Frida Kahlo geïnspireerde trou inspirasie

Hier by Mooi Troues deel ons Frida Kahlo geïnspireerde trou inspirasie wat jou asem sal wegslaan.  Vir die van julle wat nie bekend is met die kunstenaar nie, hier is ʼn kort verduideliking.  Frida Kahlo was ʼn Mexikaanse skilder, bekend vir haar vele portrette, selfportrette en werke wat geïnspireer is deur die natuur en artefakte van Mexiko.

Baie paartjies is opsoek na ʼn tema vir hul troudag, daarom is ons opgewonde om met julle die gestileerde trou inspirasie hieronder te deel.  Die fotosessie het nie ʼn spesifieke kleurskema gebruik nie en het besluit om te gaan met helder en bont kleure.  Ons is gaande daaroor hoe alles so mooi bymekaar gewerk het.  Alhoewel die fotosessie ʼn baie helder ondertoon het, het dit ook ʼn mooi donkerder ondertoon, wat vreeslik mooi is.

Die verskillende rok ontwerpe is prentjie mooi en baie sag op die oog.  Dan is daar die pragtigste blom ontwerpe wat al die verskillende kleurskakerings so mooi uitbeeld.  Ons is mal daaroor hoe hulle die mosterd, groene, rooi en pers alles so mooi laat bymekaar vloei.  Die tafel dekor op die ligte hout tafel en die helder blom illustrasie skryfbehoeftes werk perfek saam met die tema.  Verskillende blom tipes was saam gebruik en dit wys jou dat alles moontlik is.

Rol af om meer te lees agter die inspirasie van die fotosessie en vind tonne inspirasie vir jou eie troue hieronder.

Wie het die fotosessie gereël?


Zana Photography

Inspirasie agter die fotosessie:


Ek is iemand wat passievol is oor enige iets kreatief!  Blomme en ontwerp speel ʼn groot rol in my lewe en ek het navorsing gedoen oor hoe ek dit met my liefde van fotografie kan kombineer.  Pinterest was ook ʼn bron waar ek my idee verder gevat het, en daarna het ek met baie talentvolle verskaffers gesels en ons het saam begin droom.  Elkeen se idee het ʼn ander een aangespoor.

Hoekom is die span diensverskaffers gekies om saam te werk?


Baie van die verskaffers ken ek al vir jare!  En hulle werk was nog altyd tops gewees.  Ons deel ons passie vir kuns en vir kreatiwiteit en hulle almal was so opgewonde gewees oor die tema dat ek hul net een keer moes vra en hulle almal was aanboord!

Agter die skerms van die fotosessie:


Na ons sessie het ons op die grondpad gaan staan omdat ons band gebars het!  Ek en my beste vriendin, Simone, wat die model was vir die sessie moes saam in die reën probeer wiel ruil!  En dit alles terwyl ons 10m weg was van die teerpad!  Darem het daar iemand gestop en ons gehelp!

Merkwaardigste deel van die fotosessie:


Alhoewel ek die verskaffers al jare ken, het ek vir Larissa van Darling Dahlia ontmoet die dag van ons sessie en ons het dadelik vriendinne geraak.  Dit was sulke spesiale samesmelting van vriendskap, kreatiwiteit en passie.  Dit was so mooi om te sien.  Elkeen wat betrokke was het hul bes gegee en mens kan dit sien in die fotos.

Dekor:


Larissa van Darling Dahlia het haar eie inspirasie en idees gehad toe dit gekom het by die dekor en blomme.  Ek het vir haar die ontwerpe gestuur van Janine by Blue Little Owl House en my Pinterest bord en sy het gehardloop met die idees.  Toe ons by Champagne Living kom was dit net opstel en ons het begin neem!

Kleurskema:


Ons het nie besluit op ʼn kleurskema nie.  Ons het tussen mekaar besluit ons gaan helder en bont kleure gebruik, en so het ons bymekaar ingeval.

Venue en Ligging:


Champagne Living is een van die pragtigste venues wat daar is!  Ek was so opgewonde om met hulle te werk en Marilise wat sulke groot hulp gewees op die dag!  Syt als mooi uiteengesit en ons kon baie vinnig en goed saam werk om op en af te stel.

Advies aan toekomstige paartjies wat troue beplan:


Hierdie tema is beslis vir ʼn unieke paartjie!  As mense hou van ‘anders’ wees en hulle wil uitstaan sal ek beslis hierdie tema volg.  My advies sal beslis wees om jou verskaffers mooi te kies.  Kyk na hulle vorige werk, en bestudeer dit.  Kyk dat hulle ervaring het om met jou tema en styl te kan werk en dat hulle jou verwagting sal kan oortref!

Klik hier vir diensverskaffers

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ʼn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers: