Morné & Megan se vrolike bruilofsfees

Hier by Mooi Troues deel ons vandag met ons lesers meer oor Morné en Megan se vrolike bruilofsfees.  Die paartjie het hulle hele troue is slegs twee weke gereël.  Dit wil gedoen wees.

Trouvenue:

Die paartjie het by Wederom Wedding Venue getrou.  Wederom is in die hart van die Robertson Wyn vallei.  Die plaas en trou venue is omring deur wingerde en vrugteboorde, en in die agtergrond lê die pragtige Langeberg berg-reeks.  Paartjies wat op Wederom trou, het die voordeel van die pragtige natuurskoon van die Boland, wat in elke seisoen ʼn ander tipe mooi bied.  Wederom se tuine is ook veral populêr vir troue seremonies, en het al selfs aan die Tuin van die Jaar kompetisie deelgeneem en weggestap met die eerste prys!  Daar is dus NOOIT ʼn slegte tyd om ʼn troue te hou op Wederom nie!

Verblyf:

Die paartjie het wel ook by die venue gebly by die Wederom @ Hanepoot huisies.  Wederom se Hanepoot Huisies gastehuis kan tot en met 30 gaste akkommodeer.  Wanneer ʼn paartjie op Wederom trou, het die bruid en bruidegom, asook die gevolg, die gerief om sommer ook op die plaas reg te maak in die pragtige om geskepte bruidskamer.

Troufotograaf:

Dan wil ons ook net noem hoe beïndruk ons is met al die foto’s van die troue.  Morné en Megan het die talentvolle Lucille Scheepers  gevind op Mooi Troues se aanlyn trougids.  Lucille is ʼn leefstyl en trou fotograaf wat gebaseer is in die Wes-Kaap!  Sy het 6 jaar gelede troues begin afneem en geniet dit nogsteeds soos die eerste keer.  Sy’t  ʼn passie vir foto’s en ʼn hart vir mense en  is ʼn “hopeless romantic”  en wat glo in sprokies verhale.  Haar styl van haar foto’s  beskryf sy  as romanties, “moody” en “dreamy”.  Haar foto’s vertel ʼn storie en sien uit daarna om julle storie vas te vang!  Sy hou van alles wat mooi en opreg is, alles wat Jesus se liefde uitstraal.

Elke liewe diensverskaffer het hulle verwagtinge oortref.  Indien jy opsoek is na puik diensverskaffers, besoek gerus Mooi Troues se trougids.  Rol gerus af en geniet meer van Morné en Megan se vrolike troue.

Paartjie se Liefdesreis:


Ons albei werk op die seiljagte en het mekaar per toeval ontmoet by ʼn rugby wedstryd in Monaco oorsee.  Ons het op verskillende skepe gewerk en altyd kontak behou.  Een jaar later het my CV op Morné se boot beland sonder dat ons bewus was daarvan.  Ons het saam begin werk op dieselfde boot.  Nie lank daarna nie het Morné my onder die sterre uitgevra met ʼn koppie tee.  Ons het in Tahiti verloof geraak.  Morné het gevra.

Die Verlowing Tydperk:


Ons was vir 5 maande verloof.  Nee, ons het nie.  Ons het ons troue in 2 weke gereël.  Ons was uiteindelik by die huis nadat ons vir ʼn jaar oorsee vasgesit het as gevolg van KOVID-19 en die grendeltydperk.  Toe ons by die huis kom en Wederom het ʼn opening en die inperking was op vlak 1, het ons besluit ons moet nou die troue reël voor ons terug gaan boot toe.  Omdat ons weet nie wat gaan gebeur in ons volgende verlof nie en ons wou nie ʼn troue reël vir later die jaar en dit dan weer uitstel nie.

Finansiële Aspekte:


Ons het nie ʼn begroting gehad nie.  Omrede ons, ons troue in 2 weke gereël het.  So dit het nie gegaan oor hoeveel iets kos nie, maar eeder oor wie is beskikbaar.  Ten spyte daarvan was elke sent die moeite werd.  Ons het 50 gaste gehad.

Die Besluitnemingsproses:


Bruid het meeste reëlings gemaak saam haar ma en sussie wat die hoof-strooimeisie was.

Gunsteling Diensverskaffers:


Om eerlik te sê ons kan nie kies nie.  Elke liewe diensverskaffer het ons verwagtinge oortref.  In die kort tydjie wat almal gehad het om die troue bymekaar te sit.  Was als meer as perfek as ons meer tyd gehad het, sou ons nogsteeds niks wou verander of anders doen nie.  Die dag was meer as perfek.  Te danke aan als ons wonderlike diensverskaffers.

Merkwaardigste Oomblikke:


Om by die trougang af te stap en mekaar in die oë te kyk en te weet hier begin ons lewe nou saam verewig en altyd met ons sielsgenoot en beste vriend.

Vermaak:


Platejoggie.  Hy het ʼn ongelooflike talent en het die gaste so goed gelees en altyd geweet watter liedjie om te speel en wanneer.  Hy het die partytjie aan die gang gehou van die begin tot die einde van die aand.

Paartjie se styl:


Ons wou ‘n rustieke, gemaklike troue gehad het, maar met ʼn tikkie van goeie klas.  Trourok – boheemse elegante styl.  Bruidegom – chino, pak-baadjie en strikdas met kruisbande.  Trouringe – baie fyn en elegant.  Albei ringe is van platinum gemaak.

Advies aan toekomstige bruide & bruidegomme:


Bruide:

geniet elke sekonde van die dag van die oomblik dat jy jou oë opmaak tot die aand wat jy gaan slaap.  Die dag gaan so vinnig verby, vinniger as wat jy kan dink en jy kan nooit weer die dag herleef nie.  Dis die beste dag van jou lewe.  As iets verkeerd gaan moenie jouself opwerk nie.  Wees rustig en laat jou bruids-gevolg of trou koördineerder dit uitsorteer.

Bruidegom:

Berei jou toespraak voor betyds en maak seker jy ken hom goed.  Die stres vlakke loop hoog daai tyd en die manne maak dit nie maklik wanneer jy jou toespraak moet lewer nie.  Maak seker jy kyk jou vrou in die oë wanneer jy met haar praat.

Venue & Dekor:


Ons het 3 idees gehad.  Naweek troue, wynplaas en verblyf op die venue.  Wederom wynplaas kon als verskaf en bo op dit was hulle onthaal saal perfek vir ons rustieke tema en hulle tuin perfek vir die onthaal om die elegante afronding op als te plaas.

KOVID 19 se uitwerking op jul troudag:


Ja, omrede KOVID-19 en al die onsekerheid het ons besluit om eerder nou ons troue in 2 weke te reël en te weet ons kan 50 gaste hê.  Die drank lisensie was oop, daarom wou ons dit nie maande vooruit reël en dan moet dit weer uitstel of skuif nie.

Wittebrood:


Ons het net ʼn klein wittebrood gehou omdat ons weer moes terug gaan werk toe.  Ons het Botlierskop gekies vir die rede dat ons ʼn safari wittebrood wou hê en sal later die jaar Kenia toe gaan vir ʼn safari bos wittebrood.

Eerste Dans:


Ons eerste dans liedjie was – gooi jou arms om my.  Ons dansvloer was onder die sterre met duisende “fairy lights” wat in die bome gespan was.  Dit was soos ʼn sprokiesverhaal.  Al die gaste het om die dansvloer gestaan met die eerste dans met vonkstokkies in hulle hande.  Ons het glad nie geoefen vir ons eerste dans nie.  Ons het eintlik vergeet, maar dit was seker nog ons beste dans ooit.

Mooi Troues Diensverskaffers:

Klik hier vir meer diensverskaffers

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ʼn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

Diensverskaffers: