Clayton & Melissa se strandtroue

Paternoster is die Wes-Kus spog met ‘n baie mooi strandtroue en net buite die strand-dorp is Gelukkie wat perfek is vir bestemming troues en bied ook verblyf aan wat perfek is vir heel naweek troue hou.

Clayton & Melissa het dadelik geweet hul wil in Paternoster trou en was in hul noppies met alles wat Gelukkie bied.

Die paartjie het mekaar al gesien voor die seremonie, maar ons weet Clayton kon die heeldag nie sy oë van sy bruid af hou wat asemrowend gelyk het in ‘n rok van De La Vida Bridal Couture.

Geniet die fotos en paartjie se liefdes verhaal.

Vertel ons hoe het julle ontmoet?


Melissa: Dit was Paasnaweek van 2015, ek en ‘n vriendin wou gaan dans het die aand.  Ek het opgemerk die man by die tafel oorkant ons wat kort-kort my rigting kyk, my nie veel daaraan gesteur nie, maar wel opgelet dat hy baie aantreklik is!  Hy het later die aand moeite gedoen om kennis te maak, hy het my nommer geneem en die volgende dag nog kontak gemaak!  Hierdie heer het natuurlik heelnag deur my gedagtes gedans!  Vandat ons begin gesels het, het ek dadelik van hierdie man gehou – baie!!  Ek het gekliek, aanklank gevind met Clayton se waardes, lewensuitkyk en absolute mooi hart!!  O ja, ook sy uitmuntende smaak in skoene!  Ek was verlief!!  Ek het ‘geweet-dat-ek-weet’ hierdie is my man!

Presies ‘n jaar later raak ons verloof met sonsopkoms op die strand, en 6 maande later by die mooiste seremonie in Paternoster getroud.

Clayton: “Daar is ‘n gesegde, “Jy sal weet wanneer jy weet”, en dis moeilik om te verduidelik want ek het net geweet!  Ek glo sy is uitgewys vir my deur die Hemelse Vader, die res is geskiedenis.  Ek is bevoorreg om haar wonderlike eienskappe elke dag te kan geniet, my vrou het die mooiste en sagste hart wat ek ken, sy is n ware geskenk en haar liefde is my lewe se grootste seëning!

Vertel ons meer oor die inspirasie vir die styl van die troue


Clayton het eenkeer vir my ‘n foto gewys van die mooiste strand, dit was Paternoster.  Toe ons moes besluit waar ons wil trou, het hierdie prentjiemooi foto dadelik in ons gedagtes gekom, en Clayton het gesê dit is waar ons gaan trou!

Ek wou nog altyd ‘n nie-tradisionele, gemaklike troue gehad het.  Spottenderwys altyd gesê sommer heel naweek lank!  Ons het ons tema hier rondom gevorm, en Gelukkie was die perfekte venue vir ons droom troue!  My gunsteling blom is die Koning Protea, wat natuurlik perfek gepas het by ons Weskus troue.  Al ons familie en vriende het vanaf Pretoria en Bloemfontein gereis om die naweek saam ons ‘n bruilofsfees te hou, dit was wonderlik!”

Vertel meer van jul Wittebrood


Ons het wittebrood gaan hou in Stellenbosch se wynlande en ook Bloubergstrand.  Ons kon die mooiste plekke saam beleef, van rooiwyn langs kaggelvuur, Franschhoek se wyn-tram tot wynproe met ‘n bergfiets-rit!

Sou jul iets wou verander?


Melissa: In die groter prentjie – Niks!  Dit was so ‘n spesiale mooi dag, en als was wonderlik soos ons gedroom en beplan het!  Ons het ‘n klein troue gehou met 50 gaste in totaal, juis oor ons graag by elke gas wou uitkom op die dag, maar steeds was dit nie die maklikste taak nie – dus as ons Nog tyd by die dag kon voeg, sou ek graag Dit wou doen!

Clayton: Ek/ons sou graag meer van die verrigtinge by die begin van die onthaal saam die gaste wou geniet het, dit was ‘n klein en intieme troue so ek sou dit rêrig nie anders verkies het nie, die mense wat dit saam ons gedeel het was almal baie spesiaal en ons het dalk ‘n klein bietjie te lank op die tweede foto sessie spandeer in my opinie, ek sou veel eerder vroeër daar saam almal wou wees, die aand was so vinnig verby! Verder absoluut niks, dit was redelik perfek in alle opsigte vir ons.

Advies aan ander paartjies wat hul troue beplan?


Dit is julle dag – doen dit soos julle wil!

Ons het gekies om ‘n ‘eerste blik’ te doen voor die seremonie, ons kon rustig mekaar sien en tyd saam spandeer.  Ek sal dit hoogs aanbeveel omdat die opwinding so groot is saam die gaste na die seremonie, dat mens so maklik mekaar kan mis.

Kry die heel beste fotograaf wat julle kan bekostig – dis die herinneringe wat jul gaan oorhê van jul spesiale dag, ons fotograaf was fantasties!

Maak seker jy kry genoeg kwaliteit tyd in vir jouself en saam jou huweliksmaat deur die hele proses, dis julle tyd so moenie verstrengel raak met ander mense se dinge en gebeurtenisse wat nie nou belangrik is nie, baie kortliks opgesom, “Jou dit getrou aan die twee van julle, hou dit eenvoudig”!

Klik hier vir meer diensverskaffers

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers: