met al ons familie en vriende daar. Ons dag, afgesien van alles wat ons nie gehad het nie was steeds baie spesiaal.

buitelug troue buitelug troue buitelug troue buitelug troue

Die Besluitnemingsproses:


Ons het meeste van die besluite saam geneem.  Dit was vir my uiters belangrik om Pelser betrokke te maak by so veel as moontlik besluite.  Ek sou selfs as dit “aanvaarbaar” was hom saam geneem het om my rok te ontwerp.  Ons het baie raad gevra van my my strooimeisies, maar die finale besluit het altyd by my en Pelser gelê.

buitelug troue buitelug troue buitelug troue buitelug troue buitelug troue

Venue & Dekor:


Ek het altyd foto’s gesien van De la Mas en dit was heel bo aan my lysie van venues om te besoek.  Pelser het ʼn groot rol gespeel in die kies van die venue en dekor, dit was vir my baie belangrik om hom so veel as moontlik betrokke te maak daarby.  De la Mas was die tweede venue wat ons besoek het en ons het dadelik die datum bespreek.  Albei van het onmiddellik gekliek met Madelé en sy het ons so op ons gemak laat voel.

Ek en Pelser wou graag baie minimalistiese dekor gehad het met min blomme.  Ons planne vir dekor het ʼn paar keer verander as gevolg van Kovid-19 maar op die ou einde het Kinna van Ai Ai ons wildste drome oortref met haar uniek idees vir ons “Kovid-19 buitelug troue”.

buitelug troue buitelug troue buitelug troue buitelug troue buitelug troue

Klik hier vir diensverskaffers