Suren en Suandri se intieme plaastroue is die perfekte voorbeeld van hoe jy nogsteeds ʼn pragtige troudag kan hê, tenspyte van die huidige pandemie. Die paartjie het op dieselfde plaas getrou waar Suren vir Suandri die groot vraag gevra het. So ʼn oulike idee, veral omdat die paartjie soveel goeie herinneringe hier het.
Suandri het pragtig gelyk in haar trourok wat so mooi gevloei het. Suren het net so dapper gelyk in sy swart pak. Dit gee ʼn formele gevoel tot die troudag wat so mooi in kontras is met die plaas landskappe. Ons is ook mal daaroor dat Suandri se hare so mooi los was met die groot krulle! Hulle maskers wat hul gedra het op die dag was ook gemerk gewees en lig pienk en swart gewees. Oulike idee!
Kyk net hoe mooi kan ʼn intieme plaastroue lyk. Suandri en Suren het baie moeite gedoen wanneer dit kom by die dekor elemente. Ons is mal oor die hout bankies by die buitelig seremonie en die gebruik van groen blom ontwerpe. Op die die tafel was skakerings van pienk gebruik, proteas en ook rose. Dit met tikseltjies koper elemente gee dit ʼn moderne, maar nog tees baie stylvolle gevoel. Die dekor elemente staan so mooi uit op die rou hout tafel en die donker groen blom ontwerp bo die tafel wat belig word deur mooi ligte.
Rol af om meer te lees oor Suren en Suandri se intieme plaastroue en ook hul liefdesreis as paartjie.
Paartjie se Liefdesreis:
Ons het mekaar jare terug ontmoet by ʼn kampplek in Montagu, waarby ons ouers groot vriende geraak het. Deur die jare was ons albei in verhoudings. Ons het ʼn paar jaar terug mekaar weer ontmoet vir ʼn kuier en van die vriendskap af het ons verhouding ontwikkel.
Na ʼn jaar en ʼn half saam het ons geweet ons wil met mekaar trou en het Suren my gevra om te trou. Suren het my gevra om te trou op die plaas waar hy bestuurder is by die dam op die plaas.
Ons het met ons hond gaan stap en ek het video’s van haar geneem en toe ek omdraai was hy op sy knie met die ring. Ek het dadelik sonder twyfel ja gesê.
Die Verlowing Tydperk:
Ons was ʼn jaar en twee maande verloof voordat ons getrou het. Gedurende die tyd het KOVID-19 aangebreek en was daar grendel tydperke ingestel. Ons het van ʼn trou beplanner gebruik gemaak en sy het beslis ons idees geneem en net nog beter voorgelê.
Finansiële Aspekte:
Ons het van die begin af so ver as moontlik ʼn streng begroting vir onsself gestel. Ons aanvanklike troue sou ons ook so klein as moontlik gehou het met net naaste familie en vriende. Met ons elopement was ons 9 gaste in totaal.
Merkwaardigste Oomblikke:
Die merkwaardigste deel van ons troudag vir ons albei was hoe spesiaal ʼn “elopement” styl troue steeds kan wees. Hoe spesiaal en kosbaar die intieme oomblikke kan wees. Die tyd wat jy saam met jou man of vrou kry is die kosbaarste en ons kon soveel spesiale oomblikke deel met mekaar en ons ouers, ons broers en my hoof strooimeisie.
Die Besluitnemingsproses:
Ons het albei saam die finale besluite geneem maar dit was wel vir ons albei belangrik om ons ouers in ag te neem in ons besluite aangesien hul ʼn groot finansiële bydrae gemaak het in ons troue. Dit was vir ons belangrik om aan hul voor te le hoe ons die geld sou gebruik en wat ons idees is vir ons troudag.
Gunsteling Diensverskaffers:
Dit is beslis ʼn moeilike besluit. Ons troubeplanner Marilise Summers het ons dag so glad laat verloop en het alles perfek laat lyk. Sy is voorwaar die beste.
En ook ons fotograaf – Natasha Louw van Boland Weddings. Sonder haar sal ons foto’s nie so perfek wees nie en sy het ons so op ons gemak laat voel en so ʼn aanvoeling vir die regte foto op die regte oomblik.
Die ʼnie-so-perfek’ oomblikke:
Die wind het verskriklik begin waai net voor ons seremonie moes plaasvind. Daar is so baie dinge buite ons beheer en ek was so gelukkig om met my man te kon trou ek kan nie eers se ek het die wind eers veel agter gekom nie.
Met KOVID-19 en die grendeltydperk was daar reeds so baie dinge wat buite ons beheer was dat ek nie daaroor ge-stres het as die klein dinge verkeerd loop nie. Die belangrikste was om steeds te kon trou met my man en dit te kon deel met ons naastes. Die dag was perfek nietemin.
Advies aan toekomstige bruide & bruidegomme:
Dames:
Neem alles soos dit kom, ons kan nie alles beheer nie. Daar gebeur altyd iets maar vertrou op die mense om jou om jou te help en gee oor sodat hul daar kan wees vir jou.
Manne:
Neem elke oomblik in. Dit gaan so vinnig verby en voor jy jou kom kry is die hele dag weer verby.
Venue & Dekor:
Ons venue, Klein Welmoed Wine and Olive Estate, is die plaas waarop die bruidegom, Suren die plaasbestuurder is. Dit is ook waar hy my gevra het om te trou so dit was vir ons van die begin af so ʼn spesiale plek om ons troudag te kon vier.
KOVID-19 se uitwerking op jul troudag:
Met KOVID-19 het ons besluit om ʼn elopement styl troue te hou met net ons ouers, ons broers en my hoof strooimeisie. Ons het wel steeds ons onthaal uitgestel na die vooraand van ons eerste huweliksherdenking. Toe besluit ons, ons gaan steeds net naaste familie en vriende by ons hê, maar ons sien baie uit om dit met hul te kan deel en saam vier.
Ons gaan ʼn gelofte vernuwing seremonie in die kerk doen, ons foto’s en video’s doen en saam met ons gevolg en familie steeds foto’s neem soos ons beplan het aanvanklik.
Wittebrood:
Ons sou oorspronklik Mauritius toe gegaan het maar met KOVID-19 en grendel perke kon ons ongelukkig nie meer gaan. Ons het wel Blaauwberg Hotel toe gegaan en daarna het ons vertrek na ʼn vakansie huis in Hermanus waar ons ʼn week gebly het, oor die see uitgekyk het en net mekaar se nabyheid waardeer en gevier het. Ek sal dit vir niks verruil nie.
- Fotograaf: Boland Weddings
[section=Klik hier vir diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ʼn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Venue: Klein Welmoed Wine and Olive Estate
- Blomme: Marilise Summers Weddings and Events
- Bruidegom-pak: Mr Suit Hire
- Dekor: Marilise Summers Weddings and Events
- Grimering: Sophie Jean Beauty
- Hare: Sophie Jean Beauty
- Huwelik kontrak: Spence law attorneys
- Huurdienste: Marilise Summers Weddings and Events
- Huweliksbevestiger: Ds Charl Stander
- Juweliersware: American Swiss
- Koördineerder: Marilise Summers Weddings and Events
- Skryfbehoeftes: Marilise Summers Weddings and Events
- Strooimeisie-rokke: YDE
- Trourok: Fynbos Bridal
- Bruid se trouring: American Swiss
- Bruidegom se trouring: Orbit rings
- Troukoek: Velvet cake co
- Wittebrood plek: Blaauwberg Hotel