ʼn Donker trou tema vir die alternatief bruidspaar

Ons deel nou met ons lesers ʼn Donker trou tema vir die alternatief bruidspaar wat opsoek is na iets anders as die normaal vir hul troudag.  Baie paartjies wil iets buiten die normale trou kleurskema doen vir hul troue.   Hierdie fotosessie sal definitief jou buite die boks laat dink.  Maak jou eie reëls wanneer dit kom by jou trou dekor en tema.  Gaan groot.  Dit is jou troue!

Die idee agter die gestileerde trou fotosessie was om te wys hoe ʼn donker kleurskema perfek kan werk vir ʼn troue.  Die swart trourok van die model is prentjie mooi en het soveel fyn detail.   Swart is ʼn baie stylvolle en klassieke kleur.  Hoekom kan jy dit dan nou nie inkorporeer by jou troudag nie?  Kyk het hoe mooi is die swart troukoek met tikseltjies goue dekor elemente.

As dekor het hulle die mooiste hout tafel en hout stoele gebruik.  ʼn Neutrale kleurpalet met skakerings van gryse, bruine en ʼn tikseltjie Mosterd was gebruik.  Die uitgedroogde blom ontwerpe trek onmiddellik jou aandag.  Dit is definitief ʼn tendens wat jy nog baie van die jaar gaan sien.  Deurskynende eetgerei en wit borde is in kontras met die ander donkerder tema.  Rol af om meer te lees oor die inspirasie van die fotosessie.

Wie het die fotosessie gereël?


Ek (Tami James) het die idee gehad om ʼn alternatiewe trou-styl-fotosessie te skep.  Tami het die onderskeie verskaffers gekontak om die idee tot lewe te bring.

Inspirasie agter die fotosessie:


My inspirasie was donker/”rock” musiek uit die 90’s.  Ek wou ʼn gestileerde fotosessie skep wat die grense van die normale troue en die idee van paartjies verskuif na die moderne voornemende paartjies wat dalk effens anders is.

Hoekom is die span diensverskaffers gekies om saam te werk?


Al die diensverskaffers is gekies vir hul professionaliteit, talent en kreatiwiteit.  Die venue het ons gekies omdat dit bygevoeg het tot die ‘anders as normale’ eienskappe wat ons wou skep vir die fotosessie.

Agter die skerms van die fotosessie:


Ek het die fotosessie ʼn maand en twee weke vooraf begin reël voor die datum vir wat die venue bespreek was.  Daarom het al die verskaffers genoeg tyd gehad om voor te berei vir die fotosessie. Daar was geen onvoorsiene probleme wat gelei het tot op die datum van die fotosessie nie.

Merkwaardigste deel van die fotosessie:


Die hele proses tot en met die dag van die fotosessie was merkwaardig!

Ek kan nie uitdruk hoe ek heeltemal deur elke verskaffer weggeslaan was nie.  Hul het uit hul pad gegaan om hierdie idee en visie te ʼn realiteit te maak. Elke diensverskaffer het hul eie vrye teëls gehad oor hoe hulle my idee/tema wou interpreteer.

Ek glo vas dat dit belangrik is om toegelaat te word dat elkeen sy eie kreatiwiteit moet saambring en nie deur enige beperkings gebonde moet wees nie.

Dekor:


Elemente wat belangrik was vir dekor:

  • eenvoudig, maar nogsteeds elegant en modern.
  • Die aardse neutrale kleurskema was belangrik.
  • Beligting is gebruik om die dekor ʼn bietjie dimensie te gee.
  • Harte Lief en Sam (die koördineerder van ʼn The Stone Cellar) het ʼn uitstekende werk gedoen.

Kleurskema:


Ons wou ʼn aardse neutrale kleurskema hê wat swart as die donkerste kleur insluit.

Venue en Ligging:


Die Stone Cellar was die perfekte plek.  Dit het karakter bygevoeg by die fotosessie en die idee wat ons gehad het. Ons het die dekor en blomme in die Kapel opgesit, dit het pragtig gewerk.  Dit is ʼn pragtige trou venue in die platteland.

Trourok en bruidegom pak:


Ek wou hê dat die bruid ʼn swart trourok moes dra, en dat die bruidegom ontspanne moes wees in ʼn gepaste, gemaklike troupak.

Advies aan toekomstige paartjies wat troue beplan:


Moet nie die idee oordink nie, gaan saam met die stroom.

Klik hier vir diensverskaffers

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ʼn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers: